Gorrel

Titel: Profiel
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is darem nie die enigste met ‘n leeg skrywerskop op ‘n Maandag na die ‘Bloumaan’ week nie. Ek sien vanoggend slegs sewe bydraes . . .!
Almal net so leeg soos ek ?

Ek bedoel nie leeg-leeg nie want ek is ‘n sterk self-gedissiplineerde-man-van-my-huis-en-my-Kerk en ek bedrag myself met wat ek op Woes skryf.

Sien, betaamlik is my wagwoord!
Ek sien myself as ‘n betaamlike man.

Nou het ek maar besluit om darem ietsie te skryf en dit is oor my missie.

Ek neem in ag my ‘te-kort’ maar dan moet ek op ‘n anner terrein darem meer kan wys.
Dit kom dan by:
“Sneeuwolf het sy Profiel op dateer !”

Weens die verandering wat ek in die volgende 24 maande sal ondergaan, is dit net betaamlik van my om julle op hoogte te hou en ook om . . .
Te vra vir voorstelle.

Sien, gedurende die sestigs was ek ‘n vooraanstaande Ducktail met ‘n spoggerige pony-tail en ek het ook skoon baklei.
Ons ductails was baie anders en ek het baie aangename veranderinge in werking gestel.
Veranderinge soos om die broek se sakke se naat aan die binnekant oop te maak.
Want al klou jou cherrie agterop die baaik hoe styf om jou lyf – kry die handjies nog bitter koud.
Ditsem – jy raai reg.
Nou kan sy haar sagte handjies dieeeeep in my broek se sakke druk en dan bly hulle (ook) heerlik warm!
En . . .
Ek, as leader van die gang het almal se bicycle-kettings laat chroom om skoon te kan baklei. So ‘n gechroomde ketting flits darem mooi in die ligte by die bioscope se laat aand faait!

Nou vra ek en wys ek my vordering>
By Thys, in die sonnetjie, kry ek kans –
Kans om my hare te groei. Hare groei teen ‘n tempo van een sentimeter per maand.
Dus behoort die stand van my hare oor 24 maande dus 24 sentimeters lank te wees.
Hoe spoggerig is so ‘n Ponytail van 24 sentimeters!

Stem julle saam ?

Raai.
Wat van ‘n voorstel –
{ Ek gooi net ‘n klip in die bos . . .}
Wat van twee vlegsels met blou strikkies?

Hel
Dit sal nou wragties uit die boeke wees !
Wat meer oulik sal wees is die dag as twee foto’s match.

Die foto toe ek vier jaar oud was – dat ek nou op 74 weer so gaan lyk!
{My voor tanne moet net hou – }
Sien, ek is gebore met twee voortanne en ek kon Ingels praat (?- vir die Ingels alleen)
Die tanne is waar en ek het 13 pond geweeg – wel met krom voete (Smille – but true! Njannies kupela}

Dit gaan maar ‘n woeste stryd afgee met hare wat neig om weerbarstig te krul en net erger te krul as Anita se kyk dit tref!

Daai kyk van ‘n vrou is elektries gelaai en so ‘n kyk kan enige ding tot opstand shock!
(Enige ding . . .?}

Ek vertrou. Ek vertrou op julle ondersteuning en onbaatsugtige bystand in hierdie moeilike maande wat vir my voorlê.

Lyk dit darem of ek vorder?

2015/08/03



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Nog lekker windgat vir jou jare, nè Wolffmann?

Maar dis goed so -- wys wat jy het.
3 jaar 9 maande 3 weke 18 ure oud


Ano
PRofiel
Vlegseltjies. Mmmm.
Daar le nog 'n paar jaar se groei voor... :-))) Die kartels lyk net te mooi. Weet nou nie of perdesjampoe die haargroei stimuleer nie, maar dit laat hare mooi blink! En dan is daar sommer 'n pronker onder die haredos ook.
3 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud


profiel
Jy is darem amper daar Willie, die hare raak net bietjie dun. Wat van perdesjampoo? Iemand het vir my gesê dit stimuleer haargroei.

Ek hou van die nuwe profielfoto. Ons kan jou nou mooi sien :-)
3 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Profiel
hehehe.. kostelik .. ons sal die vordering dophou!!!
3 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 20 ure oud


Profiel
Kommentaar soos hierdie tel vir my punte.
Was dit in die ou dae, en ek moes by die Bankbestuurder gaan bedel vir geld, het ek vir hom net gewys wie is my vrinne dan gaan die boeke sommer oop !

Dankie Chraleine
3 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


Profiel
Kwapie,

No ways
Laat groei daai hare van jou
Dit sal uitstekend pas by die "wildvang bedryf"

Jy MOET woes en geroes lyk in daai bedryf!

Jou profiel ook -
Jy het anderdag verander maar weer gekanselleer -

Maak reg.

Dankie vir die inloer!
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae oud


Hare
:-)
Willie jy oortuig my amper om 'n ander profielfoto op te sit.
Miskien van my hare voor ek dit laat kap het?
Ek groei dit elke winter ter wille van die lekker warmte om my gesig. Jou hare lyk heel beskaafd vir my.
;-)
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar