Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is maar die reëls:
Wanneer die dors my ernstig pak ( g’n man met afkoms drink mos alleen nie)
En wanneer sy kans sien –
Nooi sy hom vir Sondag ete.
Die alleen man eet mos nie gebalanseerd nie; dit is nou seun Boeta.
Gewoonlik het hy die Porratjie vir die naweek, dan maak sy groente en poeding en alles wat voedsaam is maar vandag het hy nie die Porratjie vir die naweek nie en hy bring net sy mandjie en braai hout van die plot af en hy en sy ma staan en braai en die twee wissel gedagtes oor musiek en die kuns van elke instrument se speel en ek luister net want trompie speel en bekfluitjie vra nie veel vaardigheid nie en daarom sit ek net by die tafel en hoor aan wat die twee kekkel.

Bella word gepla deur die vleis geur van die kole af en nou en dan loer sy by haar kas uit en ek merk dat sy vandag nie haar bed opgemaak het nie. Ek sal haar moet aanspreek want sy kon ten minste net die kombers reg getrek het.

Boete voel aan dat ek alleen en uitgesluit is en kom nader:
“Pa, die polisie wil die boetie van Oscar Bladegunner nie uitlos nie – hulle wil hom net toesluit.”
Ek is ‘n swak nuushoorder
“Nou wat is die mannetjie se stout wat die polisie so pla.”
“Niks pa, dis die polisie wat in hom vasgery het – hy is onskuldig”

“Okei, dan is dit nou Ierland hier by ons . . .”
“Hoe bedoel pa Ierland?”
“Dis in Ierland waar die Protestant polisieman by die ongeluk aankom en vir die mede protestant drywer vra: Hoe vinnig het die Katolieke vark in jou in reverse?”

Later val iets hom by en toe sy ma na binne gaan om die tafel te dek, kom vra hy:
“Wat hoor pa van die ‘ryk’ ANC bevoordeeldes?”
Dit is nou ‘vriende’ waarvan die vrou hoog aangeskrewe in die ANC is en die ‘vrind’ baat daarby en het glo vliegtuie as handshake gekry. Want vlieg is sy passie.
Stories loop mos maar rond en mens moet nie glo wat jy hoor nie . . .

“Ek hoor die jongste vliegtuig is toegerus met elektroniese toerusting wat van daar bo in die lug na die Aarde kan plot en dan plot die toerusting tot veertien myl diep die Aarde in en sien skatte en olie en diamante en goud en juwele en rykdomme diep in die ingewande van die Aarde en hy prospekteer dwarsdeur Afrika en maak glo nog meer miljuisende en al die swartes grawe met pik en graaf en ry weg met hout kruiwaens . . .
Hierdie toerusting kom uit Amerika en kos glo R8 miljoen.”

Ek sien hy draai-draai-draai aan die vleis op die rooster:
“Pa, ek dink hy is dom.”
“Hoe kan jy nou so sê Boeta, hy moet seer sekerlik baie slim en vaardig wees om die hoog tegniese toerusting te kan werk en dan nog die vliegtuig bestuur ook?”

“Nee pa, dis die prys wat hy vir die toerusting betaal het.
Sien, die Gypsy vrou kom slaan gereeld haar karavaan op hier onder by die Trimpark –
Sy verkoop second hand kristal balle vir net R25.00 . . .”

Ek kan ook nie met die man wen nie –
Hy blaas elke keer my lewens kers dood!


2015/01/11



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

BRAAI
Lekker saam gekuier, Willie. Ek dink die seun het by die pa geleer :-)
5 jaar 1 maand 1 week 1 dag 21 ure oud


Braai
..en pipi op jou battery!
Slaat my met 'n pap snoek...so praat hulle hier.
5 jaar 1 maand 1 week 4 dae 15 ure oud


*
Ag Wolfie, so deur die vertel voel ek die vrede in jou en sy Ma se hart, aan. Lekka, man, lekka!
5 jaar 1 maand 1 week 5 dae 6 ure oud


***
Ek het lekker gelees en hou veral van jou laaste sin.
5 jaar 1 maand 1 week 5 dae 7 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar