Gorrel

Titel: SIT
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sit jy?
Sit jy baie?
Links van die skerm staan hy:
Tweetalige Woordeboek.
Bosman, van der Merwe en Hiemstra

Op die regterkant lê ʼn ander een
Blokraaisel / Rymwoordeboek.
Die manne van HAT se werk

Hierdie manne is manne wat sit.

Manne/ vroue wat hierdie boeke op datum hou, op stel, redigeer.
Dit is mense wat sit.
Weet jy hoe fiks is ʼn man/vrou wat sit?

Ek is g’n sit fiks nie.
My gat word lam.
Pins & Needles in my voete.
My kop val vorentoe – ek gaan wragtig nog:
My nek breek ..
My gesig met ‘Crazy Stores’ brilletjie en al, op die sleutelbord aan flarde val – van vaak word

My ‘Man hood’ verloor soos my broek al meer opskuif en my knaters so vasdruk teen my lyf dat my sluk opdroog!
My elmboë ontwikkel ʼn skurfte soos ek hand onder die ken moet premiteer oor wat om volgende te sê.

Dit, hierdie skurfte velle, trek ek in die aande, as ek elmboog onder die kop na die TV staar – nie om te kyk nie – om te dink – agtermekaar te sit, dan trek ek met die ander hand hierdie skurf velle af en sy ruk regop hier langs my.
“Wat maak jy ...? Hê wat pak jy daar op die bedkassie langs jou...?”
Haar oge skiet vuur. Ek weet nie wat dit is wat haar toorn só ontsteek nie.
Is dit omdat ek nie met die kwassie speel nie of is dit wragties omdat sy kan hoor hoe trek ek die velletjies af.
Ek weet nie.
Maar moerig is sy. Sy staan op om, om die katel te loop vir die kyk.
Ek try om die goed te bymekaar maar is te laat.
“Skattie, dis daai leer oortreksel wat jy op my lessenaar geplak het. Daai ding maak my skurf!”
Sy kyk. Sy versteen:
“Julle van Tonners is bobbejane, los jou streke innie bos: En wat soek jou elmboë op die lessenaar ?
Hê ? Dink jy dit is ʼn kroeg toonbank?

Ek verduidelik net wat dit is om nie sit fiks te wees nie!

© Willie van Tonder
30/01/2012





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sintuie
Sneeu, jy het my nou so aan die lag. Ons vroue se sintuie is ingestel op die tipe van goed. Kry maar 'n potjie "speensalf".
9 jaar 2 dae 16 ure oud


Sit
Ek stem saam met haar! Oor die bobbejaan streke. Siesa Wolf! Daai velle op die bedkassie...yuck! Gebruik een van daai voetraspers oor die toilet se bak. Hou daai blikke Samboksalf op die lessenaar. Sit jou rekenaar op een van die hoer rakke en staan by hom, mans kan nie dink as hulle die breins so vassit nie.
9 jaar 4 dae 15 ure oud


Sit
Oulik geskryf! (Sit is beslis die slegste oefening wat mens kan doen.)
9 jaar 4 dae 17 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar