Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Juis in hierdie tyd van terugkyk, na binne kyk, rond kyk, na ander kyk, sien my kyk wyd-uiteen-lopend en ook dit wat knop-in-die-keel maak, raak.
Dit is in my vasgelê om vrae te vra. Saak nie maak wat die geval is nie, ek sal altoos wil weet . . .
Hoekom?
Soort van is hierdie nie altyd billik nie. Dit is nie altyd billik om teenoor die lewe te vra hoekom nie.
Bloot omdat die teenvraag ontstaan:
“Wie moet die antwoord verskaf ?”

Die weemoed breek die lyer aan fodde en skril skreiend, arms uitgetrek, kop te Hemele gerig en uit volle bors kom die vragende week-klaag . . .
Hoekom . . .hoekom . . . hoekom.
Aan wie is hierdie week-klaag gerig ?
Wie moet die vraag antwoord ?

My weeklaag weet ek is oorbodig en nie geregverdig. Maar as nugter mens is ek seker geregtig om graag ALLES te wil kry.
Dit is ‘n gegewe: Niemand het alles nie. Iemand het dit meer as ek, ‘n ander het dat meer as ek maar niemand soos in niemand het ALLES nie.

Elke mens het naastes. Sommige is nie bloed naastes soos kinders en of afstammelinge nie, maar wel in wese naastes waarop liefde uitgestort kan word.
En wie is nie uitstoot-bors-trots om hierdie geliefdes met liefde, nederige dankbaarheid te bestrooi.
Ek is sondig. Ek is nie volmaak nie.
Julle het haar stem al gehoor in van die opnames.
Ek weet nie hoe om te reageer nie. Ek weet nie hoe om my emosie te beteuel as ek net aan haar dink nie. Nie ‘n dag gaan verby sonder ‘n inloer, ‘n drukkie, ‘n . . .
Sy swot pre-primêre onderwys en dit gaan goed behalwe met die disleksie – taal, skryf, lees.
Die tekort gee die pa aan die dogter en die ma aan die seun. Haar pa is total en totaal afgeskakel wat lees, skryf en spel betref.

In haar verweer iss sy só opreg eerliken naïef:
“Oupa hulle verstaan nie wat ek skryf as ek skryf soos ek kan nie.
Wanneer ek skryf soos hulle wil hê ek moet skryf, verstaan ek nie wat ek self skryf nie.”

Met benoud in die hart bewe sy:
“Oupa, ek proef vanaf Maandag by ‘n skool.”
“Gaan. Moet aan niks dink nie, vra vir jou begeleier wat moet jy doen en volg net jou kop.”
Die aand>
“Oupa, dit is ‘n swart skool en die taal is ENGELS!”
“ En toe , kinta?”
“Oupa die juffrou wat my moet check, het sommer die klas verlaat!”
“Dit is omdat sy gesien het wat ek geweet het. Die Here het jou gelei na hierdie skool, hier gaan julle mekaar leer – wat die regte ding is om te doen.”

Vandag wil Die Hoof van daai skooltjie niks weet en het hy haar al belowe dat sy by sy skool ‘n pos sal kry.
Maar
Daar is eksamens om te slaag en net daar kom die kinkel in die kabel en die Liewe Heer sal moet Help.

Ek wys van haar gawes:
Die Stelsel reken sy het skoonheid en ek gooi wal ( vir eers).
Ek weet sy het een of ander bo-menslike visie. Sy is abnormaal meganies en kan enige ding uitmekaar haal, die fout diagnoseer, herstel en en presies weer terug sit.
Sy doen enige Puzzle in verstommende tyd soos ‘n masjien.
Sy doen nou een wat glo nog nie gedoen is nie. Die ding is al die skakerings van grys en kyk maar en sien of jy kans sien om dit te doen.
Die Groot Vyf is geskilder deur ‘n bekende diere skilder en Minette is besig met die laaste een van die reeks van vyf en nog twee of drie ander met Michelle as die trotse besitter van hierdie reeks Meesterstukke.
Die goggas is in haar kamer, monster, skilpaaie . . wag, netnou gril julle vir die bord-groot-swart spinnekop met pote dikker as my vingers!
Die Allerhoogste weet
Die Allerhoogste gee
Die Allerhoogste lei
Met my arms wyd na bowe
Is ek dankbaar
En Lowe-Lowe-Lowe
HOM.

Willie F van Tonder
2012/12/17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy mag maar.
Jy mag maar baie trots en dankbaar voel, Willem! Dankie vir die deel.
7 jaar 10 maande 1 week 2 dae 1 uur oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar