Gorrel

Titel: Ripley ?
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het al dikwels daaroor gelees.
In volgorde:
Kinders
Vroue
Diere
Hulle drie lê my baie na aan die hart.

Moet vir geen oomblik dink dat my 47 jare van huwelik was almal net maneskyn en rose nie.
Anita is ‘n wonderlike mens.
Wonderlik het egter perke want loop voeg nou ; eiesinnig, hardegat, presies, en ‘n blixem daarby –
Dan vat dit Job se geduld om staande te bly en nie te sê : “Ek loop nou en ek vat my ouma se portret saam - ons twee kan nie meer saam jou leef nie !"


{Miskien het sy ook al so gedink – wie is ek om te oordeel? – Ek dink egter dat ek ‘n maklike mens is om mee oor die weg te kom (?) }

Waaroor het ek gelees?
Diere . . . veral honde. (Sorry, ek is nie ‘n kat-mens nie)
Dit word vertel dat diere siekte aan die mens kan uitruik. Veral kanker.
Dit word beweer dat honde kanker kan ruik.

Ek wil nou graag getuig oor ‘n ding:

Chellie-hulle was die langnaweek wat verby is hier. Sy moet Dokter Hentie maandeliks sien en ek is ook nuuskierig om te weet of dit hierdie keer ‘n seun is.
Wel, net die hartklop wys nog en Anita is sak en pak Sondag in die bussie saam want beide Maurits en klein Anita se mangels moet uit en ouma se hulp word benodig.

Deeglik soos sy is . . . .
(Whaaaaaa . . . . ! Onthou – sy weet niks van ‘n kombuis af nie – ek is die huisman! )

Saak nie maak nie, sy is deeglik en maak vir my kospakkies en sit dit in die tupper in die vrieskas! Ek moet tog net nie sterf van die honger nie !

Toe die bussie uitry en hulle waai koebaai – merk ek “kommer:” op haar gesig en ek weet sy dink by haarself: “Sal die arme siel nou alleen regkom?”

Okei, ek maak toe so :
Sondag aand is nog oorskiet van die middag ete en die res gaan honde toe.
Maandag oggend haal ek die vyf liter pot af:
Bestanddele:
Wortel x 3 - gerasper
Aartappel X 1 ( groot) - gerasper
Ui X 1 ( groot) fyn gekerf
Pakkie groente vir sop soek ek net uit en kerf op. Daar is baie in die pakkie wat ek nie soek nie.
¼ koppie Gort – skoon gespoel
(Daai ander pakkies sop goete het vir my ‘n bitter in – plein gort is okei)
Min water en kook tot gaar.
Top up met kook water uit die ketel en voeg ¼ pakkie macaroni by.
Nou is die vyf liter mooi vol en ek stel die gas op min hitte.
Simmer vir lank en voeg nou by na smaak:
Effe sout, peper, curry en Robbertsons van die rak af kies na smaak en verdik effe met vleis-sous-poeier.
Wat ek toe doen; ek los die Robertsons en vleis-sous-poeier uit en vervang dit met twee pakkies Royco se rich Oxtail.

Dit was Maandag.
Maandag word Dinsdag
En Dinsdag word Woensdag en ek skep die balans uit vir die honde en begin van voor af vir die res van die week

Ek eet SOP – skoon vars groente sop.

Maar – vanoggend het ek fout. Dit het eintlik gister al kop uitgesteek
Die bene . . . dit wil nie loop nie en die knieg koppe dit wil nie buig nie.
Ek dink die proteïen in die Royco is te hoog en nou vreet die gout aan my.
(Ek is bly Anita is nie hier nie; daai verwyt, blatante verwyt : “Dis daai jare se mampoer gestokery en die suip wat nou uitslaan!)

Ek slaap maar anderkant ( Die soppot is mos daar ) en in die oggend kom ek kantoor toe en vanoggend wil die bene net nie.
Demmit ek sukkel en dit pyn . . .

Net deur die laaste hekkie, hier in Bruce se kamp, kom groet hy my.
Ek loop en is vriendelik met die hond . . .
Bruce is teen my
Bruce besnuffel my bene
Ek stop. Nie een van die ander honde was naby my nie – dis nog te vroeg hulle slaap nog snoesig in hulle slaapkaste – wat ruik die dem hond ?

Ek het ook nog nie gepie nie.
Anita het my pille ook netjies uitgesit en die water pil los sy nie uit nie en die dem ding . . . .
Hel, as die pie kom moet ek gou speel want die brieke werk ook nie mooi nie en dan kan daar ‘n druppel op die voete val en Bruce tel dit op – hy tel dit dadelik op voordat ek die hose pipe bereik om voete af te spoel.
Maar dit is nie dit nie; Bruce ruik iets anders.

Hy volg tot by die deur en hy los my nie.

Wat het die hond geruik?
Die pyn in my bene ?
Hy het.
Want, toe ek binne is en ek maak die sifdeur toe en ek kyk af na hom
Toe
Toe kyk hy op en hy kyk binne in my oë
En
Ek sweer
Op sy gesig sien ek dit
In sy oë sien ek dit . . .
Die woorde –
“Askuus oubaas!”

2015/04/30



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bruce
Maak die pyn nie hitte in die area waar dit is nie? Dalk is dit net suiwer gout, want dalk het jy te veel tamatie in die sop gehad?
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


***
Ja-nee, ou maat, luister maar na die dames hieronder...
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Oubaas . . .
ek hoop jou vrou is terug om te kom kyk na daai bene?
4 jaar 3 maande 4 weke oud


Ripley
Pragtige hond, dankie vir die fotos. Ja gout is nie iemand se speelmaat nie.. dalk volgende keer maar vir vroulief luister.. Lekker gelees en sommer honger geword so saam met die resep!
4 jaar 3 maande 4 weke 14 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar