Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ieder doen sy eie ding op sy eie manier met hierdie mensgenoemde tyd, datum en gebruike se oorskakeling en dit dateer terug al so vêr as 8000 jaar voor die geboorte van Christus en daar was al ewe veel variteite in die aanwending van hierdie datum en tyd sones.
Maar, soos vandag, in my lewe, sien ek anders:
Buite koer die duiwe soos elke dag en kom en gaan die Natuur sonder datums of tyd en sonder wat en wat en wanneer en die Natuur doen sy eie ding op sy eie manier en ek volg op my manier ook maar op my eie.
Ek gaan deur my gebeurtenisse en belewenisse van net een dag van hierdie periode tussen die genoemde Kersfees en Nuwejaar en dit is op die laaste dag van die ou jaar en ek gaan julle daarvan vertel.
Try maar self plot watter vertelling is Ripley en watter een is geloofwaardig.

WAARHEID
Ek roem op sekere gawes:
Elke Nuwejaarsdag in Potchefstroom is altyd dieselfde; nog vir solank ek kan onthou en ook sonder uitsondering en ek propageer dit ook lank voor die tyd:
Nuwejaarsdag sal nie piekniek met koue waatlemoen en gemmerbier langes die waterstroom wees nie.
Komberse sal nat wees
Onder sambrele is nie gaaf nie
Koud en nat is nie om te geniet nie
Want
Nuwejaarsdag sal koud en nat wees!
En dit is alweer net so.
(Met ‘n skrale moontlikheid dat toestande wel sal verbeter vir plesierighede)

PASOP

Die weer is bedrieglik en uiters gevaarlik.
Potchefstroom se Gholfbaan eis van tyd tot tyd sy slagoffer:
Vanuit die bloue lug kom een weerligstraal op hom af en ‘n Gholfspeler , heel onskuldig maar in die pad van die blixemstraal, en hy klim die bus na Anderland.

Kleinjan kom ook een Maandag oggend aan vir werk maar sy swart gesig is steeds vaalbleek:
“Is jy siek Kleinjan ?”
“Oubaas ek is nie siek nie maar ‘n lelike ding het gister gebeur.
Ons is binnekant in die Kerk en buitekant is die onweer kwaai en die weer slaat en binnekant in die Kerk, in sy stoel, slaat die weer die man morsdood. . . morsdood deur die dak van die Kerk !
Hy brand die man dat sy vleis eintlik die rook uitgooi. ”
Ek het maar op my manier verduidelik dat dit niks met die Geestelike te doen het nie en slegs met elektriese geleiding – miskien deur die man se stoel se staal pote na die vloer of iets dergeliks en dat die voorval verklaarbaar is.

GOEIE RAAT
Wanneer die weer opsteek, roer jou bas en loop trek alle elektriese proppe uit. Deur net af te skakel beteken niks.
Op hierdie ou jaar skakel een of ander swaap die Suid Dorp se krag af en Marlene-hulle sit sonder krag.
Die weer steek op en met die fenomeen wat aan die Wetenskap onbekend is, kom een enkel wolk deur die bloue lug gesweef en binne die wolk is een of ander onenigheid en dit donder en blits en die weerligstraal soek plek om te ontlaai en besluit op die Suid Dorp se krag drade.
Die kortsluitings op die elektriese huishoudelike dinge soos die yskaste, vrieskaste en TV – alhoewel reeds af weens die krag onderbreking – kletter, kraak en plof hoorbaar en dit stink na drade wat brand en die rook trek.
Alles futup en sy bel haar ma uit ‘kan nie verstaan!’

Dit werk so:
Die blixemstraal is pure elektries. – baie hoog spanning elektries.
Die oorhoofse drade is elektries geleibaar en is daar die hoogste punt. En al is die mense-gemaakte krag af, kan enige elektriese stroom steeds deurgaan na die instellasies toe -
Tensy-
Die proppe uitgetrek is.

Met die geringste opsteek van die weer – trek dus maar gerus alle proppe uit.
Dit geld ook vir huishoudelike krag besparing: Af skakel met die knoppie werk nie. Dit onderbreek net die rooi draad se voorsiening. Die swartdraad- die neutraal – kan ook krag gelei.
Trek uit.
Klaar.
Hierdie blixemstraal het sekerlik alle huishoudings op daai draad netwerk geraak tot by ‘n substasie tussenbeide. Daar sal die straal se energie geneutraliseer word.

MY AKSIE.
2014/12/31
06h00
Ek lei die paar rankboontjies wat ek vanjaar geplant het op en plant nou eers ses tamaties.
Dit is my groente vir hierdie jaar.
Die bootjies is die outydse Yard boontjie - dit word lank en ek sal julle wys. Dit is uiters vlesig en sonder pitte en geskik vir kerrie of bewaar.

Pitte vorm wel later met die rypwording en die pitte kan weer geplant word omdat die boon nie geneties gemanipuleerde is nie.

10h00
Ek is met bouwerk besig toe die SMS deurkom:
“Koffie-tyd!”
Die geur tref my toe ek aan die agter deur raak. Ek weet dit is Muffens wat ek ruik.
Sy sluit die ou jaar af met muffens want die bak en eksperimenteer daarmee is haar passie; ‘n gasoond is ideaal vir koekies bak.
Ek rasper die nuwe blok kaas en sy vra “waarmee hou jy jou besig?”
“Ek bou maar die weer steek erg op – ek gaan al die proppe uittrek en dan inkom – jy sal my moet vermaak”
“Die TV is verseker en ek is nie bekommerd daaroor nie – jy is welkom om ‘n fliek te kom kyk.”
Ek twyfel aan die wenslikheid van so ‘n move . . .
Ek het my redes -

11h00
Ten spyte van die opkomende weer, is ek terug by my stikwerk waar ek besig is om aan ‘n nuwe gedagte te bou
Ek pas die sakke aan by die boustuk. Ek kan nie my mind opmaak nie – moet die sakke ook Skadunet wees of moet die sakke van Denim wees?
Bouwerk bestaan maar uit afbreek en weer begin en ek hou van kreatief en ek weet die vistermanne sal gryp na hierdie stukkie bouwerk.
Selfs die manne wat eers Kerk loop voordat hulle uitry viswaters toe – daarom moet die stukkie bouwerk nie teveel robuust wees nie maar ook Kerklik aanvaarbaar wees.
Die ritsel was erg hoorbaar en ek is dadelik vererg:
“Muis jy moet klop voordat jy inkom !”
“Willem, maar sy kan darem spring jong!”
“Hou jou by jou dinge muis, ek is ‘n besige man.”
“Ek het haar net van agter gesien toe sy vlugtend haar hare reg druk – wat doen Nella hier Willem? Hê, wat doen sy hier op ‘n ou jaar ?”

“ Sy is my model muis, my model; wat is daar aan klere maak en klere ontwerp wat jy nie verstaan nie?”

“Willem, dan moet jy met Dr. Phil ‘n afspraak maak. As daai ding wat daar hang wat lyk of dit ‘n baadjie gaan word, as daai ding vir Nella sal pas, dan moet jy vir my twee maak: een van silwer skadunet en een van blou skadunet . . . waar is Nella nou?”

“Muis, gaan gooi ‘n dop ek gaan Nella groet want sy is haastig en dan kan ons praat.”
Ek laat Nella by die voordeur uit want sy parkeer haar fiets op die stoep en die rooi Ferarri woerts sydelings verby om in die agterjaart te parkeer.
“Edward, môre jong, wat bring jou so haastig?”
Edward het genoeg van die Aardse en sy kuiers maak my wonder oor die reg en oor die onreg van die lewe.
“Willem die familie wag; ek vat die lot tot die vyfde Jannewarie na my huisie op Mauritius; ek kom sê net heppie nuwe jaar – wat is jou planne?”

Dit is wat my verwar en muis gooi stilweg die dop wat Edward gebring het – 25 Jaar Chivas Regal whisky – seker so teen R950 per bottel.
Hierdie gesprek gaan oor mense dinge en mense geriewe en mense genietinge en muis is net ‘n dier wat nie verstaan van die dinge nie en ek wens ek was ook maar net ‘n dier -
Want
Edward het ‘n agt sitplek Lear Jet en sy huisgesin met aangetroudes en kleinkinders tel sestien – dus sal hy twee trips moet maak en toe eers kom ek by:
“Askuus Edward – ek het groot planne – ek en Anita gaan vyf-en-twintig bottels geel perskes inlê. Piet het vir my van sy Malherbes gebring – dit is skaars en ek het geproe; dit het sterk suiker . . .”

Edward staan op en ledig sy glas so staan-staan – gloep-gloep-gloep:
“Willem, geniet jou perskes, ek moet waai ek hoor die Geelstert loop in die Indiese warm water – ek bring vir jou een; ‘n baie mooi jaar vir jou en Anita.”

Alles in een asem en toe die Ferarri wegdreun en die bottel staan so . . so alleen . . . so asof dit uit plek is en nie hier hoort nie, sluk ek my dop met een teug weg:
“Muis, keer daai bottel om broer – gooi dubbeld!”

15h00
Ek het muis weg gejaag – heel ongepoets omdat Edward net my dag kom spoil het en -
Die grot toegetrek en deur die sterk storm huis toe gegaan, eers die kombuiskas oopgemaak, toe die vrieskas bestorm en met twee bakkies vol van laasjaar se snipper geel perskes geskep, top ek op met ‘n hoop Rum & Raisin roomys in die middel en met dit op ‘n skinkbord is ek na haar kamer toe.
“ Waar bly jy so lank?”
Die vraag is onnodig want uiteraard verduidelik ek nooit en sy weet want sy praat weer:
“ Loop spoel jou voete en kom klim in - ek het ‘n mooi fliek eenkant . . . en dankie, dit is net wat die Dokter bestel het “ en sy verstel haarself regop teen die kussings.

21h00
Ek het so tussendeur my pot hanteer:
Skaapnek met heel wortels, aartappel in die helfte en toe kwart gesny en uie in kwarte gesny op donker rog brood. Dit is op my laatnag spyskaart terwyl ons sal wag vir die uur se aanbreek.

22h30
“Ek sal opwas en die koffie kamer toe bring . . .”
Die kombuis is meeste van die tyd my afdeling.

Tussen die reën deur klap so hier en daar al ‘n cracker wat net die honde verskrik . . .
Ons het nie gewag vir die staan horlosie se middernag aankondiging nie want moeg is moeg en môre is die begin van ‘n nuwe jaar met sy eie uitdagings.
Maar so ietsie oor twee, jaag my waterwerke my op en buite hoor ek net die sag van die reën en ek weet sy is ook wakker en ek bring twee glase vrugte sap en ek hou dit eenvoudig:
“Jy moet ‘n mooi jaar geniet . . .”
Sy glimlag en haar kyk is reguit:
“En jy moet lekker bou in jou speelplek . . .”

En vir een sekonde wonder ek of Edward ook soveel vrede en salig in sy wese kan saam dra en of sy jaag en jag na iets dalk frustrasies en diepe ongelukkig kan inhou.
Willie
2015/01/01

Napraat:
Vir almal begeer ek ‘n baie mooi jaar en al my dank en lof vir julle vriendskap.
Anita deel ook alles – so stilweg op die agtergrond.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ou jaar.
Dit was 'n lekker lees en ou Edward kan nie met al sy geld soveel vrede en vreugde koop nie, guaranteed!
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


oujaar
dankie vir die fotos en lekker leesstuk .. mooi 2015 vir jou en jou mense Willie
4 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


***
Dankie vir 'n aangename lees, Willie.
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


mooi jaar
willen dit is altyd so lekker om juou bydrae4s te lees. voorspoed vir die nuwe jaar. k wens ek kan van die muis in hierdie huis ontslae raak. val nie vir gif nie ook nie vir slagysters nie gee raad
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Ano
ou & nuut
Oh ja, Nuwejaar is gewoonlik ook hier effe nat, al drup dit uit die bloue hemel uit! En skuif die muffins en naaldwerk eenkant toe - daai staanhorlosie! Dis pragtig verby :-D
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Mooi jaar . . .
en sê asseblief vir Anita ook só . . . ek glo nog altyd sy moet 'n engel wees!
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar