Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hallo al my woes vriende

Hierdie is die opdateerde weergawe
Ek skryf hier vanuit my 5 ster Groot Schuur hotel (Hospitaal) Ek het hier ingeboek op 2 September en moet hier bly vir moontlik net ‘n week van toetse.

Om te kwalifiseer om hier in te kom moet jy slapperig wees van die MG( “Myasthenia Gravis” wat in Latyns en Grieks beteken “Erge verlamming” ) en besig is om bietjies te vinnig dood te gaan. Dit is dan wanneer die MG kliniek wat ek elke 3 maande hier besoek vir die MG pasiente, nie meer tevrede is met jou kondisie. (kondisie niks te make met vet of maer soos in skape of beeste).

 Dit is die enigste plek in die land sover ek weet waar die tipe behandeling aangebied word. Nerologie studente van Universiteit Kaapstad, onder die leiding van ‘n professor Heckman, doen die toetse en behandeling. Ek het ‘n artikel oor Myastheninia Gravis geskryf op woes, asook ‘n gedig, “Swaartekrak siekte” geskryf.

 Julle weet seker dokters is snaakse mense, hulle glo niemand en niks voordat hulle dit nie oor en oor getoets en bewys het nie, want as jy vir hulle se jou hande, voete, maag bo-bene het nie gevoel nie en dat jou mond somtyds voel asof jy die tandarts besoek het en hy jou ingespuit het om sommer ‘n paar tande te trek, dan moet hulle dit eers self toets. Studente word ook so geleer en kry almal hulle stekie in.

Daarom word jy telkemale gekielie, geprik met ‘n tande stokkie, dan weer met ‘n pen se agterkant, geklop, gesteek, gevampire (dis nou bloed trek), asem toets (seker om te kyk of jy nie te veel gedrink het nie ha ha). Ja dis so 'n masjien op wieletjies waarin jy moet blaas dan trek hy 'n grafiek van hoe sterk jou asem is. Wel dit het iets met wiele te doen.  Daar word in elke gaatjie ingeloer wat daar op jou liggaam is en as daar nie een is nie dan maak hulle sommer gou, gou een. As ek hier uitkom is al ding waarvoor ek nog goed gaan wees is ‘n tee siffie of tuin spitterjie. ‘n Sif ja met al die gaatjies wat in my gesteek is om bloed te toets vir suiker sal ek ‘n ideale sif in die kombuis uitmaak. Die muskiet met haar suiker meterjie kom gesreeld soggens en saans om en speel dan eers “illa filla fooi met jou fingers. Dis eers duimpie dan duimpie se maat dan lange raat dan fila fooi en pie pie in die kooi”. So kry elke finger die kans om deur die muskiet gesteek te word. (Miskien wil hulle suiker uit jou vervaardig)

Wel as ek ‘n dakspyker was kon hulle ‘n hele huis se dak opgeslaan het soveel keer is ek met daai rubber hammertjie op al wat gewrig is geklop om te sien of die ledemaat nog kan spring. Onder jou voete gekrap met 'n skerp ding. Seker om te kyk hoe vuil jou voete onder is en of jy darem eenmaal per jaar jou voete was.

Dan word jou tone en vingers op en af omgebuig met jou oe toe en moet jy raai watter kant toe hulle dit buig. Dit is seker ‘n soort raai, raai speletjie of so iets. Hoe moet ek nou weet watter kant toe hulle dit buig as my oe toe is en ek nie gevoel in daardie ledemate het nie. Ha ha. Dan kom die bene aan die beurt en is dit weer raai raai. Dan moet jy oeffeninge doen met jou bene en arms tot hulle uitgeput op die ondersoek bed terugval en jy hyg na asem van uitputting.

Dan word jy gewibreer met ‘n vurk met twee tande wat amper soos die duiwel se vurk lyk. Die vurk word op iets gekap en as hy wibreer word hy teen jou ledemate gedruk om te kyk of jy die wibrasie kan voel. As jy dit nie kan voel nie is daardie deel van jou reeds gevoelloos. Seker maar alles om te kyk of jy nog lewendig is en hoe vinnig jy besig is om dood te gaan. Moenie lelik dink nie, dit is nie daai sort wibreerder nie en het niks met seks te doen nie. Dit klink amper eerder of hulle jou wil instel soos ‘n kitaar of klavier. Ha ha.

Dan kom jou oe aan die beurt en moet jy op allerhande maniere kyk, op, af links, regs, volg hul vinger ens totdat jy dubbeld sien. Amper soos die spelitjie kyk op kyk af jys laf. ha ha

Dan moet jy jou oe toekyp en vorseer hulle dit oop. Dan lyk jy soos ou Eldebo gelyk het op een van sy optredes.

Dan moet jy tel tot vyftig en agteruit terug tel. Amper soos in die skool soos ‘n graad eentjie. Miskien dink hulle ek was nooit op skool en moet bietjie leer tel.

Dan moet jy sing la la la la la totdat jou tong moeg word. Ek sal mos nooit in die koor kan sing met die MG stemmetjie van my. 

Dan moet jy die maande van die jaar vinnig aanmekaar vanaf Januarie tot Desember agter mekaar opnoem en oor en oor herhaal totdadat hulle se dit is genoeg. So asof jy nou nie die maande van die jaar op skool geleer het nie. Dan moet jy jou mond toeknyp en vorseer hulle jou lippe oop. Dan lyk jy amper soos , perd wat runnik of ou Buddie van die Toyota advertensie as hy lag. Miskien dink hulle ons glimlag nie genoeg nie en laat jou dit bietjie oeffen.

Dan moet jy regop staan met jou oe toe totdat jy omval of bly staan. Hulle vang jou darem as jy omval. Dit is seker maar net ‘n toets om te sien of jy hulle vertrou dat hulle jou wel sal vang. As dit 'n man was het ek regop bly staan maar as dit 'n mooi jong student dr van die vroulike geslag was dan het ek natuurlik ook sommer aspris omgeval dat sy my in haar arms kan vang. ha, ha. Miskien was dit ook maar deel van 'n speletjie dat sy my graag in haar arms wil he . Wie sal nou weet ne.

Dan moet jy op ‘n reguit streep loop soos wat jy ‘n dronk ou toets. Ha ha ons MG ouens is mos maar bietjie dronk, want ons praat soos ‘n dronkie – sleeptong.

Dan teken hulle ‘n prentjie en moet jy die prentjie langsaan oorteken, so asof ek nou nie kan teken nie. Dis huisies en boompies en blokkies wat inmekaar loop ens. Miskien dink hulle daar is ‘n varkie weg by my. Miskien moes ek ‘n varkie vir hulle teken. Die ou bontejie wat weggehardloop het. ha ha

Dan in ‘n klein botteljie pie pie (hoe doen mens dit in elk geval as jy ‘n groot ene het ha ha)

Jy moet maak asof jy ‘n spyker inslaan of ‘n brood sny met ‘n mes ens. Nou wie kan dan nou nie brood sny nie.

Dan ge X Traal om te sien of al jou bene heel en daar is en of die pille dit nie alles opge-eet het nie. Of jou longe daar is en timus klier nie verder vergroot het nie.

Dan word jy geskok met elektriese skokke om te sien hoe jou spiere reageer en of hulle wel reageer. Dit is nou op jou bene arms en gesig wat jy gezap word. Gelukkig is dit gedoen voor die horlosie 12 h00 slaan anders bly ‘n ou se gesig mos so staan, of hoe. Nou weet ek ook hoe arme ou Frankenstein moes gevoel het. Isssh die arme ou.

Dan word daar naalde in jou senuwee punte ingeseek om op ‘n rekenaar te luister wat hulle gesels. Begryp jou aan, wonder watter taal hulle nogal praat.
Dan word jy getonnel ens. Dan eers begin die behandeling.

Dan word jy eers in die 5 ster toegelaat om bietjie nuwe petrol en olie te kry en gepannelbeat te word. Moenie vra wat jy alles gevra word om toegelaat te word nie. Jou hele geskiedenis, vanaf jou ouma, oupa, broers susters, ma en pa se siektes moet jy kan onthou. Nou wie kan tog nou so lank terug onthou.

As jy iets wel oorgekom het moet jy onthou dag en datum wanneer dit was en wat alles gebeur het. Wow, dis ‘n lang storie hoor om te verduidelik waar jy oral gaan vakansie hou het in al die 5 ster hotelle en hoekom jy daar gaan kuier het. Vir my het hulle amper ‘n klaswerk boek vol geskryf. Die arme ou dokterjie se hand was skoon lam na al daai se geskrywery. Dit was langer as haar hele dokter tesis.

 Dan vat die fisioterapeut jou na die jym toe en dan bars alle hel daarbinne los. Te veel om hier op te noem. Byna dood as jy daar uitkom. Jy lyk behoorlik soos die hond wat agter die plaasbakkie aangehardloop het dorp toe sonder water. Jou tong hang letterlik uit. Defnitief nie van geit nie hoor. Net van die moeg geit. Al wat goed is, is die terapeute is student van Duitsland en pragtige meisies. Wow gewens ek was nog jaaaarrree jonger. Skoon my spiere ooreis om te bewys ek is nog sterk en jeugdig.

Tomas van die Bybel moet sekerlik ook ‘n dokter gewees het en dokters is seker afstammelinge van hom. Nou sal julle seker verstaan as ek se dat ‘n dokter absoluut niks glo wat jy vir hom se nie, want hulle doen al hierdie toetse oor en oor en oor en dit nadat jy vir hulle gese het jou voete is gevoelloos, jou hande is gevoelloos en so ook dele van jou lyf. Smaak my die ouens in die beroep is nog doof ook. Miskien moet ons vir hulle gehoor apperate kry. Ha ha

Gaan dan eers vir ‘n been digtheids scan. Nie geweet ‘n ou se bene kan dig ook nie. Wonder in watter taal hulle dig.

Dit is nou om te sien hoeveel van jou beenstruktuur oor is. Die medikasie bestaan grootliks uit prednisone wat kortisoon is en die pille is geweldig honger. Hulle hap sommer sulke grooooot happe uit jou beenstruktuur. Gewonder kan mens nie die pille se tande trek nie. As hulle op hul gums ry sal hulle nie die been afgebyt kry nie.

Alles hierbo is maar in ligte luim gese en as ‘n dokter dit lees moet tog nie aanstoot neem en my sommer dadelik kom skiet nie asseblief, want dan gaan jy nog aangekla word van moord op ‘n halwe dooie ou ook. Julle is baaaaie goeie ouens en doen baaaie goeie werk. Net jammer tog julle is so doof.

Moet se van al die hotelle , en ek was in baie, is dit die beste hotel wat ek nog in was. Ek is nou mondig , want dit is nou presies die 21 ste medikliniek of hospital waarin ek in my leeftyd opgeneem is. Die verpleegsters is vriendelik die vloere blink. Jy kan jouself daarin spieel.

 Eintlik alles blink hier binne. Die kos is nie te sleg nie. Goulash rys wortels vir middag aand spaghetti bollenaise en groente.

Oggend pap gekookte eier brood nartjie en koffie
Daar is ses beddens in die saal met baie spasie om elke bed. Baie meer as in enige ander hospital of kliniek wat ek al in was – Seker om plek te maak vir die 6 studente en 4 verpleegsters wat saam met die prof omkom om jou te ondersoek en instruksies te gee vir die verpleegster en die junior dr in charge van jou. Ek sal nie weer dink om na ‘n medikliniek te gaan as ek dink aan die behandeling en ondervindings wat ek in Milnerton medikliniek gehad het.

 Hier is selfs ‘n big screen TV in die saal van 8 meter by 12 meter. Wow ek het dit nie eens by die huis nie.

Dis net die laaste nag wat ek hier ingeboek was wat dinge bietjie begin skeef loop het en ek met vuurhoutjies in my oe geslaap het om hulle oop te hou. Maar wag laat ek voor begin. Sien dit het so gebeur.

Ek en die ander pasient was mos alleen in die allemintige saal, maar toe boek hulle hom uit om huis toe te gaan en dis toe net daar waar die moeilikheid begin. Toe ek weer opkyk toe stap hierdie prisonier met sy oranje tronk pak met pyltjie en al  en twee bewaarders gewapen met hulle pistole en al en die outjie in voetboeie hier by my saal in en die suster maak vir hom ‘n bed reg. Ek sien op die groen leer wat die een bewaarder onder sy arm vaskyp staan Polsmoor Maximum geskryf. Ek se jou, ek lieg nie, dis die heilige reine waarheid hoor. Die outjie kom toe diep uit die binnekant van Polsmoor. Dis toe net daa wa ek in die egte regte 5 ster beland.

 Ek kry toe die suster mooi eenkant en verneem of die outjie dan nou ok hie ga inboek jy sien. “Ja se sy, ma Mr. De Kock djy sal heel ok wies hoo”. “Ons sal ‘n ogie oo djou hou”. “Nei, djy vestaa nie”, se ek vi haa: ” as daai outjies met die pistols nou vaak raak en hulle vang so ‘n dutjie en die outjie spring daa op en hol weg wat maak ek dan”. “Nei Mr. daai outjie is mos aan die bed vasgechain, sien hy kan nie weghol nie”. Ma suster djy vestaa nie, daai bed het wiellitjies daai outjie hol met daai bed en al weg”. “Dja ma jy moet onthou daai gaba moet ees hie by ons veby hol”, se sy. “Dja ma se nou djulle vang ok ‘n uiltjie wat maak ek dan”. “Nei Mr. dan los djy hom ma dat hy dan ma sy hol, hol”. Kom ek mos nou in die ander groot saal wa die ander pasiente is om vir al my pellies daar te gaan hallo se, sal hulle my dan nou nie eers bekommerd maak nie. Hulle se; “nee daai outjie kom uit Polsmoor Max uit en hy ga nie weghol nie hy ga djou Fransman maak”. “Wat de drommel is dit”. Nei dis nou as djy die eeste kee in die choekie kom dan wag papa da vi djou en da maak hy djou Fransman”. Toe skrik ek my alie af. Wat gaan ek nou doen. “Nei, dis maklik”; se die een outjie, “djy steek stokkies in djou oegies dat hulle die hele tyd oepstaan dan dink daai gaba djy slaap nie, djy sien hom, dan loep hy by djou veby en kom molest ons outjies hie aan diekant wat slaap.

Nouja, ek het maar bitter min geslaap daardie nag, want die bewaarders het op en af geloop om wakker te bly en as die gaba net omdraai is dit ‘n geklingel van ketings.

Die volgende dag het ek en die prisonier groot chommies geword en hoor ek toe hy het 20 jaar gekry waarvan hy nog net 1 uitgedien het. Ek is gelukkig die Dinsdag huis toe. Groetnis vanuit die regte 5 ster, gelukkig is ek op 10 Sept uit en wore ek gedischarge uit die choekie op parool. Ha ha
      Bye for now
      Francois de Kock
           
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Opgedateer
Hehe. Ek vertrou jy het dit ongeskonde deur die nag gemaak! Het nou so lekker aan jou Afrikaans gelees. Kon sweer hier staan iemand langs my en praat :-)
6 jaar 2 maande 4 weke 4 ure oud


Ano
5-ster
Schatz, ek sien dit so : Hierdie bek met sy sif-lyf behoort 'n hele emmer vol jam te kry! Mag jou liggaam by jou uitmuntende uitkyk op die lewe byhou sodat almal jou nog tot in lengte van dae kan geniet! Sterkte vriend.
6 jaar 3 maande 3 dae 9 ure oud


Ai. Jammer tog.
Dankie dat jy nog humor sien in al die dinge. Dat jou gees nie ook lam word nie en dat jy nog moedhou. Sterkte en seën vir jou.
6 jaar 3 maande 3 dae 19 ure oud


sussies
Baie dankie dat jy ons 'n kykie gegee het in die lewe van 'n persoon met hierdie siekte, sodat ons ook beter kan verstaan.
6 jaar 3 maande 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

    deur Francis Gillieron

    Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar