Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit grief my al 'n geruime tyd dat werknemers van Woolworths blatant weier om my in Afrikaans te bedien. Ek verstaan dat almal nie Afrikaans magtig is nie. As iemand vir my, die klant, mooi sê dat hy/sy ongelukkig nie Afrikaans kan praat nie, het ek geen probleem daarmee om oor te slaan na Engels nie. Maar as ek vyandig behandel word, het ek 'n groot probleem daarmee.

Ek verwys ook na Woolworths se onlangse advertensie om werknemers te werf, waarin blatant genoem is dat geen blanke aanstellings gemaak sal word nie. Lees gerus die kommentaar op

http://philipvanstaden.wordpress.com/2012/09/05/woolworths-wil-nie-wittes-werf/

Ewe skielik is die bewoording van die advertensie verander toe veldtogte, op veral Facebook, geloods is om Woolworths vir die volgende 10 dae te boikot

Nou wonder ek of ons, as blanke Suid-Afrikaners, genoeg ruggraat het om Woolworths te boikot? Ons blankes is moes grootliks Woollies-verslaafdes! Vanaf ons onderklere, tot by ons bo-klere, kos en parfuum!

Hiermee verklaar ek onomwonde dat ek bereid is om Woolworths van VANDAG af te boikot totdat hierdie saak in die openbare pers reggestel is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sal ons...
Ek is gelukkig dat ek nog nooit Woollies kon bekostig het nie, daarom sal ek volstaan dat ek nooit nodig het om daar te koop nie...gelukkig is daar vele ander keuses hoe gewild Woolies ookal mag wees.
7 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


jammer vir die Engels
Dr. Dan Roodt, leader of PRAAG, stated: “For a number of years now we have been trying to speak to Woolworths about its anti-Afrikaans policy, to no

avail. This latest manifestation of antiwhite racism is the final straw. We are calling upon all our members and the general public, especially

Afrikaners but all white South Africans and non-racist people of other population groups to boycott Woolworths.”

Singer Steve Hofmeyr and other Afrikaans public figures have already expressed solidarity with the boycott on Twitter.

During an emergency meeting of PRAAG’s Human Rights Committee, Woolworths was classified as a hate group. “Accordingly, we will communicate

this classification to human rights groups worldwide, especially in countries with large European populations. We will also contact the Council of

Europe and the European Human Rights Commission, requesting them to ban employees of Woolworths from obtaining Schengen visas. In this

respect, Mr. Simon Susamn and his fellow managers must be treated the same way as Robert Mugabe and his henchmen. If Woolworths receives any

funding from investors or banks, we will also target those, requesting them to disinvest from Woolworths,” said Roodt.

He was of the opinion that Woolworths cannot hide behind government legislation. “Where government legislates for companies to discriminate

against whites purely on racial grounds, it is contrary to international law and should therefore be igored by individuals and private corporations. South

Africa is a signatory to most international human rights treaties which make such laws null and void.”
7 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


Kreatiewe Bestuurder
Jy's reg Carol - en dis presies dieselfde vraag wat Solidariteit in sy ope brief (webadres verskaf) aanspreek.

Ek sit in Engeland en het nie deel aan my kleinkinders se grootword nie as gevolg van regstellende aksie. Ek het genoeg gehad. As mens dan groot maatskappye wat sonder teenspraak die % BEE blindelings toepas moet laat val om die ANC tot sy sinne te bring, dan is dit nou maar so. Honderde Suid-Afrikaanse gesinne en families is uit mekaar geskeur en oor die aardbol versprei daardeur. En diegene wat nie so 'bevoorreg' was om te kon padgee nie, word doodgewurg in hul vaderland.
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Herroeping
In my eerste kommentaar het ek voorgeslaan dat die Afrikaans-sprekendes as sulks aan 'n aksie deelneem.
In sy eerste kommentaar het Raqia (myns insiens tereg) daarop gewys dat dit antagonisme teen die Afrikaans-sprekendes sou wek.
Raqia is reg: Bly eenvoudig weg van die winkels met die oorskrif oor hul deur.
Nie meer as dit het Elize pledeer.
Jammer as ek ietwat verwarring in die gesprek gebring het.
GvT
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


Mmmm ...
Die hele kwessie gaan blykbaar oor % BEE poste. Maar, nou wonder mens ... gestel geeneen van die mense wat wel mag aansoek doen voldoen aan die minimum posvereistes nie? Wat dan? Word die vereistes afwaarts aangepas of sal hulle dit dalk oorweeg om na iemand van 'n onwelkome velkleur te kyk?
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


Kyk wat laat weet my muse
Lyk my die sage het my muse ook beetgekry -- kyk gerus by:

http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/woollies-se-klerewinkel

Groetnis, Vic
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Woolworths
Dit is tragies dat daar selfs agtien jaar na die koms van die nuwe bedeling nog steeds gespook moet word om die rasse- en taalkwessie uit te sorteer. Ek het altyd geglo dat die groot besighede verhewe is bo hierdie soort kleinlikheid - blykbaar nie. Die probleem is net dat die weerhouding van my paar rand nie 'n verskil aan hulle besigheid gaan doen nie (nie dat ek in elkgeval so baie met hulle besigheid doen nie).
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Korreksie
Sien nou net ek het Justin Harris geskryf i.p.v. Harrison.
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Interessante webwerwe
Ek weet nie og ek RSG se beriggewing wil glo nie

Die persoon wat die oorspronklike Woolworthsadvertensie onder die publiek se aandag gebring het, is nie 'n ontevrede werknemer nie, maar Justin Harris, 'n internetbemarker. Hy wys ook hoe die advertensie skielik gewysig is. Lees meer daaroor op

http://www.justinharrison.com/wp-content/uploads/2012/09/Justin-Chucky-Harrison.jpg

Lees ook Solidariteit ('n instansie wat hulle nie met stories ophou nie) se siening en ope brief aan Woolworths

http://english.solidariteitbeweging.co.za/2012/09/05/stop-woolworths

Kyk sommer ook vir die interessantheid na (en let terselfdertyd op hoe Woolworths se aandelepryse geaffekteer is op die grafiek vir 5 Sept)

http://tia-mysoa.blogspot.co.uk/2012/09/the-woolies-debacle.html
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Hi Elise,
jammer maar ek verstaan regtig nie, want jy het drie keer ‘AFRIKAANS’ gebruik:

“Dit grief my al 'n geruime tyd dat werknemers van Woolworths blatant weier om my in Afrikaans te bedien. Ek verstaan dat almal nie Afrikaans magtig is nie. As iemand vir my, die klant, mooi sê dat hy/sy ongelukkig nie Afrikaans kan praat nie, het ek geen probleem daarmee om oor te slaan na Engels nie.”

. . . .daarom het ek regmatig afgelei dat jy aksentueer AFRIKAANS, want ek het nie AFRIKANER gebruik nie.

Ek het nie die verwysings nagegaan nie en slegs op jou inleiding reageer.

In elkgeval het RSG op SPEKTRUM twee of drie keer aangekondig dat WOOLWORTHS nooit so iets verklaar het nie, en dat een af ander ongelukkige werknemer dit op FACEBOOK of SMS begin het.
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


Raqia
1. Ek verstaan nie jou logika mooi nie. "Moet nie kwaad met kwaad vergeld nie; hou net jou geld in jou sak." Dis mos presies wat ek vra mense moet doen???

2. Lees weer die gorrel - dit gaan oor BLANKES wat Woolworths moet boikot. Nie oor AFRIKANERS nie. Hulle advertensie het gemeld dat BLANKES (ongeag die taal wat jy praat) nie weer aangestel sal word nie.

Terloops: Iemand het my privaat gekontak om te sê sy skoonsuster is 'n blanke toesighouer by Woollies. Hulle moet nou 'n nuwe kontrak teken waain hulle hul bereidheid verklaar om vir minder as R10 000 per maand te werk, anders word hulle afgedank. Lyk dus of Woolworths reeds in 'n finansiële verknorsing is en nou vry na die ANC.
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


Boikot
Ja mense, staan saam en voer 'n boikot uit. Sonder kliente is dit nie 'n besigheid nie!

Woolworths het 'n hele paar takke hier in die woestyn ook.
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


-
Die uwe besit aandele in Woollies - hulle moet nog net begin dividende betaal! En ja, wanneer ek in die lyn val om my proviand te betaal, is die gesigte om my meestal wit. Behalwe nou natuurlik al die werkers ... wie nie wit is nie. 'n Jaar of wat terug was daar ook 'n groot herrie met hierdie winkelgroep toe hulle alle Christelike tydskrifte van hul rakke verwyder het. Na 'n groot paleis revolusie vanuit veral die Afrikaner geledere, is die tydskrifte weer terug op die rakke.

Sou blanke klante dus besluit om Woolies te boikot, gaan dit hul beslis seermaak waar dit tel: die "bottom line". Hoe uitvoerbaar dit is, is natuurlik 'n ander saak. Party mense sal nie kan asem haal sonder hul organiese Woolies eiers en melk nie.

Met die jongste petrolprys-skok, sal ek in elk geval by Woolies moet verbyhou. My heupe (en my beursie!) sal my later bedank.
7 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


ai tog
Ek koop in elk geval nie by hulle nie..so ek is uit die een :-)
7 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud


tikfout
klei = klein
7 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


nee nee nee
. . . . moet nie vir WOOLWORTHS PERSONEEL vertel ons as Afrikaanssprekendes wil boikot nie. . . dit vererger antagonisme teen die Afrikaanssprekende.

Kom ons stop net om enigiets by WOOLWORTHS weer te koop.

Gaan ondersteun 'n klei Afrikaner-winkeltjie en vertel hulle hoekom jy hulle ondersteun.

Moet nie kwaad met kwaad vergeld nie; hou net jou geld in jou sak.

As daar genoeg Engelse is wat hulle ryk maak, kan hulle seker dan kies om net Engels te wil praat. en ons hoort nie daar nie.
7 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Taal-behandeling
Iemand wat met 'n volgelaaide inkoopwa aan die kasregister aankom en nie bedien word nie, kan dit eenvoudig in die gang laat staan en wegloop, nadat alles op die band uitgepak is - sonder om te betaal. Nuttig sou wees, om 'n krediet- (of debiet-)kaart duidelik te toon by die aankoms aan die kas...
Of 'n dik bondel banknote in die hand te hê en by énige ontevredenheid in die boudsak by die wegstap terug te steek. (Dan miskien 'n paar helpers byderhand ingeval iemand ánders 'n oorval wil uitoefen!!!)
Ek stel my voor dit moet teaterryp wees wanner daar Saterdagmôre in vyf slange uit agt met staande waentjies verstop is - soos 'n lorriedrywerstaking waar die vragmotors skeef oor die Autobahn parkeer. Ook driekeer per dag te verskillende tye in verskillende slange.
7 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


...
Ek het nie geweet van dit alles nie, sit hier in die vreemde waar ek noodgedwonge nét Engels kan/moet praat! En ek wou nou graag 'n paar goedjies daar gaan koop het as ons nou daar kom. In Afrikaans! Nou sal ek nie...ek ondersteun jou pleidooi!
7 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar