Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons is afgetree en doodgelukkog op 'n klein kusdorpie.Ons is veral gesond.Maar ai,ons dierbare bure !Hulle boer by die dokters.Dis toetse,prostaat en papsmere en alles op 'n laaaang lys.Dikwels maak ons die aanmerking van 'hoe hulle die mediese fonds uitbuit.'Erens hier links buite my gesigsveld verskyn 'n gelykenis:ek 'dank u Here dat ek nie soos so en soos hulle is nie.'Ek moet verder verduidelik.Die bure was seker 10 jaar ons senior.Tyd gaan verby,ons verhuis na 'n ander deel van die paradys.Omtrent van dag een af sukkel ek met 'n toe neus,soveel so dat ek in die nag nie asem kan haal nie.'n Maand of so later is ek in die hospitaal,Uit die hospitaal het ek blykbaar 'n kiem opgetel en ek boer by die dokter.Ek is nog nie eers klaar nie daar breek my vrou uit in galbulte en gejeuk soos nog nooit gesien nie.Dis dokter en antihistamien en kortisoon en terug dokter toe en dermatoloog toe en na 'n tweede een.Nuwe medisyne,hospitaal toe en nuwe mediyne.Net hierdie jaar is ons patoloog rekening R15000 vir toetse van hart en niere en skildklier kanker.En elke keer dink ek aan ons bure wie ek so gou veroordeel het.Dank die Here vir ons mediese fonds,alhoewel hulle al duidelik kriewelrig raak en heelwat prtosedures afkeer en medisynes weier.
Ek sou nie kon kon droom dat dit ons lot sou wees nie.
Die einde is nog nie in sig nie,hier waar ek nou sit is ek so siej soos ' hond !
O terloops,die bure is nog perdfris en gesond !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Klink omtrent of die plaag van hulle na julle verhuis het!
8 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar