Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mens se geskiedenis begin met bome. In Genesis een lees ons dat die groen plante, wat ook die bome insluit, op die derde dag geskape is. Die Bybel wemel met verwysings na bome, soms direk en ander in beeldspraak.

Een van die bekendste, is die boom van kennis van goed en kwaad.

Die beeld van 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd sy vrugte dra - is die beeld wat 'n gelowige beskryf.

Christus wat die vyeboom vervloek sodat hy verdroog, verwys na 'n lewe sonder vrugte.

Die seder op die Libanon, wat volop water van die Here ontvang, is die tuiste waar voëls hulle neste maak.

Die Bybel bevat pragtige beskrywende beelde van bome. Bogenoemde is enkele van oorvloedige verskeidenheid. Die mens se geskiedenis eindig ook met 'n boom; die boom van die Lewe wat twaalf keer per jaar vrugte dra. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

As die Bybel bome so belangrik ag, dat daar so baie verwysings daar na is, behoort ons bome ook as 'n Godgegewe gawe sien.

Een van die dae is dit weer Erfnis dag, waarop daar gewoonlik bome geplant word. Dit is 'n goeie idee vir die van ons, vir wie dit moontlik is, om ook 'n boom te plant.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ons en Bome
Pragtige insig, Bome is voorwaar n Godgegewe gawe.
Sal graag wil hoor wie plant watter boom hierdie jaar?
4 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Bome . . .
ja, hulle is wonderwerke! Ek dink bome praat met my . . .
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae oud


Bome
Bome is tog so belangrik vir ons, op alle vlakke. Dankie dat jy dit met ons gedeel het.
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud


bome
Bome uit 'n geestelike oog gesien en ja die heel belangrikste lesse wat daaruit geleer word. Hoop elke Woeslid plant Erfenis dag 'n boom waarmee hy/sy hom/haar vereenselwig. Dankie vir die deel.
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


ons en bome
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOOM projek.
4 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar