Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Jaar gelede op hierdie dag is my seun Theo Lewis oorlede.  Vandag het Samuel se kleuterskool 'n roudiens vir sy "Daddy" gehou.

Al die kinders het blou hempies aangehad.  P`ouma, Mamma, Samuel en David het wit hempies aangehad.

Nadat almal liedjies gesing het en juffrou gebid het, het die maatjies almal op dieselfde tyd 'n ballon hemel toe gestuur sodat Samuel se "Daddy" en die ander engeltjies daar- doer- bo- die ballonne kon vang.

Vandag het my baie aan die woord “onskuld” laat dink.  Suggg ...

- - - - - -

Right!  Dis werk wat my so besig gehou het hierdie afgelope 3 weke en ek is nog vêr van klaar af maar “all work and no play ...” is beslis ‘n groot fout daarom ... berei julle self voor vir onmoontlike kommentare van my kant af!  Gits, wees my darem ‘n bietjie genadig ... ek het heelwat agterstallige leeswerk!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Diamant
Dit was 'n pragtige gebaar. Dankie vir die deel
6 jaar 2 maande 1 dag 20 ure oud


diamond
Dankie vir die deel van hierdie gebeurtenis, WW. Dis baie spesiaal. Die kinders is pragtig. Mag hulle almal soos diamante skitter
6 jaar 2 maande 2 dae 6 ure oud


Balonne
Dis so wonderlik dat die kleurterskool bereid was om so 'n mooi gebaar te openbaar! Is seker klein Samuel, sal dit verewig onthou! En wanneer die hartseer hom wil oorweldig sal hierdie mooi herinnering by hom opkom en sal sy traan in 'n glimlag verander...!

Sterkte Bly jy's terug!
6 jaar 2 maande 5 dae 3 ure oud


Shine forever - a little longer, a little stronger
Die Moon is a Balloon - Ons drome bly vas geheg aan hom... en hy groei alleen... sonder skuld - om ons drome se onskuldigheid vir ons te bevestig. As hy vol voor jou oe staan sal U of weet van waarheid - of die Engele vra 'om die Kaas te paas Naas...!'
Mooi
Spyker K
6 jaar 2 maande 5 dae 14 ure oud


diamond
My hart gaan uit vir julle!! Sterkte
6 jaar 2 maande 6 dae 22 ure oud


Shine
Ek wens altyd dat ons as grootmense 'n seerkry so goed kan hanteer en verwerk soos 'n kind. Pragtig van die skool. Dankie vir die deel. Dit is goed om die seer op so 'n manier te versag. Bly jy is nou weer terug by ons. Sterkte.
6 jaar 2 maande 6 dae 23 ure oud


die weervoorspelling
*hugs* vir julle.
Darem is n ballon so happy ding.
Hoop dit was n gele.
6 jaar 2 maande 1 week oud


Shine
Sodra mens jou geliefdes se lewe op aarde lofprysend herdenk
kom die oorwinning! 'n Veertjie vir daai juffrou! 'n Pragtige gedagte van haar kant! En die hempies, 'n Wow! daarvoor.
Dankie vir die mooi foto's en so bly jy is terug!
6 jaar 2 maande 1 week oud


Shine
Baie hartseer, maar elke dag word beter.
6 jaar 2 maande 1 week 2 ure oud


Fout
Ek wil ook so glo!!!!

Nou toe-toe-toe, fieks op daai fout.
6 jaar 2 maande 1 week 2 ure oud


Snik!
Sal ons almal nie soveel beter lewe as ons maar net daardie onverskrokke geloof kan bemeester wat kindertjies het nie?
6 jaar 2 maande 1 week 4 ure oud


Balonne
Wat 'n pragtige herdenking van 'n verskriklike hartseer dag.
Seker hy probeer al die balonne bymekaarskraap.
Bly jy's t'rug
6 jaar 2 maande 1 week 4 ure oud


like a diamond
Moes ek ook eers nou 'n traan wegvee, en die feit dat daar tog nog mense is wat werklik omgee laat my aangedaan. 'n Pragtige gebaar van die skool se kant af. En glo my hier deur het hulle 'n blywende inpak in daardie kindertjies se harte gesaai, hulle sal dit nooit vergeet nie en eendag sal hulle ook 'n verskil in die mense om hulle se lewens kan maak. Baie dankie vir die deel hiervan!!xx
6 jaar 2 maande 1 week 4 ure oud


.
Hulle is so mooi!
Klim sommer in mens se hart in met daai ogies.
Dankie vir die deel.
Die skool is wonderlik, nie enige skool sal so iets doen nie.
6 jaar 2 maande 1 week 5 ure oud


Diamond
Baie kosbaar, baie dankie.
6 jaar 2 maande 1 week 5 ure oud


“Shine like a diamond ...”



So kosbaar hierdie deel met ons. Baie dankie.
6 jaar 2 maande 1 week 6 ure oud


Diamond
Laat ek net eers die lastige traan uit my oog vee. Pragtige gebaar van die kleuterskool.
Bly jy is weer terug. Het jou pittige kommentaar gemis.
6 jaar 2 maande 1 week 13 ure oud


Shine like a diamond
Die kleinkinders is pragtig ouma. Jammer oor vandag se hartseer.
6 jaar 2 maande 1 week 13 ure oud


Ek verstaan...
Maar hier is jy terug met 'n skitter-wit-diamant. En engel-gesiggies. Dankie Willemien. God bless you.
6 jaar 2 maande 1 week 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar