Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mense groepeer
Dan
Geniet hulle saam
Die rykes met hulle vierwiel gevaartes en hulle se spog en hulle se saamwees.
Die robot staners in die skadu van die sypaadjie boom. Dan eet hulle ook saam vanaf die wit papier – slap chips met chilli peper.
Die Kerkgangers met hulle waardighede, stywe lippe, lag lose oge en met koekies en tee - baie formeel.
So kan ek voort borduur.
Dan kom skade
Groot skade en ek sê openbaar:
“Moenie vêr soek nie. Die skademaker is uit jou groep
Het van jou tafel af ge-eet
Jou gasvryheid geniet . . .”

Alles laat ‘n spoor. Die mens trap selfs ook ‘n spoor.
Alles het ‘n kenmerk.
Julle, my geliefde lesers, ken self en het ook aan my ‘n kenmerk toegeken.

Kwapie sal weet:
Die geweer en enige wapen het ‘n kenmerk; laat ‘n spoor –
Daardie koeël het die kenmerk op - in ge-ets.

Toe
Toe word die sirkel voltooi, gesluit en die twee punte kom bymekaar.
Die snellerman . . .
Is een van ons . . .
Het saam ons ge-eet
Saam ons gedrink!

Jy
Jy wonder soms oor jouself
Hoe het jy geweet . . .

Dis ook my reg om te wonder . . .
Ek was toe reg:
“Moenie vêr loop soek nie !”

Demmit!

2015/03/15



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spoor . . .
sê jy? Inderdaad. Spoor sal ons laat. Daar is die Groot Boek weereens reg waar hy sê: "Niks is verborge wat nie geopenbaar sal word nie . . ."

Kyk hoe 'openbaar' almal al vandag ~ sommer sonder skaam.
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


Skiet daai renoster
Ek sal ook graag wil weet waste wilde giftigheid het jou gebyt of is deur jou ingesluk of ingeasem, want mens, dit klink vir my skoon my skuldigheid omdat ek lanklaas van jou gehoor het!
(Intussen as hulp: Bedaar, Wolfie, bedaar!)
Groete intussen!
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


***
Wolfmann, jy oukei?
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud



AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar