Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op grond van die skrik wat ons aan die lyf gejaag is met die Eerbare Nelson Madiba Mandela het my gedagtes teruggewink na tyd toe ek onseker in graad 2 bewus gemaak is van Demokrasie.

Iewers het dit in gesink met nuwe landsvlag en die omruil van die President se foto in ons skool. 'Die groot dreigement wat bloed nodig is,' was my oupa se woorde, 'maar dat dit op oorlog gaan uitloop en ons blankes, vir ons leiers en ons onvermoë om te erken dat ons almal verkeerd was, die kortste end sal kry.' My vriendin Thandi of vriend Luvo sou dalk beter kon verstaan, alhoewel, ek twyfel.

Eers later in 2001, met 6 jaar se grootword in onskuld en onwetendheid het ons almal groot geword in 'n wêreld waar woorde wat in elk geval verbode in my ouerhuis was, taboe landswyd trek, en stukkie vir stukkie onder nog 'n nuwe President my kinderlike onskuldigheid met 'n land vol korrupsie in die regering onbloot, mense wat hul voorgangers blameer vir al hulle eie tekortkominge en die groot sondebok, en vabond 'Apartheid' ewe skielik te blaam is dat kinders ontvoer, vrouend verkrag en Grootouers vermoor word. Iewers het Mr. du Preez in ons Toerisme klas besluit om aktief ons te dwing om in perspektief te plaas wat om ons aangaan. Die gedwonge taak, wat beide kante van die opinie-lyn (vir/teen segregasie) eers sou laat sug, en toe later ons meer nader aan ons erfenis van alle kleure ongeag hoe donker neem. Die Tema: Nelson Mandela, en sy erfenis wat Suid Afrika gered het.

Moenie verkeerd verstaan nie, Nelson Mandela was reeds 'n held. Elke aand in die nuus het sy gesig en woorde iets aan ons reënboognasie oorgedra wat die gedruis van ons ouers se bekommernisse gestil het. Tot my pa het erken dat hy nie sleg is nie, maar dat sy opvolgers teen ons is met alles in hulle en net vir hulself wil naam maak. Ek sou nooit weer dieselfde wees na daai taak nie. Iewers in die boeke, en Internetblaaie en die soektog het Nelson Mandela vir my Madiba geword. Sy woorde: 'Ek moet nou 'n vader vir elke Suid Afrikaner wees,' het in my hart gekruip en die eerlikheid daarvan in sy voorbeeld het dit bewys. Sy opvolgers se dade mag dit dalk nie bewys het nie, maar die blote wete van Madiba se bestaan, het die einste man wat my oupa as Dreigement aanskou het, die redder vir die van ons wat aan die onder kant van ons samelewing se regverdigheid, veral ons blankes se ikoon van verdraagsaamheid en hoop dat ons nie ook die lot van erger onderdrukking moet teëkom nie.

Dit is hier, waar my lomp konstruksie, my vae woorde, en my verroeste pen nie regverdigheid tot die laaste week se gebeure kan bring nie. Madiba is in die hospitaal, dis swak, die eens sterk man wat ek die eer gehad het om eens te ontmoet, sy aura groter as realiteit en sy liefde vir almal eweknie, is nou in sy ou opgebruikte liggaam besig om weg te kwyn op 'n suurstof masjien en al wat 'n politieke, sosiale, en geestelike figuur van naam is besig om of te preek dat ons moet aanbeweeg, of te bid dat hy nog net 'n jaar of 10 moet bly. Elke Suid Afrikaner ook.

Iewers in my is die stille vrees van dreigemente van die Nag van die Lang Lemme, Siener se Visioene, platgeslane en nuutgevonde paranoïed van wat word van Suid Afrika as Madiba, ons almal se leier nou groet? Internasionale gesprekke oor veral blanke Suid Afrikaners se toekoms. Dit maak dat my gebede ook vir God vra om ons selfsugtigheid te vergoed met genade.

Dan, is daar 'n grootte meerderheid in my wat iewers met 'n 'speaker box' op pleine wil gaan staan en uitskree: "WEET ONS NIE VAN BETER NIE?" Ons voordeel van Suid Afrikaners wees was nog altyd dat ons merkwaardige leiers gehad het, nie vreesloos nie, maar wat ten spyte van vrees ons kon lei na die pragtige nasie wat ons eendag kan en sal leef. Dit is nie net Madiba nie. Daar is baie, blank, swart, kleurling... Van elke kleur en ras wat ons Geskiedenis vir ons verander het. Mense wat iewers in ons harte spore getrap het waarvan die effekte voort moet duur vir die uitleef van met mekaar in liefde saamleef.

Daardie selfde voetspore wat voorkom het dat burgeroorlog uitbreek met die koms van demokrasie, met Eugene Terblanche se dood, en Julius Malema se "Kill the Boer, Kill the Farmer" veldtogte. Dieselfde liefde en genade wat ten spyte van die korrupsie, misdaad, moord, verkragting en bedrog elke dag in die meerderheid van ons se wandel steek as medemens. Medemense wat net daardie toekoms van 'n ware vredevolle Reënboogland waarheen ons oppad is vinniger hier wil hê.

Dit is met dit in my gedagtes dat ek eerder bid dat God ons Liewe Madiba seën met rus, sodat ons uiteindelik uit ons helde se skadu’s kan opstaan en begin helde word. Ek is oortuig dat ons toekoms blink is, my toekoms blink is, en ons 'nuwe generasie' kan bewys dat ons die liefde en aanvaarding wat hy as erfenis gaan nalaat kan uitleef.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar