Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

viooltjies is blou
suiker is soet my lief
maar nie so soet soos jy

ai,ai,ai watter herinneringe bring die ou eenvoudige rympie nie terug nie.Saam met dit hoor ek ou Jim Reeves sing 'Blue side of lonesome'en 'Somewhere in a mansion stands my love,but shes not happy there...'Hoeveel tissues het ek nie saam met ou Jim geblaas nie,drome gedroom."I love you because you understand me'Als oor 'n blou oog meisietjie wat my hart gebreek het.Jy hoef my nie te glo nie,dis veertig jaar later en ek verlang nog steeds,ek sien iemand met dieselfde profiel loop verby en ek steek vas...miskien,net miskien....
'n Deibare oom van my vertel dat hy ook so 'n liefde gehad het en 590 jaar later verneem hy waar sy tuisgaan en met opwinding van toentertyd pak hy die tog aan en arriveer voor die deur.Nou net hy kon dit beskryf en u moet maar tussen die lyne lees......en hier maak 'n lelike ou vrou die deur oop(sy gesig,sy houding,sy laggie dit dit verhef tot 'n ontuitwisbare toneel.)Ek weet,wat vir my wag moet omtrent dieselfde wees,maar as Jim Reeves die agtergrond musiek verskaf en ek my oe sluit sien ek weer die pragtige,blou-oog blonde nooi,en van hier diep binne af laat ek so 'n kreet(wat my ou vrou gelukkig anders interpreteer en dan vinnig met die Jamieka Gemmer nader laat staan.
Viva la memories!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mensig...
Jim Reeves, Slim Whitman, plaaslik Santa Foster, Charles Jacobie. Snaaks hoe liedjies saam met die liefde en hartbreek prente verewig het.....
7 jaar 8 maande 4 weke 10 ure oud



Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar