Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voorwoord.
Ek het hierdie getuienis die dag van die 11 de November 2012, die dag op baba Anita se eerste verjaarsdag neergeskryf.
Ek het Vonnie teengestaan oor haar wense dat mense oor sulke dinge en nog baie meer en sommer alles wat menswees is, moet skryf.
Vannaand het ek anders besluit en kan nie verklaar hoekom ek anders besluit het nie.
Ek dink altyd twee kere voordat ek ‘n ding doen; ek meet en pas, oorweeg en bedink as volg:
Indien ek dit doen, wat gaan my boodskap wees?
Wat is die rede waarom ek die ding publiek wil bekend maak?
Wat is die rede waarom ek dit ooit neergeskryf het ?
Hoe gaan ek dit skryf?
En sal die lesers verstaan soos ek wil dat hulle moet verstaan?
Sal die lesers ooit sien dat ek hier vir die eerste keer in my openbare skrywes regtig eerlik is en die waarheid praat?
Sal die lesers glo dat ek nie weer net Wolf met sy dinge is nie?
Reg of verkeerd; ek gaan presies skryf soos wat dit plaasgevind het.
Ek soek nie iets nie. Ek is bekend genoeg en het my merk in my nering gemaak wat vir baie jare sal bly staan.
Ek glo ook aan niks en stel nie belang in enige verklaring nie.
Die voorval het gebeur en is waar alhoewel ek dit op my storie manier sal vertel.

Blaai dus gerus maar weg.
Dankie.

..........................................
2012/11/11
20h45

Met my dankie skrywes aan al die Woesters vir die gelukwensings, is ek seker dat almal weet ons het gister, Saterdag Baba Anita se eerste verjaarsdag gevier. Sy verjaar wel eers vandag, Sondag maar om verskeie redes het ons besluit om Saterdag jolig te wees .

Ekself het nie heeltemal partytjie fiks gevoel nie, maar was ten volle teenwoordig en op my stukke. In die begin was almal, ongesiens, effe kalm en respekvol vir Oupa se gesondheidstoestand maar soos die dag vorder en die joligheid verskerp, word die brieke los.

My sorg was baba Anita want sy het roetine by hulle stille huis in Pretoria. 18.00 bad en reg kry vir die nag en 19.00 innie bed, lig af en slaap. Sy deurnag met die spaar bottel langs die kop net vir selfgryp en middernag droogbroek omruil en sy kappit-eit-ligdag-toe!
Dit is haar patroon en ek maak seker sy kan ongestoord alsó maak.
Maar . . . never-se-never. Sy ken nie van paartiegeraas nie en Ouma-skud-en-ma-skud-en-pa-skud en . . .
Ek word omgekrap en besluit , my beurt is my beurt en ek weet hoe, en ek gryp vir baba en loop die gang af kamertoe, en ek maak die deure op pad toe en jaag almal weg en Baba is die ene smiles en ons twee jol harder as die paartie jol op die groot bed en die ogies word gevryf en ek weet:
Die brood het gerys en moet oond toe en ek dop haar binne my arms teen die bors, gee die bottel en ek sing: Jurie Ferreira, Chris Blignaudt, Louis Armstrong en ek loop draai waar Nebi-kat- Neser die voortuin se lawn vreet en ons dop altwee weg.

Maar die paartie vat ook koers en die blokkies vloere hou die klank binne die huis en Baba is op . . . regop, pen regop en gooi die leeg bottel eenkant toe en wil meer weet van Nebi-kat-Neser en ek ken nie die storie verder nie en ek besluit op Pinoccio en daar kom die Wa en draai selfs in die Karoo by die Hollander kafee, Jan Fokkens se kafee met sy spesiale-ekstra-groot-fokken-lams- hamburger . . .
En die vaak oorval die tweede keer en ek word wakker. Die vagevuur van die hel kan nie warmder wees nie soos ons twee mekaar stoom. En Baba en ek stoom mekaar wakker en die lotte hoor deur die paartiegeraas dat hier konsternasie in die kamer is en ek gooi handdoek in, groet moerig (wil almal sommer wegjaag) en vat pad na my heiligdom deur die hondekampe, vrugtebome en wat ookal.
Ek voel bakgat en goed. Ek meen, sy steek my twee ker per dag met naalde. Dit is reëls soos reëls maar kan wees:
Die naald in my vinger in, die masjienkie suig sy bloed en whalla . . . toon my bloedsuiker lesing is stabiel alhoewel ek ‘n diabeet is, is dit net onder die spuitnaald benodig-vlak. En dan volg die strap om die bo-arm en die masjienkie doen sy ding . . . pomp en druk my arm dat my oge uitpeul en release en die nommertjies wys . . . pragtig !
Die Hartklop:
Hier moet ek eers talm. Ek het my lewe lank ‘n vreemde hartklop wat kan wissel vanaf 35 kloppe per minuut tot 50 kloppe per minuut as ek gehol het. Met hierdie toetse is dit heel reëlmatig, bloeddruk se boonste druk is reg en onderste druk is beter en dit is oggend en aand se roetine en hierdie prosedure sal die roetine bly totdat . . totdat die hane kraai, die kat huistoe kom en tot wie weet wanneer en my laaste gedagte voordat ek my oge toemaak is Maans se oproep vroeër:
“Willem, daardie mooi langes-my-bed-tafeltjie-met die gekartelde blad, is effe klein. Ek wil nog ‘n blad up stairs opsit. Kan jy daai kartels kom kopie dan sny en kartel jy vir my nog ‘n blad?”
Die man gee my nie eers kans nie: “Ek wag vir jou Maandag oggend dan laai hulle solank geswete kraalmis vir jou plante.”
Dit was my laaste gedagte en die dink daaraan dat ek een jaar laas in my werkswinkel was en dat dit redelik onwerkersvriendelik sal wees asook vol stof van stilstaan en niksdoen.

Dit ruk my uit my slaap. Van tyd het ek geen begrip maar die pyn in my bors, op met my keel, laat my krul en myself met die vuis op die bors slaan want my keel is toe en ek kry nie asem nie. Ek kry my krullende lyf regop met my voete van die bed af en ek hou nie op slaan teen die pyn nie en ek weet, ek weet duidelik dit is nog net sekondes want my lugweg is toe.
Ek val terug op die bed en ruk my bene op bors toe en af na reguit toe so vinnig ek kan . . .

Ek staan langs my bed, nie op die grond nie, so ‘n half meter in die lug en ek kyk af na myself waar ek opgekrul en stil lê. Ek staan lank en stil en ek kyk net en dink niks en ek draai om en sweef regop sonder been beweging kombuis toe deur die mure uit buiten toe, deur die boomtakke en picket heinings van die hondekampe, reguit deur alles huistoe.
By die huis kom ek agter alles is stil behalwe baba Anita wat steeds buite haarself is en ek is deur die muur en kom tot langs Michelle wat op en af loop en sus en sus en moedeloos natgesweet raadop en ek sien deur die mure Anita krap in die medisyne kas in haar kamer en ek vat my hand en sit dit op baba Anita se voorkop en sy gee twee snikke en stop.
Michelle skrik en ruk die kind voor haar om te sien en luister met haar oor en ek vat my hand van baba se kop af want baba is rustig en slaap.
Ek het bly staan en Anita en Michelle het deur my geloop en tot ruste gekom en ek het by baba se bedjie gaan staan en net gekyk.

Ek maak my oë oop en sien die lig kom al deur die Gordyne en ek onthou alles so duidelik soos daglig en al wat ek voel is nog steeds ‘n ligte pyn in my bors en dan die ontsettende moeg maar verder niks en ek weet ek mag vir niemand niks vertel nie. Wat verby is, is verby
Ek sit op die kant van die bed want ek weet die bloedsuiker maak dat ek nie vinnig moet opstaan nie, weens dronkerigheid .

Ek wag ‘n uur deur te krap op die rekenaar en alles van die nag speel deur my geheue soos ‘n rolprent en ek gryp my kierie en stap huistoe, meer dronkerig as ander oggende en baie moeg maar ek gaan niks wys nie want ek het ‘n missie : Ek wil weet.

Babatjie speel op die vloer en, ten spyte van my stille beweging, word sy bewus van my teenwoordigheid en sy kyk op en kyk vir my reguit in die oë en sy strek haar handjies en ek tel haar op en sy bly in my oë kyk asof sy soek na iets.
Op daardie oomblik weet ek alles wat gebeur het is waar.

Die vrouens kom uit die binnehuis en sonder om te groet, kyk hulle net na ons twee:
“Hoe voel pa ? Sy het haarself wragties aan die slaap gehuil !”
Ek het net my kop in stilte geknik en met ontbyt net my pille gevat:
“Geen toetse vanoggend nie, dankie.”

Regtig. Ek was bang daar is geen lesings nie.
Dankie. Dit is uit en ek kan nou aangaan met my lewe.

Willie F van Tonder
2013/01/28






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vic
Jy praat waar.
Ek word nie meer wakker nie
Ek skrik deeskedae wakker
Dan het ek myself so realisties as kan kom byna in 'n koma in genagmerrie!

Want die teendeel is waar:
Ek voel niks SIEK nie.
Inteendeel:
Ek en Nig Sarie is dikwels in die wolke
Bestyg die grote Wit Stinkhout en is buite die gesigsveld doer boooo in die mik!
Ek bevraagteken elke oggend die hope pille maar die antwoord is beslis:
Voel jy goed of wil jy vrek?
Sien?
Die pille werk
Suip dit en hou den bek!
7 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


Pyn...
Interessante storie dié, het my so'n bietjie hoendervleis hier teen die einde gegee. Ek het self so'n wonderlike hegte verhouding met een van my kleindogters [nou al 25].

Jy seker dit was nie net 'n droom nie? Ek vind -- moet iets met die ouderdom te doen hê :) -- dat ek deesdae die ongelooflikste realistiese drome het. Dat ek soms nie seker is of ek wel gedroom het nie...

In elk geval, kyk mooi na jouself.
7 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 19 ure oud


Kiekies
Selfs vir die Mediese Wetenskap is die psige van die mens en dier duister. Self plante het die eienskap. Even die presiese samestelling van die liggaam is duister. Bloed is totaal duister met hopeloos te veel onbekendes.
Sou die Wetenskap verstaan het, was hulle Goddelik en kon hulle 'n remedie vir enige kwaal maak.

Daar is die Wet op die Beoefening van die Swart kuns (Smokkel met mense se koppe)
Ek aanvaar dat die gees die liggaam kan verlaat - Wye onderwerp.
Baba was in my onder bewussyn.
Een van twee het gebeur. Ek het in 'n kort koma verval as gevolg van my gesuipery en hoë bloedsuiker.
Of
Ek het uitgepass van die pyn.
Hoekom geen brein skade en hoe dan weer gelewe ?
Wat doen diep duikers wat baie minute sonder asemhaal kan lewe?
Hiper ventilate.
My struggle het genoeg suurstof in die bloed geplaas en my lewenslange lae hartklop toon dat ek met min O2 kan klaarkom.
Die hele prosessie was seker nie langer as drie- vier minute nie en die liggaam het homself weer tot orde geroep met sy dood natuurlik self-heelende- vermoë.

Feit: Stadig eers met medikasie en kyk eers wat doen die liggaam om van die ongemak ontslae te raak!!
Baie met Anita baklei. Sy wag tot die kind dood voordat sy medikasie gee want sê sy, Medikasie is die laaste uitweg.

Die beweeg huistoe na Baba was werklik. Baba se kyk het dit bevestig. Ons diepe liefde vir mekaar vanaf geboorte is 'n onbreekbare koord.
Ek het baie foto's waar ek met haar vir daardie ses weke na gebore "ge-bond" het.
En
Sy het in elk geval oor my gehuil omdat ek haar gedrop het en gewaai het nadat ons twee 'n genoeglike aand saam deurgebring het. Kinders bederf gou en word besitlik.
Moet dit net nie vir die ma sê nie - Oooo Neee!
Feite: Jy is hier, Bokka 500 km verder. Presies op dieselfde moment 'dink' julle aan mekaar - baie soortgelyke voorbeelde.
Daai persoon het ek al gesien !

Oor die dinge kan baie gepraat word.
Dit het niks met bo-natuurlike en of relegie te doen nie.
7 jaar 10 maande 2 dae 16 ure oud


Pyn
Wolf ek is so bly jy het dit met ons gedeel, maar ek het nou 'n hele klomp vrae in my kop. Ek gaan nie vir jou vra nie, want jy sal nie antwoorde he nie. Ek wonder hoe werk sulke gebeure.
7 jaar 10 maande 2 dae 16 ure oud


Kommentare - Corina
Omdat hierdie soort van dinge uiters kontroversioneel is, sal ek op kommentare hier - vir algemene insae- antwoord.
Dit is dwaas wanneer 'n persoon met nog take om te verrig, nie Dokter toe gaan en 'n stryd aanknoop nie.
Dit is verstandig om wanneer 'n persoon in sy siel en wese glo, aanvaar en berus sy lewe is volbring, moenie verdere geld vermors en sodoende die boedel verarm in enige stryd nie.
In sport, die lewe in die algemeen, is daar die wysheid:
Tree op jou piek uit. Dit is hoe jy wil onthou word.
In alles is daar die Goue reël:
Leef asof dit jou laaste dag op hierdie Aarde is.

Corina.
Nee. never se never weer dokters. Ek weet ek was onverskillig met my 'gepaartie' en hoë bloedsuiker kan in 'n koma verval.
Ek is nie stupid nie en hoor wat waarsku die liggaam. Ek sal nie weer stout wees nie en doen my deel: pas maar bietjie op.

Wetenskaplik ontleed ek as 'n ligte koma met dit wat in my onderbewussyn geplae het - babatjie se ongemak.
Die res wil ek niks van weet nie - vraagteken.
Thanks
7 jaar 10 maande 3 dae oud


...
Daar brand ek nou amper my kos!

Jou waar(?) stories is altyd jou beste stories, maar nou moet jy ook warempel dokter toe gaan.
7 jaar 10 maande 3 dae 7 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar