Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie moderne Gladiator spel met bedekte beskaafde gereedskap is die maklikste en gladste gemoedsversteurings okasie ter wêreld.

My stellings:
Gladiator spel.
Onbetwisbaar want die doel is soos in alle onreëlmatige optredes –
“ Doen dit maar moenie uitgevang word nie”
Met ander woorde; Draai sy nek om, breek sy enkel, skop sy knie af, breek sy ribbekas – doen enigiets met enige teenstander maar moet net nie uitgevang word nie.

Ekself loop met ronde vuis opdat ek vir van Sittert mooi gekorrel het in die dae toe ek vir Strathvaal Rugby gespeel het.
Van Sittert was ‘n rooikop vuilgat en ek het mooi gekorrel waar ek sy kakebeen moet tref om hom vir die res van sy lewe skeefbek te laat.
Toe ek hom tackle., skuif ek vinnig op en in die warboel deur voorry spelers om die los bal te kry trek ek my arm terug, maar uit die hoek van sy oog sien van Sittert wat kom en hy draai sy kop en ek slaat my vuis ses duim in die grond in.
Net daar is ek met af vingers van die veld af.

Gereedskap:
Jou hande, vingers, vuiste, kniegge, elmboog – enigiets wat as wapen kan dien om die opponent sy ouma vir ‘n eendvoël te laat aansien.

Gemoedsversteuring:
Saterdag oggend vind die finale Skole wedstryd plaas en wel tussen Klerksdorp Hoërskool en Gimmies van Potch.
Tot hier was ‘n lang en uitputtende stryd tussen skole en die finaal is ‘n groot dag.
Kleinseun Inus wat die enigste seun van Potch was wat Cravenweek toe genooi was, is soos altyd maar ‘n hoog boom. Word daar Rugby gespeel en Gimmies speel is dit Inus se naam en foto’s in die koerante.
Hy word ook genoem “ Daai gevaarlike Senter nommer dertien”

{ Vaardig Thys skoenmaker en ek praat baie. Dit is heerlik vir my om daar te kuier want ek kry dan ook kans om my hare te groei. Ek wil vreeslik graag eendag begrawe word met ‘n Pony-tail soos uit my motorfiets Ducktail dae.
Thys noem dit dat hy Inus graag wil ontmoet en ek stap met Inus daar in en Thys se woorde is dadelik toe ek die jonge reus inbring:
“Ek sien jou, jy is duidelik sigbaar !” }

Die rugby is aan die gang en vroegdag al was daar ‘n onderonsie tussen twee manne hier vlak voor die Pawiljoen en dis twee papas wat mekaar opvryf. Die een lyk so effe na ‘n intellektueel met ‘n brilletjie en ‘n kepsie en die meer aggressiewe pa dra ‘n bosbaadjie en hy lig sy vinger en maak vuis.
Kepsie is gemaklik en neem met sy selfoon foto’s van Vuis se liggaampraat en houding en net toe die situasie wil ontplof, stap Kepsie liewer weg.
Maar
Ek, Anita en Marlene sit hier hoog op die pawiljoen en sy het haar video kamera en agter ons sit ‘n luidrugtige pa van een van die opposisie seuns en die man is luidrugtig en hier skree hy:
“Kyk, dis weer daai Inus, reg in die bondel . . .”

Marlene is ma en as jy ‘n ma se moer wil strip, maak opmerkings oor haar seun en sy vlieg om:
“Hou jy bek van Inus af, noem weer sy naam en ek klap jou lippe na 24 bar toe !”
Die man soek nie graag lippe wat 24 bar toe geswel is nie en hy verweer maar sy vrou maak fout:
“Julle moenie so tekere gaan nie . . . “
Anita spring ook op:
“Dis julle wat die moeilikheid maak . . .”
En die vrou se mond maak woordloos “ Aaag fok jou !”
En Anita is meer beskaafd en gooi vir haar met altwee hande ‘n middelvinger en ek trek haar terug stoel toe

Dis rugby. Op die veld en langs die veld vind gemoedsversteuring plaas.

Maar –
Rugby is baie meer as dit.
Rugby is ook ‘n geloofding.

Rsg hardloop ‘n kompetisie; ‘n rugby raai kompetisie in die wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke -
Stuur per sms jou raai: Skryf die rustyd telling en die einde se telling van die Springbokke.

Voor die wedstryd kry RSG baie sms’e en baie oproepe en die meeste is patrioties en lojaal en vertel dat die Springbokke gaan beslis wen en dit gaan jolig.

Dit is soos die annerdag met die July perde wedren.
Ek roem daarop dat ek kan sien – ek is ‘n siener en ek is besig om hier buite te sweis en te hamer en te beitel en die foon lui.
Dis een van die oulike Woes vriendinne:
“Wolfie, gaan wed gou op nommer sewe – hy gaan beslis wen, ek belowe !”
“Jinnie nooi, ek hou nie van nommers en ek is tans baie besig . . .”

Ander pelle bel en almal het ‘n wenner en ek moet loop wed en later seg ek vir Arrie:
“Arrie, ek werk met krag; ek sweis en hamer en beitel, soek vir ‘n perd wat met krag te doen het en gaan sit al jou geld op hom . . .”
Heelwat later die aand toe ek by die nuus uitkom, hoor ek die absolute buiteperd, Power King het gewen.

Saterdag besluit ek om geld te mors.
Dit is geldmors om vir ‘n radiostasie te probeer bel of om ‘n sms te stuur.
Ek stuur vir RSG ‘n sms:
“Die All Blacks sal wen. Vir hulle is rugby ‘n geloof ding en al is hierdie glad nie die ware All Black span nie maar net ‘n skadu span wat hulle gestuur het, sal hulle nog steeds wen –
Want:
Rugby is ‘n geloofding in New Zeeland. As die rugbyspan verloor, is die manne hulle werk kwyt, hulle se karre kwyt, hulle se huise kwyt en moet hulle daagliks gaan rapporteer vir hulle se impotensie pille!

2015/07/27






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rugby
My Bokka sou se: Jy verloor al jou finesse langs die rugby veld. Nou sien ek daar is ander vrouens ook wat dit oorkom.
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


rugby
Soms is die gevegte tussen die pappas beter as die op die veld!En as mamma ook haar sê wil sê raak dit nog beter!
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


***
:))
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


rugby
Daar gebeur gewoonlik so baie om die veld dat ek dit meer geniet as die game. En ek is tog so lief om ander mense do te hou. Damkie oom Willie ek het jou skrywe baie geniet en natuurlik weer gegiggel.
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


rugby
Lekker gelees en gegiggel. Dankie vir die deel.
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 14 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar