Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nou net om 1h15 wakker geskrik met 'n gegil en stamp van voete op die vloer en hande op die muur en weereens besef dat die sensman sy tol kom eis het hier langs my in die dodekamer. Nou help dit nie om weer te probeer slaap nie, ek is nou helder wakker.
Dit het my ook laat besef hoe magteloos mens is teen sy aanslag. Dit laat my ook besef hoe bly ek is dit is nie een van my woester vriende of iemand wat ek ken wat hy nou kom haal het nie. Die sensman was so naby aan my ek kon amper aan hom vat.

Skryf net aan julle woesters om te se dankie vir al jul ondersteuning die laaste tyd wat ek hier in die Groote Schuur hospitaal is vanaf 3 Maart en ek verstaan ek sal nog hier wees tot 15 Maart. Hulle sukkel nog om die geblokte airfilter van my oop te kry. Het nou Cyclofhoshamide drup in 'n papsak gekry 'n paar dae terug en was vir 4 dae verskriklik naar met pyn oor my niere, maar hul se mos kakiebos vrek nie. So ek is daardeur met die genade van Bo en almal se gebede.

Ja en die diens by die garage is ook maar stadig, want hulle se hulle word hier oorstroom met mense uit ander provinsies wat nie die kundigheid en werkende toerustig het nie. Nou moet ek maar net geduldig wees en my beurt afwag by al die toets stasies. Gelukkig hoef hulle net my lugfilter wat nie meer lekker asemhaal te diens en het hulle nie nodig om my uitlaatpyp of my knormoer te vervang nie, want dink net hoe lank sou ek dan moes wag.Lekker nag. ha ha



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Sensman
Ag toggie - whahaha. Ai, ek is so dankbaar jou onderdele is nog als in goeie toestand. Moet maar koes vir daai Sensman terwyl jy kan. xx
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


sensman
Die gil, hande en voete stamp klink na een of ander folterings ritueel op die arme siel. Is dit die familie wat sy keel toedruk om gouer die erfporsie te bekom of sit hy hom tee teen die Engel van die dood?
Daai kar waarmee Niek kom haal loop op batterye - geruisloos sag. As omstanders maar net sien is die siel weg - gelaai en vort!

Maar dis 'n voorbeeld: Sit jou teë broer - sit jou teë en sterkte.
5 jaar 11 maande 3 weke 3 ure oud


Sensman
Grapjas dit was nou n lekker stukke al begin dit so ernstig. Altyd rede tot dankbaarheid dink net as hulle jou n com[;ete engine overhaul moes gegee het
5 jaar 11 maande 3 weke 4 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar