Gorrel

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waar ek nou anders is as julle dorp Parras, kom nou weer duidelik vanoggend op my gemoed lê. Ek moet dorp toe, dis nou gister oggend. Moet, want ek wil wildpasteie maak en ek het ʼn paar bymiddels te kort. Nou dink ek vinnig as Giel ingaan om nog verf vir die boskamp te gaan kry, ry ek gou saam. Dis waar my onvergenoegdheid nou toe weer deurslaan.

Hy bel en sê hy’s haastig. Hy gaan net by die huis stop dan moet ek handsak onder die arm, spring!. Hy stop en ek spring. Hy sit in eerste, ry ʼn tree en stop. Spring uit en storm die huis in. Ek hoor hy soek. Mans kan nie soek nie. Ek klim uit, vra wat soek hy en kry vir hom sy wallet. Ons spring weer in en trek weg. By die hek slaat hy brieke en handrem , spring uit en hardloop al gillende na Khangisile, die bult op terug na die huis. Sy moet onthou om oor ʼn halfuur die reservoir se kraan toe te maak. Dit kos so twee minute se oor en weer skree tot sy verstaan. Ek steek sigaret op, ons is op pad. Ek ry reguit aan maar Giel vat links, en maak my nek seer. “Nou waar gaan jy nou ?” vra ek. “Gaan net gou by die onderste dam om te kyk of hy vol is. Ek skud en stamp en my niere pyn. Dis warm en my make-up loop al klaar in sweet stale teen my gesig af. Hy kyk die dam en hou nog steeds links. Ek is nou al vies en kortaf, want ek is haastig. Hy het mos gesê hy gaan ‘gou’ dorp toe. “Ek gaan net gou kamp toe om die verf se kleur neer te skryf.” Ons is nou al ʼn half uur op pad en ons is nog nie eers van die plaas af nie. Oor die grid en daar trek ons. Uiteindelik. My hare is nou ook deurmekaar want al die vensters is oop omdat ons stadig ry. “Hoekom ry jy grondpad?” Giel wil net gou gou by Neels indraai vir chemiekalie vir die onkruid goete. Ek wonder of dit dieselle werk as rotte gif.

Ek wil net een keer dorp toe gaan sonder om ʼn off road ekspedisie van vyf dae te doen. Die vinnig dorp toe het toe vier ure gevat. Ek is nou ʼn dag laat met my pastei bouery. As ek self gery het was ek nou al besig met die soutvleis wat ek ook wil maak. Dit neem my presies ʼn uur en ʼn half van ek by die huis weg ry, tot in die dorp, my inkopies te doen by al die plekke op my lysie en tot ek weer by die huis stop.

Ons lewens reise werk ook maar so padlangs. ʼn Kort pad is nie altyd ʼn kort pad nie. Dit hang af wie bestuur. Dink ek toe ook vanoggend, die lewenspad het ook beplanning nodig. Soms verdwaal jy of jy ry in ʼn cul-de-sac vas, of jy moet ʼn detour vat, maar hopelik het jy ʼn eindbestemming in gedagte. Wanneer jy by ʼn vier rigting stop kom, moet jy stop. Besluit wie of wat het ryvoorrang. Jy moet besluit of jy gaan links draai of reguit aan ry. Jy gaan nooit agtertoe as jy by ʼn stop kom nie. Vorentoe, links of regs. Agter is klaar gery. Laastens, kan jy ook nie daar sit vir altyd om te besluit watter pad jy moet vat nie, want jy hou die res van die verkeer op. Maar hou moed ! want Voor in die wapad brand ʼn lig !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Parras.
Lekker gelag. Laat my dink aan my vrou. Sy is klaar aangetrek dan begin ek eers, maar eindelik wag ek vir haar. Voordeur is al gesluit dan moet sy eers weer in die huis in. Wat maak jy?? Ek kyk net gou. Waarna sal net sy weet. Eindelik met al haar kykery kom ons 'n uur later by die huis weg.
6 jaar 9 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud


Agter-os
(ek) is nou ook in die kraal en wil net sê: Heerlik gelees, heerlik gegiggel, heerlik geniet. En wat jy sê is baie, baie waar.
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


*
Dankie vir ie lees Foefernjolle ! ;-)
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Les
Moet nooit 'n onbekende kortpad vat as jy haastig is nie. Baie lekker leesstof BT....en propvol waarhede...
6 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


***
Soos altyd, lekker gelees!

Die kortpad vat is 'n ander ding -- dis nou letterlik en figuurlik -- omtrent nooit die moeite werd nie.

Ek onthou op 'n staptoer in die Drakensberge het ek en 'n ou vriend van my, lank gelede, gedink ons vat 'n kortpad. Ons moes uiteindelik uitvind daar was 'n kloof wat ons nie kon deur nie en moes prakties tot heelbo klim om uiteindelik weer te kon afdaal. Lang storie -- ons het jarrre na die ander ouens by die oornag uitgekom -- stokflou!
6 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud


Diepe nadenke. . .
Ek hou besonder baie van jou laaste gedagtes vriendin. Voorwaar is gister klaar gery, soos wat jy dit so mooi uitdruk.
6 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Pad
Agter is klaar gery

Ek hou van daai sê. Jy skryf so in my padkaart vandag. Ek en Bokka het net-nou maar vir mekaar gesê: ons kan baie planne maak, maar op watter pad ons gaan travel weet ons nie eers naastenby nie. En dis maar reg so. Ons wag om te sien. Great skryfsel hierie.
6 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Parra . . .
Giel vat jou vir 'n outing en jy's ontevrede!
Ek is bly jy praat net met die dorp vrouens - hulle is parras want die bek sit só: '|'
Padda sin sit só : '-'

Saak nie maak nie, myne wou ook vanoggend saamry (outing). Sal maar skryf daaroor want indien ek twee ure vooruit kon sien, het ek nie gery nie !
6 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Susanna Maria Magdalena

    deur Lorelei

    Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar