Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is ‘n skamel geklede mens,een van die Skepper se geringstes.My groot mond is maar net om my minderwaardigheid weg te steek.Wanneer ek ,soos vanaand,met woorde probeer om my naaktheid te bedek,is dit met ‘n oorweldigende bewustheid van my oorlamsheid.So gemaak,so gelaatstaan.Tussen die woorde,gedigte,stories van die ander Woesters,wat so geil om my groei,voel ek destemeer verlate en alleen.Dit was maar altyd so,van my prulle jeug af,toe ander rugby speel en goeters doen,was ek maar net ‘n stille toeskouer,wat my verwonder het oor almal se aktiwiteite,wat die meisies van opwinding laat gil het,en ander laat hande klap en jubel.My jolyt was maar om gering,soos om in die sloot langs die stasie,waar ons gebly het Vikings en crooks te speel.Later,baie later,wanneer ek oor twee maande ons 50ste skool reünie gaan bywoon-in vrees en bewing dat iemand daardie outjie sal opmerk wat so ‘hasie in die hoek’ die hele 12 jaar van laer en Hoërskool,ook daar tussen al die ander se hoogtepunte,rondgeskarrel het-Lol.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Skamel
Wel, as jy 'n skamel geklede mens is, is ek verseker ook een. Op skool nooit 'pap' gese nie en kry steeds nie die vreeslike opwinding en gejil van hordes mense onder die knie nie. Maar, ek het geleer dat onder al die opwinding, daar 'n ander stil (en soms sterker) stroom loop wat die opgewondes nooit eens van bewus is nie. En dis daardie stroom waaruit die moee mense kom drink na hulle klaar geskree en pom-poms gewaai het.
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar