Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Terug by die na-week.
Wat kinders nie alles met ouers kan aanvang nie, moet nog uitgevind word.
Waar het die verskil ingekom tussen my ouers en ek?
Luister. Luister mooi. Ek sou durf murmereer, aanvat, bestry, orden, beveel . . . enige-iets teenoor my pa!
Kyk, ’n kind was niks. ’n Kind was minder as niks want daar is demmit 10 van hulle. Een, net een skewe woord en pa of ma gee jou ’n dwarsklap dat die haarkapper cum tannetrekker cum mangels uithaler vir vier ure sal sukkel om jou kakebeen reg te trek!

“Ja, pa. Nee, Ma. Asseblief pa. Dankie, ma . . . anders ! “
Shifting Spanner, F W de Klerk – die moervark, het ’n pragtige vrou gehad. FW was nie haar slippers werd nie en ek bevraagteken die omstandighede van die moord op haar sterk!

Maar sy was ’n wyse mens en ek het die eer gehad om een van haar geleentheids-toesprake aan te hoor en ook die nog groter eer om vir langer as een uur met haar te kon gesels.
Ek het vir haar die vraag gevra en haar antwoord was:
“Willem, omdat ons so swaar groot geword het, wil ons dit nie oor ons kinders bring nie en nou grens ons liefde en goeddunke aan bederf.”

Saak nie maak nie. Kinders stel eise en kinders het verwagtinge en kinders kan soms ook ongenadig wees.
En, uiteindelik, gaan kinders jou in ’n plek van “veiligheid” sit om geklap te word omdat jy jou pap mors.

Dit is die lewe . . . dit is die lot. Ogies vol trane en ’n neusies vol snot en die lewe gaan maar net aan en sy sê:
“Loop sê vir hom hy kan maar môre kom eet, dit is Sondag ek sal kook en almal nooi.”
Sy is ‘n ma en ’n ma weet. Die man, as enkel- loper is van hongerte só beneuk. Hongerte na ma se kos en nie sy selfgemaakte gemors kos nie.

Die herfsjare wemel van vrae. Die meer algemene is:
Hoe maak jy kos vir twee mense?
Hier is die reël: Ontbyt van ’n bordjie pap waarvan daar ’n groot verskeidenheid is want dit gaan meer oor die pille:
Omega 3, bloedsuiker beheer, weekliks die waterpilletjie ( Voete wys wanneer) ag, en dan nog so ’n ietsie hier en ietsie daar, nie juis om oor huis toe te skryf nie maar - geen pil op ‘n leeg maag nie en die dag moet begin met iets lig.
Dit is heel ok, maar vanaand ? sjoe !

Wel, daarom red die kind ook ons lewens – ‘n smaaklike bord kos met groente en sous en vleis en na-gereg en . . . en !

Om die tafel alsó te bekyk, is ’n lus vir die oog en my woorde is: Julle moet STADIG eet, al die bakke moet leeg!
En die atmosfeer is ontspanne en bietjie-vir-bietjie op die vurk en die komende feestyd is die onderwerp en wie moet geskenke kry en wie nie en wat moet dit wees en ek kyk die heerlike skepseltjie vleis met stukkie broccoli in geel kaas sous en bo-op gebalanseer ’n paar korreltjies geelrys met een vet geswelde rosyntjie en ek in die vurk stadig en plegtig en skuif na die kies en byt . . .
En vries van kaak tot toon en die trane skiet soos ’n fontein en ek gryp die kaak . . .
Toemond: “ Nee, . . .neee . . .neeeeee! nie fokken weer nie !”
Ek ek voel die verkrummelde kiestand krummels en betraande oog staan ek op en skuifel gang af, badkamer toe en die Sensidene is ’n sagter buisie wat ek raakvoel en ek gryp enige borsel en warm water en spoel eers en ek sien deur die trane die bloederigheid.

Sy is agter my en raak aan my en benoud:
“Tog nie al weer nie, maak oop ek sien !”

Raait. Sy is voorbereid en die nodige pille en wat-ook al en ek weet hierdie Sondag gaan baie lank en pynlik wees.
Ek kyk die ete verder en probeer om so min as moontlik te steur aan die atmosfeer – wat natuurlik twak is. Die huisgesin lag nie as pa wasbleek met ‘n gebreekte tand sit nie!

Ek steur so min as moontlik en vir aandete Chicken noodles sop. Die Sondagnag worstel ek deur sonder om ’n woord in enige van my Sondag stories te rep maar ek glo die lesers kon dwarsdeur my skrywes sien dat Wollf nie lekker is nie.

Ontbyt kom ek in en gebruik die mikrogolf vir die slapste van slap pap net om die pille mee af te sluk sonder om tande te gebruik.
Maar, liefding dink nie ! Liefding se kopwerk ook nie meer mooi rassioneel nie en die mag van gewoonte tesame met die listigheid van die Duiwel . . .

Met my doen en late, dit weet ek, brand ek my liggaams enjin uit teen hoog spoed. Die geel pille bring my manhood in gedrang en iets anders het die waterwerke se remskoene laat uitbrand!
En . . .
Maandagoggend is waterpille oggend – na die na-week se gesuip en gevreet en gefoefel!
Dus: Brieke moertoe, waterpille skop in en ek moet oor ’n uur in die tannetrekker se stoel vasgekluister sit!

“Liefding, . . . het jy vir my waterpille ingegee?”
Die pilhouertjie bestaan uit klein vakkies sodat geen pilletjie vergeet word nie. Elke dag het ‘n vakkie met die dag se soort pilletjies.
Een ry vir haar.
Een ry vir hom.
Sewe vakkies in ‘n ry.
“Willie, jy kry net jou dosis vir die dag en dit is dit.”
“Ek is nie om-ge-ellie-nie, liefding, ek vra maar net want die hosepipe is oop.”
Die oomblik van stilte. Die oomblik, net kort oomblik van begryp, dan die verdedig:
“Jy speel van ligdag af met water en met jou groente, natuurlik sal jy onbehoedsaam staan en pie!”

“My Engel, ek dink ek moet maar ‘n bottel saamvat . . .”
Sy staan op:
Jy is laf, daar is ‘n toilet, gaan pie eers as die dame jou inroep. Sy kan daai minuut vir jou wag!”

Sien? So maklik soos dit is die ou probleempie opgelos.
Behalwe. Ons leef effe verwyderd. Soos ons lewe, sien sy nie dat die waterpil is regtig ’n waterpil en die pil stuur sy boodskappers die liggaam deur met die opdrag:
“Begin by die geswelde voete en kollekteer al wat water is en vat dit blaas toe!”
En, vanagter die bakhand fluister die pil vir die blaas|:
“Vandag werk ek jou sake boetie!”
Blaas smile maar net. Blaas weet, die prop is lankal uitgetrek en wat inkom, loop net so weer uit! Die naam is mos ; Waterwerke!

Moenie met vroulief wat weet sy het fouteer argumenteer nie !
Ek gaan murasie toe, druk op die kaak wat seerder word met die drukking op die blaas en kan nie uithou nie en sommer by die appelkoosboom haal ek uit en pie en terselfdertyd bel ek die spreekkamer se nommer wat sy my gegee het en terwyl ek sak:
“Môre dame, dit is Willie van Tonder, ek het oor ‘n uur ’n afspraak mag ek vir jou ’n vraag vra?”
“Môre meneer, vra maar.”
Dame, die dame wat saam met Dokter werk, is sy ’n geregistreerde verpleegster?”
“Nee, meneer, hy is ’n gekwalifiseerde stoel assistent, hoekom vra meneer?”

Nou het ek moeilikheid. Nou het ek groot moeilikheid. (Die ‘hy’ steek iewers in my agterkop vas maar maak nie merk nie) Ek weet en ek sien die toneel:
Dit is eintlik eenvoudig:
Ek lê, vas soos ’n gekettingde ding, oopgesperde kake en die dokter met tools, voete, boots en all is binne besig met die tand en die toilet is baie vêr en pie vra nie om te kom nie en ek kan my gat nie lig nie en iemand moet die bottel reghou en . . .
Wel, ek is darem nie lam nie. Ek kan sonder om te kyk darem oopmaak en uithaal en . . . daar bly darem nog die proses van in die bottel insit en . . .
Demmit ! Kan jy nie self dink nie ? Moet ek alles nou staan en uitspel? Hê? Moet ek?

Ek het nood, groot nood en ek moet nou dadelik pie en ek weet nie of die stoel assistente al aan ‘n ordentelike peester gevat het nie ! Die Dokter se hulp is tog sekerlik buite die kwessie!

Wag. Stop, ek lees jou gedagte. Jy is verkeerd! Ek is ’n noodgeval en ek is ingedruk want haar woorde was :
“Mevrou die ark is oop die hele dorp is in die spreekkamer!”
En die Dokter gaan met vakansie en die hele dem land gaan met vakansie en die tand kan nie uitgestel word oor ’n groot pie nie!

“Hallooo meneer, meneer, is meneer daar? hoekom, wat is die probleem meneer?”
Woorde steek vas en ek vra maar net:
“Dame het julle ’n bottel daar in die spreekkamer?”
‘’ ‘n Bottel met wat meneer?”
“ ‘n Bottel vir pie dame, soos in piepie, soos in vir nood . .”
“ Haai, nee meneer, maar hier is ’n toilet wat mense kan gebruik meneer.”

Ek berus: “Dankie dame, ek sien jou netnou.”
Ek loop huis toe om haar te gaan voorkeer. Sy is tog my vrou.

“ ‘Nita, moet jy gaan werk, MOET jy regtig gaan werk? Ek het jou eintlik nodig.”
Met die moet ek spring, dadelik weer spring en sommer na die naby geleë Kumkwart boompie toe en vinnig speel en uithaal en ek pie tot teen die betonmuur drie meter vêr en sy staan verskrik en verstom en die beneuk pak haar:
“Dit is julle gesuipery gister, kyk nou in watse gemors is ek en ek het eksamen vanoggend en is al laat.” En sy draai om en gaan die huis binne en kom terug en gee dit aan:
“Dê, vat, jy het al grappe gemaak oor die ding nou is dit jou beurt !”
En ek herken Babatjie se krimisbox die groot Teddy wat op die bank sit en ek sien dit is die lint wat in ’n strikkie om die Teddie se nek was. En sy loop na haar kar toe en praat in die loop en kyk in die hemel op terwyl sy praat:
“Gaan pie eers en vou die ding dan dubbel en bind vas en gaan lê vir jou tand en vertel die dokter hy moet sy gat roer, koebaai !”

Grappe is een ding en of wat in grappe vertel word en wat in die werklikke lewe kan gebeur, is soms nie waar nie. Almal weet van ledemaat afsterf as gevolg van bloedvloei afbind.
Ek aanvaar omdat ek al driekwart op pad na honderd is, is die lebido lankal weg gedroog. Dit is egter nie te sê dat ek my moet self-skend net omdat sy nie gedink het nie.

Ek wuif nie koebaai nie, maar stap die huis binne reguit na die kas en kry die mooi blou bottel soos bekend van my besering dae af en gaan verwyl die tyd pie, pie en pie en hoop dat die pille sal uitwerk in die halfuur wat nog oor is en omdat die tanneman net om die draai is, wag ek tot nommer 99 en ry.

Ek sal NOOIT weer saam die kind suip nie. Ek sal nooit weer water pille suip nie. Ek parkeer onder die groot peperbome voor die spreekkamers en kry amper nie die deur gesluit nie en moet spring en weet nie waar is die toilet nie en die swart dame wat die karre oppas kom nog nader met haar :
“Kan ek kyk meneer . . ?”
Ek kry net uit:
“Staan opsy vrou !’ en sommer teen die boom se stam haal ek uit en laat waai en ek sien haar net eenkant toe spring en ek hoor:
“Jô-jô-jô !” ek weet nie vir wat sy die meeste geskrik het nie.

Ek kry die blou bottel van die sitplek af, sluit die kar en loop na die ingang en en by die derde kar staan die vrou gesoutpilaar van ‘kan-nie-glo-wat-sy-pas-aanskou-het-nie en ek swaai net die bottel in haar rigting en ek dink sy het gekoes.

By die ontvangs rapporteer ek en moet die vorms invul en ek sit my grend bottel trots op die toonbank neer en die dametjie onthou my en ek murmer net:
“Ek het ‘n probleem niggie, ek het ‘n probleem.”
Klaar ingevul moet ek eers op haar wag want sy het dadelik foon toe gehol en gepraat-en-na-my-gekyk-en-gepraat en beduie en gepraat en toe kyk-kyk vir die blou bottel:
“Meneer, daai deur daar in die gang is die toilet, gaan sit ’n paar minute.”
Ek gaan sit en ek is nie lus vir lees nie en ek sien so skuinsweg in die gang is die deur met die bekende bordjie en ek is tevrede die toilet is naby maar nou is ek nie geworry nie en ek sien die mammie oorkant my met die twee dogtertjies moet vrae antwoord want die kinders wil weet van die snaakse soort bottel wat die oupa in sy hand het en die bietjie sit word lank en die drukking op die seer tand word erger en ek moet spring maar ’n dame moet ook spring en ek verstaan nie hoekom is daar net een deur wat sê ‘Toilet’ nie en nood het nie maniere nie en ek druk die dame weg en gaan eerste in en sien net die klein krippie regs voor en links is ‘n deur van een toilet en ek voel niks en spoed met alles om betyds te wees en nie nat broek te skaam nie.
Ek wys die bottel met die uitgaan vir die geskokte dame wat wag en “askuus’ net.

Die ontvangsdametjie wag vir my en die hele dorp kyk vir die blou bottel in my hand:
“Meneer kan maar deurgaan, tweede deur links asseblief.”
Ek gaan deur die swaaideur en my sien ruk my geheue terug want hy kom my tegemoet met die nou-heupswaaiende-stappie en die armpies in die lug soos ’n biddend hotnotsgod en die slap handjies wat so afwaarts in die lug hang en die piepstemmetjie wat net-net nie wil breek nie:
“ Môre meneer, ek is Pietertjie jou stoel assistent, gee maar die bottel vir my en kom saam.”
En ek vaar moedverloor se vlakte in; om nou nog met ’n skewe enetjie ook opgeskeep te sit en ek volg slaafs, total en totaal in die hande van die noodlot agter hom aan die lêstoel-kamer binne en doen saam aan sy woordlose gebare deur te gaan lê en die deur gaan oop en die grote, massiewe Dokter Tandarts met die hare op sy voorarms kom binne met die selfoon teen die oor en druk die deur agter hom toe en ek hoor:
“. . . Alles reg mevrou van Tonder, moenie bekommer nie ons sal alles mooi beheer, totsiens en mooi dag.”
Hy draai na my:
“Môre meneer Van Tonder, ek is Teuns de Wet en mevrou het my vertel van jou delimma” en hy wend hom dadelik na Pietertjie:
“Ek dink jy moet vir Rentia gaan haal om te kom assisteer dan is jy vry om die oom te help.”
En die dier word ter slagting gelei met pynseer tand en hulpelose toestand en die reus van ‘n Dokter wat saaklik en formeel:
“Maak maar oop oom dat ons kan sien. ”
En my oog vang twee dinge;
Rentia, langhaar, amandeloog Rentia wat op die stoeltjie kom sit met haar deinende borsies en flambojante geur en iets gebeur binne my wese en Pietertjie wat ook ’n stoel nader trek en langs my heupe stoelsit, bottel gereed in die hand en sonder om te huiwer of te vra, oopmaak en homself nie kan inhou nie toe sy yskoue handjie uithaal en hy piep:
“Sjoe, al-la-laaa, my oompie!”

Do. Willie F van Tonder
2012/12/11






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nee-neeee!
Ai ek het nou behoorlik 'n krater vanmyself gemaak hier by d werk soos ek onbedaarlik gelag het! En Vic se rympie is ook puik!
7 jaar 9 maande 4 dae 6 ure oud


Wees bly.
Hahahaha! Wees maar bly jy is 'n man! Het jy al gedink hoe 'n vrou sal moet 'cope'?
7 jaar 10 maande 5 dae 19 ure oud


Jy verdien 'n bogrympie :)

die woesterman wolfie van tonner
het skete van bo en van onner
by die tanneman
pie hy innie kan
ennie bloubottel laat 'n mens wonner

Groete, Vic
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


V
Ja Willie,

Oudword is nie vir sissies nie.

Dink net hoe die slapgewrig assistent die storie aan sy "vriende" vertel het!!
Hie Hie.
7 jaar 10 maande 2 weke 5 ure oud


neeee-e-e
Wille
se pille
'n Oom wat nie kan ophou met pie
Dit vra na giggel of nie?
7 jaar 10 maande 2 weke 10 ure oud


spesiaal
Lekker gelees dankie Sneeuwolf. Raakgeskryf.
7 jaar 10 maande 2 weke 10 ure oud


Aai!
Hoe lief ek my taal nie nou nie! wens ek kon die met my kollegas deel, maar hoe beskryf ek in die addertaal die storie dat dit nie sy kleur verloor nie. Nee wat - ek stuur dit liewer vir my afrikaanse vrinne aan! Dankie vir die lekker lag-dag!
7 jaar 10 maande 2 weke 13 ure oud


Ja-nee
Dinge kan maar lol nè?

Lag ek nou lekker -- goed geskryf!
7 jaar 10 maande 2 weke 23 ure oud


Bottel
Maar daai blou botteltjie lyk vir my 'n bietjie klein Sneeuwolf, maar ten minste weet ons al die pille werk...haha
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud


Ita
piepie dinge
kyk ek skud nou soos ek lag en sal moet werk maak vir 'n blou botteltjie. Kostelik Wille! en daar skrik Willie se Willieman toe so groot en GEWELDIG vir die mooie dame dat hy op aandag is en glad nie meer wil pie nie whahahaha ...wys jou nou net, vra vir die dame 'n foto dan het jy nie probleem tesame met die waterpille nie hihihihi
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


NEEEEEE
Ek dink..... ek dink jy het die hele ding so beplan toe jy daai waterpilletjie gesluk het. Net om daai knapie met die koue handjies se opmerking en verbasing te beleef. Ek wonder of jy nie dalk aspris daai tand gebreek het nie.
'n Opregte Wolfstorie hierie en ek het lekker gelees.
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


.
Ek wonner net hoeveel swaaie jy op daai blou bottel gevat het, terwyl jy hierdie skryfsel uit gekrap het.
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Ne!!!
eers gou die kommentare gelees om te kyk is dit regtig die moeite werd om die te" lang stuk vir my... te lees maar o wee toe ek eers begin lees kon ek nie stop die ek het so gelag.... die is n heerlike storie ek het soooo elkker gelag.. ag my shame die dilemma... hehehe puik geskryf :)
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


Spesiaal vir jou....
Gedink ek gaan net hier en daar lees. Nuuskierigheid het my oorval. n Verhaaltjie waarin ek my kon inleef. Amper soos my verhaal gevoel. Dit was n "lekker" lees gewees.
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud


nee neeee
ek het dit nou so geniet en het so lekker uit die maag gelag 'n meesterstuk voorwaar
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 7 ure oud



Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar