Gorrel

Bladsye:
Titel: Salomo
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nee man – los hierdie historiese man uit –
Ek kan egter nie stry – hy was ‘n haan onder henne . . .!
(Nou word dit vertel dat die man was net effe hoger dan ‘n baksteen!)

Maar, in my rede hieronder, geniet hierdie man wel vermelding . .

Sy seg dit reguit op die radio – hierdie vroue oorgang stadium ding.
Dis nou aan die einde van die vrou se liggaamlike skeppings funksie –
Menopouse . . .

“Dis niks om oor snaaks te wees nie
Dis niks ernstig nie –
Dis ‘n eenvoudige lewens waarheid ‘
Die eiers raak weg maar die vrou bly lewe!”

Saam met hierdie “hande vat om die stryd te oorwin” word samewerking en ondersteuning geskep:
“ Kom julle manne – groei daai snorre; groei daai snorre as teken dat jy elke jaar gereeld gaan vir daai ondersoek !”

Moenie vertrou op ‘n bloed toets nie. Bloed het sy geheime en sy geheime is van so ‘n aard dat die Mediese Wetenskap stel ‘n spesiale studie daar - Bloed; die studie van bloed.
Dit is die mees onbekende orgaan in die hele liggaam en dus die ingewikkeldste studie in die Mediese Wetenskap !

Sy seg: “ Ons vroue moet ook maar jaarliks daai ongemaklike ondersoek deurstaan . . .”
( Ek het al by Alphons ingekom en terwyl die dame ons tee inbring, gee hy vir haar die koek-haak aan met ‘n droog:“ Loop bêre maar weer . . .”)

Wel, vir ons mans is dit daai ongemaklike : “Broek af, lê op jou sy en trek jou kniegge op!” en hy wys na daai kateltjie teen die muur en trek daai lang veearts handskoen aan.
Hoekom die man nie net ‘n kondoom oor die lang vinger trek nie – begryp ek nie !

Dit is die feite : Prostaat – en Testikulêre kanker, vreet ons mans ‘n klomp jare voor die vrouens op!
Kyk maar op die toerbusse hoe sit die blou-silwer-grys hare tannies in hulle eensaamheid en nie een lag nie !

Stem . . .
Stem vir my in die volgende verkiesing !
Ek het die oplossing !
Die oplossing teen eensaamheid :
Wettig die morele - vat meer as een vrou !

Hoe gemaak ?

Salomo het alreeds bevestig – dis veiliger op die skuinste van ‘n dak as saam met twee vroue onder een dak!

Dus . . .
Hou hulle in jou agterjaart – elkeen in saar eie hok!

Whaaaa . . .!

2015/11/13
Ek check nou eers – Dis VRYDAG die Dertiende!!
Dus vat ek nou my broek en loop – ek gaan nou Biltong maak. Check die foto’s later op FB!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Salomo
Oeee allaaaa, jy soek oop-oog moeilikheid!
3 jaar 6 maande 5 dae 6 ure oud


***
Whaaaa . . .! Seg ek ôk...
3 jaar 6 maande 1 week 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Plek van die Flaminke

    deur Rachelle du Bois

    Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar