Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek mag vir hom ‘Oom’ sê.
Ek het hom persoonlik geken.
Ek het met een kuier, baie jare gelede, onder ‘n groot boom in sy groot erf die hoog hoop blare met die hand geveeg en wragtig ! . . .
Daar staan ‘n ou geel Mercedes toegeblaar.

Hy was ‘n moeilike besigheidsman en ek moes redekawel en die saam besluit was R2000 vir die kar.
2 kilometer van die plot af – na ‘n ewigheid se oophark en jumpstart – voel ek net ‘n kranklike ruk en pluk en ‘n hoes en ‘n poep en toe trek die rook en blaas die ding sy Top gasket.

By hom het ek die wilde-appeltjie boom gesien en eendag kom hy op die plot aan en kreupel-kreupel met sy kromrug stappie ( Polio het hom beetgehad as kind) loop hy soek-soek deur die hope ysters op die plot.

“Wat soek oom?”
“Katte Willie – die rondloper katte is ‘n euwel –“
“Soek oom ‘n vanghok?”
Ek wou nie weet wat hy met gevangde kat gaan maak nie –
“Het jy een ?”
“Nee oom , maar gee vir my twee dae dan bring ek vir oom een, ek gaan dit maak.”

Die binnekom in sy huis was daai tyd ‘n groot vertrek wat gedien as sit-eet-studeer-kamer met baie deurmekaar en boeke en skrywes oral.

Die laaste twintig jaar het ons nie meer gekontak nie behalwe groet op straat en bietjie praat.
Die onmeetbare diepte van Oom TT se denke is deur iemand in een van die baie Odes wat die afgelope paar dae oor die radio was, weergee:

Hy herhaal in sy Ode van oom TT se dieptes waar hy skryf oor die onreg en die geheime marteling van gevangenis in die Apartheidsjare en sy woorde aan die Regeerder van daai tyd:
“Waaraan dink jy as jy in die nag jou hand streel oor die geheimenis van jou vrou se liggaam?”

(In soortgelyke strekking)

Groetnis Oom TT - ek sal nooit vergeet.

2015/07/31




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Jy is bevoorreg om hom te kon ontmoet -- hy was 'n ware groot gees.
4 jaar 2 weke 4 dae 5 ure oud


TT Cloete
Jy is bevoorreg!

Dankie vir die deel hiervan.
4 jaar 3 weke 1 dag 19 ure oud


T T
Dankie vir die deel van hierdie staaltjie, Willie. Ek het toonsetting van een van sy gedigte op die radio gehoor en dit was baie goed :-)
4 jaar 3 weke 2 dae 4 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar