Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sit ek vanmiddag lat op die stoep van die kaia waar ek tans bly. Vir die afgelope twee dae nog nie 'n woord gewissel met een lewende siel nie. Moeg gelees, moeg blokkiesraaisels ingevul, moeg van op die rekenaar rond speel, moeg, siek sat en rerig gatvol vir my eie geselskap. Vanaand gaan ek myself besope suie aan die bottel whisky in die kas.
My foon lui. "Jan, open your gate. We want to take you out on a very special trip tonight." Skrikkerig gaan maak ek die hek oop en en aanvaar die uitnodiging. Enige iets is beter as nog 'n aand met my eie geselskap.
"We are going to the dam to join some friends, and we want you to come along." Huiwerig klim ek in die kar en besluit "so what. Enige iets is beter as nog een eensaam en alleen and met net my eie geselskap. Skaars in die kar of Costa, my goeie swart vriend, druk 'n glas in my hand. Dadelik kyk ek na die bestuurder. "Are you gonna drink and drive" vra ek hom. "Relax, I don't drink or even smoke" stel hy my dadelik gerus. Ek let ook op dat hy uiters versigtig bestuur en geen kanse vat nie.
By die dsm waar hulle vriende is, moet ons egter omdraai omdat die oord bine 'n uur toemaak vir die aand.
"OK, nou we are going to take you into the rural area for some fun." Vader, wees my genadig, bid ek in die stilligheid. Waarin het ek myself begewe.
Al verder en verder ry ons die platteland binne. Deur klowe en berge, oor riviere en deur bykans onbegaanbare rivierbeddings.
Tenspyte van my angs en onsekerheid geniet ek tog die vrye natuur, die ooptes en ongerepte vlaktes.
Dis al donker, maar die maan skyn helder. In die verte wink 'n enkele liggie. Ons stop. Dis 'n koekashop in die middel van nerens. Costa wil 'n sigaret koop. Ek word nader geroep. Huiwerg, skrikkerig klim ek uit. Weet nie wat om te verwag nie.
Amper hol ek die vlaktes in, want die volgende oomblik word ek omring deur 'n horde mense. "Mdala, Mkhulu, welcome, welcome here by us You are the very first white man to comr visit us in our village!" Op daardie oomblik begin daar 'n sagte bui reen uitsak. "You brought rain to us. Blesse are you!" Maak nie saak hoe ek probeer verduidelik dat ek nie die reengod is nie. Hierdie mense aanbid my behoorlik.
So ry ons vir klometers deur die "rural ares." Stop van tyd tot tyd om te sien hoe hierdie ongekunstelde mense die Nuwejaar vier. Ek verwag wilde dronknes vieringe. In baie blanke buurtes word daar die afgelope week al net wilde "parties" gegooi. Brassery in groot maat. Hier staan ek egter verstom. Rustig sit familie en vriende om hul vuurtjies. Sommige het nie eens 'n stukkie vleis nie. Die vuurtjien is daar, maar hulle eet 'n stukkie brood, of sing en dans net vrolik om die vuurtjie. Oal, maar oral waar ons stop word ons gul nader genooi, al ken hulle ons nie eens nie.
Omdat ek na amper twee ure vrek van lus vir 'n sigaret, haal ek maar my pakkie uit en bied vir die mans elkeen 'n sigaret aan. Ek kan immers nie ewe onbeskof alleen staan en rook nie. Tot my verbasing neem net een 'n sigaret. Ek moet dit aansteek, 'n "pull" vat en dan vir die indoena van die stam gee. Hy neem 'n suig, en so gaan die sigaret van man tot man. MAAR, elkekeer as een 'n suig geneem het moet ek ook eers 'n teug neem.
By sommige plekke waar ons stop was daar net 'n kalbas vol water. Die laaste wat hulle het, maar ek moet 'n slukkie neem.
Mense, lanklaas het ek 'n Nuwejaarsdag so geniet soos vanaand. Sonder enige voorbehoud, sonder enige vrae is ek as witman in hierdie eenvoudige, maar so opregte mense se huise ontvang en onthaal met die bitter min wat hulle het.
Ek het vanaand baie gesels en gepraat met hierdie mense, oor die kleurgrens heen. Hulle kan nie en wil nie go dat ons as wittes ook tsotsies in ons midde het nie.Hulle wil nie en kan nie glo dat witmense ook skelm en agterbaks kan wees nie. Hulle wou nie en wou nie glo dat daar witmense is met wie ek nie wil meng nie.
Vnaand het ek alleen hier by my kaia net tot stilstand gekom en stil geword voor Hom om dankie te se vir hierdie ongelooflike ervaring.
Kom ons kom tot stilstand en kyk by die kleurgrens verby. Sien nie die kleur raak nie maar sien die mens. Laat ons mekaar as mens begin respekteer. Ek weet en besef dat ons nie almal net blindelings kan vetrou nie. MAAR laat ons ook besef dat daar net soveel wit "tsotsies" is as wat daar anderkleuriges is. Maar dat daar ook net soveel goeie anderskleuriges is as wat daat waittes is.
Ek woon en werk al amper 3 jaar hier in Durnacol, maar tot op hede het nog nie een wit persoon 'n hand van vriendskap na my uitgesteek, my na hul huis genooi, of selfs vir my kom kuier nie.
Nog net die swart en Indier gemeenskap het aan my deur kom klop en my welkom geheet hier.
Laat mens wonder????



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Medemens
Jan, dankie vir die meedeel van jou ondervinding. Dit laat mens stil word van binne. . . Daaraan te laat dink dat tenspyte van taal en kultuur, dit eintlik die menslikheidsfaktor agter alles is wat werklik die verskil maak.
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


***
Wys jou net, Jan. Dankie vir die deel...
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Ano
Ervaring
Mmmm, sommiges is werklik net meer vrygewig as ander. Dalk omdat hulle lewens nie so oordonder word met mooi huise en blink motors nie, en het hulle dus meer tyd om mense te geniet.
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


wat n experience.
dankie dat jy dit me tons gedeel het.
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


nuwejaar
Ek stem saam met Corina jy kan al n boek skryf oor al jou wedervaringe daar op Durnacol
3 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


Nuwejaar
Jy kan al 'n boek skryf oor al jou Nuwejaarervaringe op Darnacol :)!
3 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar