Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is op 'n gevaarlike stadium in my lewe.My kop vat nie meer reg nie,ek sien nie meer mooi nie en ek kry min geleentheid om behoorlik te voel.My reuksintuie is beduiwel,so daar kry ek nie veel hulp nie.My drome is deurmekaar,van die wonderlikste erotiese oomblikke wat nooit tot voltooing kom nie tot rondhardloop in 'n Zimbabwiese skool.Die antwoorde van die lewe wat duidelik omlyn was en waarvoor ek vele van wyshede aan ander voorsien het,is skielik vaag en onduidelik.Die hemel is nie meer bo nie en die hel nie meer onder nie,die dominees praat al hoe meer nonsens en die kerkdienste word langer.Al wat duidelik is,is dat niks duidelik is nie,dat logies nie noodwendig verstaanbaar is nie.Dit was vroeer maklik om 'n slim antwoord te he op hoekom party mense mooi is en ander lelik,hoekom waarom,hoekom en waarheen so 'n deel van my taal geword het.Die lewe,veral as jy in die nag wakker le,en soveel te meer as jy wakker le en pyn het,word 'n warboel van opgehoopte vrae en bespiegelings wat weer soos mis voor die son verdwyn as die son opkom.Kinderlike aanvaarding van alles,hoe pragtig dit ookal vergelyk word met geloof,werk nie meer so nie.Die somtotaal van alles wat ek hier kwytraak is dit:'Moenie wys wees in jou eie oe nie',en seker nog belangriker,moenie probeer om jou wysheid vir ander op te dis nie.Amen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

johnie007
Hulle se mos die wyse man is die een wat weet dat hy nie weet nie ... Dankie vir jou bydrae!
8 jaar 8 maande 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bertha se Stories

    deur natasha dutton

    "...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar