Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voorwoord:
Ek hardloop in hierdie skrywe slegs deur die drie fases van my skool lewe.
Dit strek vanaf my ouderdom van agt jaar tot en met sewentien jaar.
Elke jaar, vanaf ek geheue ontwikkel het tot ouderdom agt jaar, vul ‘n boek van ‘n skilderagtige lewe van myself – net ‘n simpele mense enkeling.
Elke jaar vanaf nege jaar tot sewentien jaar vul ook ‘n boek
Elke jaar daarna tot nou waar ek hier sit en Super Sport op TV kyk en sien hoe wys hulle in die Hoërskole die atletiek en hoe wys hulle in die aflos drie kere herhaaldelik hoe hardloop my kleinseun, Inus, die draai en oorhandig hy die stok vir die wen hardloper . . .
Tot hier is my lewe vol boeke se verhale.
Geniet hierdie insetsel – dit is maar net ‘n insetsel.
Thanks.

Ek was nommer vier van die sewe kinders in die huis in 1949 –
Jare later het nog een bygekom.
Ek is gebore 17 Oktober 1941 en dit is in die Lente.
Nou is ek al agt jaar oud en dit is weer Lente
Ek was egter die laaste wat die kombuis se lamp dood geblaas het en vir my ma en pa nag koffie kamer toe geneem het.
Die res van die kinders is na binne; die seuns almal in een kamer en die dogters almal in een kamer. Die oudste seun, die voorgetrekte, in sy buitekamer wat hy gedeeltelik al in ‘n soort van laboratorium omskep het - hy wil Dokter word..
Daardie ou huise was ruim.

Hierdie aand bly ma by die groot spierwit geskropte kombuis tafel sit wyl ek opruim.
Dit is Saterdag oggend se werk:
Blou seep, die skrop borsel en louwarm water en ek en hierdie kombuis tafel!

Ek het effe gewonder wat ma op die hart het ; dit is duidelik dat sy iets op die hart het, maar ek het nie gemaaind nie, ek en moeder deel baie familie en ander geheime, maar ek was ook effe opgewonde:
Dis mos weer Lente en my verjaarsdag is op pad. Vir enige kind is sy verjaarsdag baie belangrik.
Dit gaan nooit oor geskenke nie – daar is net nie die geld vir luukses nie - maar dit gaan wel oor die verjaarsdag kind se gunsteling gereggie.
Dit sal gemaak word.

Moeder was altyd rustig en haar stem was altyd anders wanneer sy met my intiem persoonlik praat:
“Wilie, maak vir jou ook koffie, vat Dad sinne kamer toe en kom sit hier by my.”
(My Pa was ‘n Engelse van Tonder uit Ladysmith in die Kaap – ‘n opregte ou SAP (Verenigde Party) en ons het hom as Dad aangespreek en die meisies het Daddy gesê)

Ma se versoek was vreemd op my ore want my skoolgaan is wat myself aan betref, verby. Daar is niks meer wat ek moes baasraak nie.
Ek kon tot by die veertien maal tafel agterstevoor opsê.
Ek kon maal, deel, vermenigvuldig, optel en aftrek.
Ek kon die Bybel lees sonder om te hakkel met ‘n naam.
Afrikaans storie boeke was nie ‘n luukse nie – dit was ‘n moet in die huis. Elke kind sal lees, genoeg lees en op sy beurt weergee wat gelees is en ook . . .
Mening uitspreek oor waarnatoe dink hy gaan die skrywer en wat behoort te volg.
Na ete elke aand soos in elke aand vir twee tot drie ure is dit opvoeding tyd, kwaliteit tyd, om hierdie tafel.
Ek kon ook lopende skrif skryf en die ABC van agter af opsê.
Daar was genoeg radio’s in die huis.
Musiek was ‘n moet.
Nuus was ‘n moet.
Kennis was ‘n moet.

Dit is wat my ma al die kinders geleer het voordat hulle al skool toe gegaan het.
Skoolgaan ouderdom was in die jaar wat jy sewe jaar oud word.
Om skool toe te gaan was nie eers in my gedagte nie.

Ek is gebore en getoë op Harrismith in die Vrystaat.
Dad is saam al die Sappe oorlog toe en die vrouens is in ellende agter gelaat.
Na die oorlog het alle soldate werk gekry en Dad het polisieman geword en die gesin na Bloemfontein geneem.
Ek was toe vier jaar oud.

Ons het op Rayton, buite Bloemfontein, op ou Master Champion se melkplaas, woonplek gekry in een van die voorman huise wat op daai stadium leeg gestaan het .
Miesies de Jager se man was ‘n Prokureur en sy het die melkplaas hanteer – sy was ou Champion se dogter en sy en de Jager had geen kinders. Ma het vir my heel vertroulik vertel dat die de Jager had ‘n wind bal.

Miesies de Jager was erg oor my en ek so klein as wat ek was, het al begint help met die hanteer van veertig melk koeie veral oor naweke wanneer die werkers gewoontlik en uit die aard van hulle wese, dronk is.
Die beeste moet loop haal word.
Miesies de Jager het my op ‘n perd vasgemaak teen afval en die veld in gestuur om die beeste te loop nader bring om met die hand gemelk te word.
Op ouderdom vyf kon ek ‘n speen trek dat die skuim die emmer oorloop. Ek kon net nie die emmer dra nie. Daar was darem altyd ‘n helper, al was hy net half dronk.

My pa was ‘n polisieman en my ma ‘n winkel klerk en met sewe kinders was ons dus arm mense. Ma en pa was dan ook ongeleerd ( Ma standerd vier en pa standerd ses ) en outomaties van ‘n laer stand in die samelewing se ryk mense, se geleerde mense, se oë.

Wat ons familie opgelig het, was almal se buitengewone intellek en selftrots en ma se leuse:
“Hou jou by jou klas”
Op eie houtjie en by die huis, was my pa ‘n selfgemaakte fisikus en radio bouer by uitstek ook radio amateur van faam.
Ma was ook die winkel se boekhouer en rekenmeester want sy was ‘n syfer en wiskundige freek.
Die res van die Afrikanerdom was maar gepeupel, arbeiders en van laer stand in die samelewing.

Nogtans was hoëre mense, mense wat agting afdwing, as miesies, meneer en oortreffend as “Master’ aangespreek en dit was ‘n kenmerk:
My ouers en ons kinders het altyd met die hoëre klas mense gemeng en hulle het ons as soortgelyk aanvaar.

Tot vandag vereer ek niemand nie en sal heel eerste vra:
Wat is jou naam ?
Daarna is hy Piet of Koos of futuf uit my lewe uit.
Selfs gedurende die talle hofsake waarin ek al betrokke was, het ek die Voorsittende Beampte reguit die oë gelyk en direk aangespreek as :
Regter van Wyk of Agbare Landdros du Plessis
En ek is seker dit is waarom ek nog geen saak verloor het nie – die man weet ek gaan waar praat.
(Noem dit mesmeraais – as jy wil)

Met ons bekers met koffie voor ons, neem ek my plek reg oorkant moeder en ek wag.
Kinders word gesien en nie gehoor nie. Kinders praat nooit ongenooid met ma of pa nie – jy vra toestemming om te mag praat indien jy as kind iets op die hart het.

Ek wag en ma kies haar woorde en toe praat sy sag :
“Willie, jy verjaar een van die dae . . .”
Ek weet sy is nie klaar nie.
“Miesies de Jager het met my gepraat toe ek haar raad gevra het; ons het saam gestem.”

Ek weet instinktief dat ek die onderwerp van haar ‘raad’ was en ek word yskoud van binne. Hierdie is ‘n groot ding vir my; ‘n verskriklike groot ding en ek kyk op my hande.
Ek kyk en woel altyd op en met my hande en vingers wanneer ek gespanne raak.
Dis ‘n fobie waarmee ek moet saamleef.
Ek is stil want ma het my nog nie genooi om te praat nie.

“Miesies de Jager beveel aan jy moet Jannewarie, wanneer hulle oopmaak, skool toe gaan.”

Geen kind sal met ‘n ouer openlik verskil nie.
Geen kind sal met ‘n ouer in verset gaan nie.

“Ma, hoe gaan miesies de Jager regkom ?”
“Willie, jy is na-weke hier – dis wanneer sy sukkel.”

Ek is ‘n vry mens. Geen mens, situasie, wet of regulasie sal beheer oor my uitoefen nie.
Ek is so gebore en is vandag nog so. Ek leef apart en op my eie en hierdie wat vir my wag en wat ek nog altyd gevrees het, sal nog gebeur, is ‘n vonnis maar ek sit myself nie tee nie:
“Okei ma, indien dit ma se wens ook is dan maak ons so.”

Van die plaas af begint die stap van ongeveer agt kilometer vir almal om half vyf in die oggend – Winter en Somer en dan kry ma en pa die bus by die halte in na die dorp toe en ons kinders stap nog sowat vyf kilometer verder na Generaal de Wet Laerskool.

Hiervan, van die klasse en die leer self, onthou ek min want my wese was nie daar nie behalwe as ‘n Bytjie by die toe klas venster probeer uitgaan na buite - na vryheid , dan het ek opgestaan en die venster oopgemaak en die weg vliegende Bytjie dopgehou totdat ek dit nie meer nie kon sien nie en die Juffrou se stem my terug bring:
“Kom nou ou Vader bos, kom sit nou weer.”

Ek was bykans twee jaar ouer as die klas gemiddeld en weens my gedurige studie na buite en die veld, voëls en bloue lug deur die venster en myself verwonder aan watter patrone die wolke in die bloue lug vorm, en geen aandag aan wat in die klas aangaan nie , is die naam Vader Bos aan my toegeken.

Wat kon hulle my leer?
Juffrou het, om my verveeld te medikeer, vir my soms gevra om ry op en ry af te loop en die klas te help met hulle skryf en hulle somme.

In standerd drie, kry my pa ‘n Staatshuis in Wilgehof en ons trek en ek en miesies de Jager se paaie skei en ons huil saam.
Sy was vir agt jaar my tweede ma en ek was vir die agt jaar haar getroue ‘voorman’ in die boerdery.
Ons het bitterlik saam gehuil en toe ek saam met al die kinders asook my getroue hond agter in Viljoen se trek lorrie klim, wou sy my hand nie los nie en my ou boet moes my vashou.
Ma en Dad het voor saam met Viljoen gesit en die drama gemis.

Die laerskool is Dokter Viljoen skool – eintlik ‘n skool vir die groot kinderhuis daar naby.
Al Debbo se pa had ‘n winkel daar naby en Al self het soms vir hom gewerk en prettig vir ons kinders grootoog gemaak as ons gekleurde lekkers uit die groot bottels op die toonbank kom koop.
Die Hoof van Dokter Viljoen skool was Doktor Weitz en sy seun is in standerd een en hy het gehakkel en ek en die seun het gekliek.

My ma se suster was getroud met ‘n man, John Verwey, meer as dubbeld tant Nellie se ouderdom en hulle het op ‘n plot sowat twintig kilometer buite Bloemfontein op Estoire gebly.
Oom John was ‘n skrynwerker en hy het gesê ek moet ‘n skrynwerker word en hy sal my leer.
Dit gaan goed want ek het ‘n maatjie – die skoolhoof se seun maar hy is in standerd een en ek is in standerd drie en die hoof help ons albei om te leer en ek kom standerd drie deur met lof en Abrie gaan na standerd twee.
Die eerste jaar van standerd vier was ek nie een dag in die skool nie. Ek het die twintig kilometer geloop na oom John se plot en op die plot gaan werk.

Ek dop standerd vier en Abrie gaan nou al na standerd drie maar hy hakkel steeds.
Die tweede jaar was ek af en toe op skool want toe kom ek reg met wat oom John my van skrynwerk en houtwerk leer.
Ek doen houtwerk, melk die koei en plant mielies met die Ferguson trekker en ek dop standerd vier die tweede keer en toe is ek en Abrie saam in standerd vier en my ma sê:
Willie leer vir Abrie om baie stadig te praat en dan sal hy ophou hakkel en ek doen dit en ek boer op oom John se plot en ek doen houtwerk en Abrie begint glad praat en Dokter Weitz is so bly en hy gee vir my die rapport:
“Willie word bevorder na standerd vyf. “

Wilgehof kry sy eie laerskool – Wilgehof Laerskool en ek en Abrie het nog lank vriende gebly.
Meneer du Plooy , ‘n neef van my ma ( sy was du Plooy) is die hoof en ek moet huishou en skoolgaan.

Lesotho, destyds Basoetoland was ‘n Britse Protektoraat maar onder SA bestuur en my pa word die polisieman al daar en hy gaan Maandag oggend met sy mede speurder en die polisievan na Basoetoland en hulle kom Vrydagaand terug en ek doen die huisman werk want oudste Broer is op Universiteit, Suster leer vir haarkapster, ander broer is op Tek en die vier jonger as ek is op skool en die geld is heeltemal te min.
Ek was van dertien tot vyftien is standerd vier.
Vanaf die jaar waarin ek sestien word by Meneer du Plooy in standerd vyf en hy gee vir my standerd vyf en ek gaan na standerd ses in die jaar waarin ek sewentien word en Meneer du Plooy kry my jammer want hy weet:
Ek is huisman.
Ek verkoop koerante
Ek plant blomme en verkoop dit saans wanneer die mense tuis is
Ek het ook ‘n baie groot groente en bome tuin en bring gereeld vir Meneer du Plooy ‘n mandjie met groente en vrugte van die seisoen.
Ek maak die buurt se kinders se skoene

En ek bly staan die einde van die jaar in sy kantoor met die geleegde mandjie in my hand en ek moet nou bedel.
Dit is einde November en ek weet dat ek niks weet van wat in standerd ses aangaan nie maar volgens wet mag ek nou die skool verlaat.
Ek is oor sestien.

En ek staan en Meneer du Plooy sê:
“Sit Willem.”
Ek sit.
“Ek weet hoekom jy nou hier staan. Jy wil klaar maak met skool”

“Meneer ek moet – ek moet geld inbring, dit gaan swaar by die huis maar ek moet standerd ses slaag om ‘n goeie werk te kry – sal meneer my kan help?”

Die res van die gesprek verdoesel ek – dit sal egoïsties klink.
Hy het vir my die standerd ses sertifikaat gegee.

My pa was beslis:
“Gaan werk vir ses maande as arbeider op die Spoorweg. Dit gee jou kans om sewentien en ‘n half te word en dan kan jy Polisie toe gaan. Vergeet van skrynwerk – swartes sal eendag dit doen maar hulle sal die tools steel;
Daar sal altyd werk vir ‘n polisieman wees.

Ek het my volle drie kontrak jare vir die polisie gewerk.
Ek was ‘n baie goeie polisieman.

Enige storie moet ook ‘n les bevat. Dit moet afsluit met ‘n einde.
Hierdie storie gaan nie oor skool en opvoeding en geleerdheid en kennis nie.
Hierdie storie gaan oor wat is die waarde van lees, van skryf , van optel en aftrek, van ‘n breë visie oor die lewe.
Oor luister wat in die wêreld om jou aangaan.
Hierdie storie gaan ook oor wat intelligente musiek en kennis vir ontwikkeling van die brein beteken.

Hierdie storie gaan oor werk.

Nêrens het ek gepraat van moeg, lê, rus, slaap – sleg nie.
Indien enige van hierdie vyf faktore deel van jou lewe is . . .


2015/03/28
Napraat
Ek gaan ‘Onnies’ apart behandel.
Net as kort bydrae tot die onderwerp van die week.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skool
Baie hiervan het jy my al vertel, maar as geheel was hierdie sommer 'n baie goeie les om te leer. En lekker interessant en amusant. Ek sien uit na jou 'onnies' bydrae.
4 jaar 7 maande 4 weke 9 ure oud


Ano
Skool
In my opinie het 'n mens slegs twee dinge nodig om 'n suksesvolle bestaan te maak : Vindingrykheid en bereidheid om te werk. Dan sal 'n mens nooit honger gaan slaap nie, en ook nie tyd by die straathoek deurbring met 'n 'God Bless You' bordjie om die nek nie.
4 jaar 7 maande 4 weke 14 ure oud


***
Dankie vir die deel hiervan. Baie interessant Willie.
4 jaar 7 maande 4 weke 17 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar