Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons Kreatiewe bestuurder, Carol Williams het verlede week deur ‘n baie seer tyd gegaan met die afsterwe van haar moeder.

Ons as WOES-lede wil net ons innige simpatie met haar deel en ook sterkte toebid. Mag ons Hemelse Vader jou styf vashou in hierdie tyd.

Wees altyd geseënd

Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vertroosting


Jammer ek reageer nou eers, maar ons is in 'n proses van verhuis en dit gaan maar dol vir ons twee oumensies...

Jammer, Carol, my skat... Troos wat ons kan deurgee is maar net waarmee Paulus vertroos as hy ons verseker:
"Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig,in die hemele." (II Korinthiërs 5:1)

Sterkte vir julle familietjie.
3 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Z
Jammer Carol. Mag jy die wonderlike vertroosting van die Skepper ervaar.
3 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud


Carol
Sy's in ons gebede, harte en gedagtes
3 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


Dink
Ek hoop hierdie wense is soos taai toffies, wat lank neem om te kou sodat die geure lank by jou sal bly Carol!!
3 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


Carol
My innige meegevoel, Carol. Wees sterk want ons "treur nie soos die wat geen Hoop het nie.." ((stywe drukkie))
3 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


Ano
Carol
Jammer om van jou hartseer te hoor Carol. xxx
3 jaar 8 maande 3 weke oud


Carol
Sterkte met die moeilike tyd voorentoe. Onthou net altyd dat sy sal voortleef in jou herinneringe en in jou hart. *drukkie*
3 jaar 8 maande 3 weke 1 uur oud


Vriende
Sjoe ... ek wens ek kon in woorde oordra wat julle pragtige boodskappe vir my beteken. Weet asseblief dat ek dit met my hele hart waardeer en koester. xxx
3 jaar 8 maande 3 weke 2 ure oud


Carol
Alle meegevoel en simpatie aan jou Carol. Jy is in ons almal se gebede.
3 jaar 8 maande 3 weke 2 ure oud


liewe Carol
. . . . die mooi herrinneringe sal jou vertroos
3 jaar 8 maande 3 weke 4 ure oud


Meegevoel
Al my meegevoel aan jou en jou familie, my hart treur vir jou verlies en julle is in my gebede dag en nag. Glo en vertrou en Hy sal jou ondersteun!
PS. Ek mis jou op die kommentare...
3 jaar 8 maande 3 weke 5 ure oud


Ons innige meegevoel ...

... met Carol en haar familie se verlies.
Deur die bewoënheid en die droefheid sien ons die Nuwe Hemel en 'n nuwe aarde kom waar ons weer by ons geliefdes sal wees, en ons altyd by Hom sal wees. Die wat treur, treur dan nou nie oor hulle wat ons voorgegaan het nie - hulle is daaraan beter toe - maar oor die leegheid in ons harte.
Seënwense en sterkte op die alleen-pad vorentoe!
3 jaar 8 maande 3 weke 11 ure oud


Ons dink aan Carol
Daar's net een vertroosting en dit is ons Vertrooster self, by Hom is nie meer hartseer nie.

Sterkte op jou lewenspad vorentoe.
3 jaar 8 maande 3 weke 12 ure oud


Carol
Dink aan jou sterk wees in die moeilike tyd,
jy's in my gebde.

Be blessed..
Always xx
3 jaar 8 maande 3 weke 12 ure oud


Carol
Sterkte... . wens - ek kon haar net 'n rukkie teen my vashou...
3 jaar 8 maande 3 weke 13 ure oud


***
Dink aan jou Carol -- sterkte.
3 jaar 8 maande 3 weke 16 ure oud


Ai Carol . . .
My Groot askuus Nooi en -
Baie sterkte en Troos!
3 jaar 8 maande 3 weke 18 ure oud


Dink aan jou Carol
Sterkte Carol ons bid vir jou. Die toekoms gaan nie maklik wees nie. Vertrou net op God waarsonder geen mens kan klaarkom in so 'n moeilike tyd nie
3 jaar 8 maande 3 weke 18 ure oud


Dink aan jou Carol
Alle voorspoed en liefde vir hierdie donker tyd. Mag Jesus jou en jou familie in sy vertroostende arms toevou en heelmaak.
3 jaar 8 maande 3 weke 18 ure oud


Carol . . .
DRUKKIE! (Styf en teer en lank.)

Dit is soooo seerrrrr, ek weet.

Ek glo die Here gee jou Sy onderskraging en Sy vrede deur die moeilike tyd van afskeid . . .
3 jaar 8 maande 3 weke 19 ure oud


Baie dankie
Uit my hart uit baie, baie dankie vir julle ondersteuning en pragtige wense. Woes is een groot familie en dis wonderlik om deel daarvan te wees.

Ek waardeer dit eerlikwaar. Baie, baie baie ... xxx
3 jaar 8 maande 3 weke 19 ure oud


die weervoorspelling
(((drukkie)))
3 jaar 8 maande 3 weke 19 ure oud


Carol
My innige simpatie, Carol. Ek weet dit 'n baie moeilike tyd vir jou. Sterkte daarmee - en ek dink aan jou :-)
3 jaar 8 maande 3 weke 20 ure oud


Carol
Mag Hy jou en jou familie styf vashou, koester en dra.
3 jaar 8 maande 3 weke 20 ure oud


Carol
het nie woorde vir jou, maar het genoeg woorde om jou in gebed op te dra!
3 jaar 8 maande 3 weke 21 ure oud


Carol
Carol. sterkte geen een van ons kan regtig jou troos nie maar ons is hier sou jou enige iets benodig vanaf ons
3 jaar 8 maande 3 weke 21 ure oud


Carol
So jammer vriendin! Ja ons harte gaan uit na jou toe.

My innige simpatie en mag Jesus jou vertroos in hierdie seer tyd.

Daar gaan 'n dag kom wanneer jy jou dierbare moeder weer gaan sien en intussen gaan Jesus al die trane van jou oe afvee in die tyd vorentoe en jou krag gee.

Sterkte.
3 jaar 8 maande 3 weke 22 ure oud


Carol
Sterkte Carol. In sulke tye is dit die Hemel Vader wat ons daardeur kan dra en vriende se gebede. Ons dink aan jou
3 jaar 8 maande 3 weke 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar