Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


“Groot geesdrif vir die Apple Watch

Byna 1 miljoen Amerikaners het verlede Donderdag oornag tougestaan sodat hulle ’n Apple Watch kan bestel toe bestellings vanaf Vrydag geneem is.

(...)

Vooraf bestellings is in 9 lande geneem waar die Apple Watch amptelik vanaf 24 April verkoop word. Dit is Australië, die VSA, Kanada, Brittanje, Duitsland, Frankryk, Japan, China en Hongkong.

Dié gretige kliënte sal minstens ’n maand, in die geval van sommige modelle selfs twee, vir hul slimhorlosies moet wag.”


Dié beriggie in vandag [14 April 2015] se Netwerk24 het my onwillekeurig laat terugdink aan die eerste sogenaamde elektroniese horlosies van die vroeë 1970’s – Pulsar; Seiko; Timex; The Black Watch van Sinclair en nog 'n hele paar ander.

Ek sien dat die eerste Pulsar, in 18 karaat goud, destyds teen 'n prys van $2 100 [vandag +-R24 000] bemark is.

Sjoe!

Ewenwel, dit was gedurende daardie tyd dat onse vriend, Jan Burger*, met die spreekwoordelike huppel in sy stap, op pad huis toe was, ná 'n goeie sessie in die Casino daar naby. (Dalk nog vir Sneeuwolf daar raakgeloop...)

'n Entjie voor hom in die straat gewaar hy toe 'n kêrel wat in dieselfde rigting stap. Die man het swaar gedra aan 'n groot tas in elke hand en het elke nou en dan die tasse neergesit om bietjie te rus. Soos toeriste mos maar doen.

Toe Jan by die man kom, kon hy nie help om die interessante horlosie aan sy arm op te merk nie.

Hy stop toe en stel homself voor.

“Mooi horlosie wat jy daar het” seg Jan.

“Ja,” sê die man, “dis een van die nuwe elektroniese horlosies wat ek oorsee aangeskaf het – gee my baie plesier...”

Jan bekyk die vierkantige swart horlosie sonder wysers, maar met syfers wat heeltyd die sekondes afflits.

“Nou wat kan dié horlosie dan als doen?” vra Jan.

“Nee, kyk” sê die man baie trots, “hierdie horlosie wys nie net vir jou hoe laat dit is nie, dit sê ook vir jou wat die tyd is – kyk, dis nou presies 15:47, en met dié 24-uur modus kan jy dadelik sien dat dit nog dag is. Die opwenhorlosie wat jý aan het, wys byvoorbeeld dat dit om en by kwart voor vier is, máár – en dis belangrik – dit wys nie of dit laatmiddag of vroegoggend is nie...

“Verder, deur net hierdie knoppie te druk verander dit in 'n stophorlosie ... en druk jy daardie knoppie maak dit 'n liggie sodat mens die tyd selfs in die nag kan sien. Dan’s daar ook nog die dag en datum wat jy kan sien...”

“Heng, ek is beïndruk” sê Jan en hy huiwer vir 'n oomblik. “Jy wil nie dalk die horlosie verkoop nie?”

“Man” sê die man, “dis vrek duur, maar ek kan altyd weer 'n ander een kry, so, vir R8 000 kan ons besigheid praat”.

“Sjoe!” sê Jan en dink 'n rukkie, “maak dit R7 000 en ons het 'n deal.”

“Top” sê die man.

Jan voel baie gelukkig met dié winskoop – net sowel dat hy nog die geld het wat hy vroeër by die Casino gewen het.

Gretig tel Jan die sewentig honderdrandnote af en oorhandig dit aan die man.

Die man haal die horlosie stadig van sy arm af terwyl hy dit vir oulaas beskou.

“Nouja” sê die man, terwyl hy die horlosie oorhandig, “jy is nou die trotse eienaar van 'n elektroniese horlosie – veels geluk!”.

Baie in sy skik sit Jan die horlosie om sy arm en groet die man met 'n hartlike “baie dankie, my vriend, dit was nou baie gaaf van jou” en maak gereed om aan te stap.

“Net so bietjie...” sê die man “hier is nog die batterye...”

...en met dié gee hy die twee swaar tasse vir Jan...

Eina!!



*Fiktiewe naam.

Vic Viviers
14 April 2015

Nota:
As jy belangstel om meer oor die eerste elektroniese horlosies te lees, sien Wikipedia:

http://en.wikipedia.org/wiki/Watch#Digital



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Batterye
Ja, die tegnologie né?

(Ek het nog nooit so 'n lelike ding gedra nie. Gee my maar net my twaalf syfertjies en my twee wysters . . . ek kan nog self somme maak.)

Baie slim skrywe (weereens!)
4 jaar 9 maande 2 weke 13 ure oud


Ano
Horlosie
Lekker gevang met 'n slap riem. :-)))
4 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


Eina
EINA voorwaar, eish eheh. Gevang met 'n slap riem of issit 2 swaar tasse!
Dankie Vic dit was 'n lekkerrrr-lees!
4 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


horlosies
Dankie vioc sal ons daardie dae vergeet. soos die eerste slefone wat amper so groot soos n baksteen was en n uittrek lugdraad
4 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar