Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier is die saam ry brief wat Amore gister, 12 Maart 2013 gelees het. So baie het my gevra om dit hier ook te plaas.

Goeie dag Amore,

My daaglikse rit is vanaf Brakpan na Fourways en vanmiddag weer terug. Dit neem enige iets van ' uur tot twee en luister ek dan Tjaila tyd. Onlangs moes ek vir besiheid Windhoek toe gaan. Wat 'n belewenis was dit nie.

Dit was my eerste keer buite die Republiek en was ek verbaas oor hoe dit in Windhoek lyk. Dit is 'n plattelandse stad en alles is skoon en netjies. Daar was geen minibus taxi in sig nie. Dit word nie toegelaat nie. Taxi's is gewone motors en ry baie beter as ons minibusse. Die bestuurders is bedaagsaam en vriendelik.

Die grootste verassing het gekom met huis toe gaan tyd die middag. Van die kantoor tot by die hotel is so wat 10km deur die middel van die Windhoek. Kyk ek is gewoond aan 10km deur Johannesburg wat 30 tot 40 minute neem minimum. Nie in Windhoek nie. Ons is 16h30 by die kantoor weg en teen 17h00 was my tasse in my kamer, ek het verklee en het reeds met 'n koue bier in die hand gesit. Ek het amper nie eers Tjaila-tyd gemis nie. Maar dit was woensdag en ek het Dave Pepler en jou stem wel gemis.

Die volgende oggend het dit 10 minute geneem tot by die kantoor. Dit tussen 7h30 en 8h00. Die middag het ons teru gevlieg. Na 1h30 minute met 'n kind wat heel tyd skree het ons 15h00 geland. Ek is ek 16h00 uit by O.R. Tambo lughawe. Reg in die verkeer in. Van daar tot by my huis is 27km en dit het my 'n uur en 20 minute geneem. dadelik het ek verlang na Windhoek met sy vriendelike mense en geen verkeer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dave
Ek het die uitsending gemis, maar hier gelees. Taxi's. Ons was van Kaapstad, Hartenbos tot in P.E. en slegs 3 Taxi's gesien. Toe ons egter die Gautenggrens oorsteek wemel die goed skielik weer op die pad! Seker saam getrek om my terug te verwelkom.
5 jaar 6 maande 2 weke 22 ure oud


Lekker geluister
Dit was lekker om te luister en nou ook te lees. Dankie, Dave :)
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud


DAVE

dankie dat jy my lat weet het
lekker gekry want ek was ook daar verlede jaar in Junie.

omdat niemand nog gelees het,

daar is 'n paar tikfoutjies.
maak dit gou reg.

lekker dag
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


saam ry
Dis nou maar eenmaal ons lot in hierdie wereld.
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar