Projek: PROJEK – TRANE (2015-10-27 tot 2015-11-09)
Weergawe: 2
Aantal woorde: 804
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Nov 2015
Toe ek sy kamer binnekom, is daar mense by die man oorkant hom, die derde bed, skuins oorkant se pasiënt is seker iewers en ek huiwer ‘n oomblik.
Tom lyk nog presies dieselfde as vier jaar gelede. Dit is wanneer ons mekaar laas gesien het; vier jaar en net voor my ongeluk, gelede
Tom slaap oop bek. Sy oudste seun is ‘n Tandemaker van vaam in Johannesburg en hy verseker dat Tom se tande netjies bly. Dis net natuurlik dat die jare aan die liggaam vreet en verteer maar die tande bly nog trou reg!
Ek knip my kop in groet na die geselskap oorkant Tom en ek merk dat daai man nog net been en vel is – Later sou ek hoor dat agt-en-dertig jaar in die myn en myntering uiteindelik sy tol eis.
Ek kierie-kierie nader aan Tom en raak-raak aan die kombers oor sy onderlyf en hy knip-knip open sy oge.
Hy lê met sy arms op die lyf en die goue ring aan die pinkie is aan my bekend, so ook die goue horlosie en ek sien Tom stoei met die onthou want die oge herken vaag terwyl sy hand oor sy droog lippe veeg en die ogies heen-en-weer probeer terug wen.
Toe kom hy by:
“Willem ek wag, M . . Mar . . . Marlene het gesê jy sal kom –“
Tom sukkel aljimmers met die hakkel – ek het hom al heel beter gekry deur die jare.
“Wat makeer Tom?”
Ek kan nie sit nie want die geselskap oorkant het al die sitplekke en terwyl ek nader aan Tom staan ( Ons persoonlike gesprek wat gaan kom, kan tog nie publiek word nie!) bring iemand van oorkant vir my ‘n stoel en ek sit.
“My bene Willem, my bene het geknak . . . “
Ek stil effe en kyk; ek kyk en sien Tom se wese het verouder, sy kop is groter kaal. Die gesig het vermaer maar die ring haartjies is nog dig om die kop en dit is nog pikswart – Tom vergrys glad nie en dis toe dat ek die vraag vra.
“Willem, ek het ‘n paar maande gelede ses-en-tagtig verby gegaan maar ek voel nog bakgat!”
“Maar Tom, ek onthou al die terugvalle en brein dinge van die verlede en ek het ook daaroor geskryf en ek weet jou brieke is ook al uitgehaal . . .”
Tom breek my rede:
“Jy is reg, al die kop operasies en ander maak my leeg van binne maar die meganiese hart goete maak dat ek aan iets anders moet doodgaan – my hart sal in die boks nog aanhou klop want dis ‘n enjin!”
Tom bly net Tom en sy geld hou hom aan die lewe. Geen Dokter sal hom laat dooi nie – daar lê geld in die bank en Tom is lief vir sy geld – hy sal uithou.
Ek dink ek moet try:
“Tom, roer daai voete.”
Tom wikkel die voete onder die kombersie so effe –
“Tom, daai kniegge, lig dit . . .”
Tom traai; ek kan sien . .
Toe Tom, moenie vir my lieg nie – lig daai kniegge . . .”
Tom smile net effe “ dit sal regkom Willem, een van die dae stap ek weer hier uit . . .”
Ek weet. Ek weet van beter want het ek nie persoonlik die laaste toegif van die Mediese fonds blitsvinnig benut nie:
“Jy kan ‘n rolstoel loop koop – hierdie aanbod verval Januarie - seg die brief en toe spring ek en Anita Dischem toe. . .”
Ek besluit om koers te verander:
“Tom, en verder, wat is nuut?”
En toe kom die mees wyse woorde oor sy lippe:
“Willem hulle dink ek gaan die lewe groet en toe kom so ‘n Jafel – ‘n klein neef of iemand en hy kap my met ‘ Tom, leen vir my R100,000 . . .’
“Willem hoe kan ek dit doen – ek kan hom nie eers R20 geen nie want dan is my miljoen mos nie meer ‘n miloen nie en die vent verstaan nie die somme nie!”
Dit was in nege en dertig jaar van vriendskap, die enigste keer wat ek en Tom oor geld gepraat het.
Geld is niks in die lewe nie.
Lewensvreugde en genietinge en alles wat ek geskrywe het en die bietjie wat ek gepubliseer het oor ons Maplotter jare is nie versinsel nie maar skone waarheid.
“Tom, dis nog net ek en jy – die ander elf het ons al gaan bêre.
Die glimlag breek-breek om op die gesig te kom ; “Dit was pret Willem, groot pret . . “
Tom, pose mooi; ek wil ‘n foto vir die mense wys – jy moet smile!
Terwyl ek die selfoon regkry, sien ek . . .
Ek sien en hoor dit wat stukkend breek -
“Willem, ek en Stien sal vir jou en Anita kom kuier sodra ek hier uit loop maar jy moet eers weer kom.”
En ek sien ‘n ligte vog in sy oë en . . en . . .
2015/11/14
Lees ander gorrelstukke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.