Gorrel

Titel: So gou...
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die afgelope paar dae kon ek om de dood nie by Woes inkom nie. Dalk was Woess ook bietjie met verlof oor die groot dae?

So Gou...

So gou snel die dae, die tyd verby. Met groot afwagting het ek die dae getel dat ek kan huistoe vir die feestyd.
En nou? Na wat soos 'n oogknip, sekondes voel, moet ek vandag alweer my goedjies begin pak vir more se terugtog na Durnacol daar in Natal. Ek gaan nie eens werk as ek terug is daar nie. Moet net daar wees vir ingeval ek benodig word.
Klaar beplan vir my alleen oujaars-aand. Ietsie koud vir die keel in die yskas. 'n Vuurtjie en 'n tjoppie.
Tyd om te mediteer, terug te kyk na die jaar wat verby is, en vorentoe na die jaar wat wag. Geen voornemings nie. Dit word tog binne die eerste week verbreek.Vat die nuwejaar dag vir dag en soos dit kom. Opkyk na bo. Hy sal my en my gesin lei soos Hy die beste weet.
'n Besonder geseende en voorspoedige Nuwejaar en Seeninge by die emmersvol uit Sy hand vir elkeen van julle.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gou
Gelukkig is jy nie alleen as jy by Woes kan kuier nie. Mog elke dag van 2016 tel!
3 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 9 ure oud


so gou
sterkte Jan met die lleen wees op oujaarsaand. Ek glo ons God in die nuwe jaar nodig hê soos nog nooit antevore nie
3 jaar 9 maande 3 weke 4 dae oud


Vlieg . . .
ja, die tyd wil maar net nie stilstaan nie. Maar ons is dankbaar dat ons die onthou kan saamvat ~ oral!

Ons gesels weer voor die Nuwe Jaar . . .
3 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud


So gou...

Janneman, jy moet verskoon dat ek 'mosterd na die maal' is met betrekking tot jou byddrae oor die kersgety. Was kinders toe en eers vanmiddag weer tuisgekom. Maar baie dankie vir jou seënwense!

Van hierdie kant ook geen voornemens vir die komende jaar nie. Glo nes jy dat die Here sal lei en versorg.

As jy so half alleen voel oujaar se kant toe, kan ek jou troos met die absolute versekering dat jy nooit alleen kan wees nie danksy die deurentydse alomteenwoordigheid van ons Trooster!

Mooi soet en rustig bly, hoor!
3 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar