Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My oë is oop. Wa wyd oop. Ek staar na die wit plafon. Die maanlig wat by die venster inskyn, dof verlig die hele kamer.
My bene pyn. Nee, die murg in my been pype pyn. Ek trek my knieë op. Miskien sal dit help.
Ek vat die foon van die bedkassie af en kyk. Die geskrif sê dit is 02H00.
Net toe hoor ek die klik van die staan horlosie in die gang. Ek luister. Eers kom die deuntjie, duidelik. Nogal melodieus. Toe kom die donderslae. Ek tel. Een, twee.
Die stilte wat volg is tasbaar. Ek luister na haar kant toe. Ek hoor niks nie. Gewoonlik verluister ek my aan haar rustige asemhaling. Ek besef. Sy slaap nie.
“Hoekom slaap jy nie?”
“Ek is lus” mompel sy
My oë skiet nog wyer oop. My bene skiet reguit en ek ruk my lyf regop. My brein reageer hoopvol:
“Regtig?”
“Ja, gaan maak vir my ʼn pannekoek.”
Ek slaat neer.
“Die tyd van die nag?”
“Ja, Is jy dan nie lief vir my nie?”
“ Is jy by die lyf?”
“Is jy nou bedonnerd!”
“Ek vra net, met jou laaste lus is Marlene twaalf uur later gebore!”
“Loop, gaan bak daai pannekoek. Jy moet jou kop laat lees.”
“Hoekom?”
Sy lig haarself regop.
“ Krap my rug.”
Ek krap liggies en versoek:
“Vryf dan my bene terwyl jy sit. Hulle pyn. Hoekom moet ek my kop laat lees?”
“Oor hy raas.”
“Wat bedoel jy?”
Ek hoor sy is vererg:
“ Man, lees die dêm opskrif in die Rapport:
‘Ouma van 65 word wind bestuif !’
Jou hande is grof, jy moet room aansmeer, gaan maak die pannekoek.”
Sy klim uit en staan langs die bed. Sy vryf haar bene:
“En my bene pyn ook nog.”
Ek staan op en gaan kombuis toe. Daar is altyd aangemaakte deeg in die yskas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

=)
kyk as 'n vrou lus is is sy lus... lol....pannekoek 2 uur in die oggend... wow... en sy nie preggies nie?? lol
8 jaar 3 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


Naglus
My man het al twee-uur in die nag 'n sjokoladekoek by Tesco ('n supermark hier in Engeland wat 24 uur per dag oop is)gaan koop en ons het die hele koek daarna in die bed sit en opeet. Salig!!! (Engeland se winkelkoeke is selfs lekkerder as SA se tuisnywerheidkoeke).
8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Pannekoek!
Mooi so, ek dog dis net ons wat so bedot is om twee-uur in die oggend pannekoek te bak! Sterkte met die bene! Hier is dit soms ook die bene wat mens na pannekoek dryf!
8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud


O
O ja en ek wou nog vra ... het jy die kaneelsuiker onthou?
8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


O
Die afstand tussen menswees en dood wees ..... :-)
8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


OGGEND URE.
Sowaar? het jy rerig gaan pannekoeok bak? 2uur in die more? En toe wat? En se-nou dit was nie pannekoek waarvoor sy lus was nie? Sou die pyne in die bene gewyk het? Ek het sommer lekker gelees, dankie.
8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


rugkrap
So 'n lekker rugkrap of -vryf met growwe hande maak mens se huwelik op ons ouderdom meer as die moeite werd!
8 jaar 4 maande 4 ure oud


Ouderdom
Komies, lag! hoe het jy dan nou ook gedink. Al ooit gehoor van "gracefully surrendering the things of youth"
Pragtig geskryf.
8 jaar 4 maande 6 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar