Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hey . . .
Woes is ‘n gesinsblad okei . . .!
Op ‘n gesinsblad kan ons sorgvry met mekaar praat ; as jy dus nie oor jou sorgevry wil praat nie, is dit jou saak.
Ek gaan nou oor myne praat en jy kan maar gerus wegblaai
Koebaai.

Alewig moet ek aanhoor:
“En wat het jy die heeldag gedoen?”

Woes is te klein om op te teken wat ek alles vandag gedoen het maar ek sal in die loop so ‘n paar noem.
Die eerste een is – ek het verlang.
Ja, mag ek maar verlang hê, mag ek ?
Ek het niks in my kop gehad nie totdat Boeta stop vroegoggend.
Boeta het bok geslag.
(Ek is ‘n eks Bokryer en ek eet ook bok!)

Ek het ‘n klein sagie en gereedskap om sommer hier by die huis op te sny – sommer so in die garage en dis waar die verlang vandaan kom.
Sy moes haar kar uit die garage trek sodat ek kan werk en net daar strike die gemors die fen!

Dit is ook sommer die kar se verjaarsdag vandag - 8 Junie 1984 toe bel die verkoopsman Louis van Tonder my:
“Willie, haas jou ek het ‘n Woensdag kar ingekry!”
Dit was toe die wit Creseda en dit is vandag 30 jaar gelede en weet jy hoeveel kilometer het hy op sy klok?
No ways, jy lieg jy weet nie ek het gaan kyk . . . 108489 !
Maak jou somme – net oor die 300 kilometer per maand.

Dit is waar die verlange inkom.
Laat ek eers my trane droog –
My werk was konstruksie en konstruksie vereis bakkies nie karre nie maar toe is die huisie by die see daar onder by die Suidkus – Scottburgh en die kinders kan nie agterop ‘n bakkie ry nie.
Dis toe dat Louis my bel van die Woensdag kar en daar sien julle hom. Pure spiekkerish!

Ons het die huisie al verkoop want die kinders wil wyer loop as elke keer dieselfde pad en foto 2 se groen golwe bring sommer die trane en ek het moeilikheid; ek werk met vleis en ek huil dat die sop spat . . .

Hulle sal baie wonder en gis wat gaan deesdae met die sout aan dat dit so sterk is. Ek sal mos nie vertel dat ek geween het van verlange oor ‘n foto toe ek met die vleis gewerk het nie !

Kom nou
Almal in ‘n koor tesame
Wens geluk vir Creseda met sy verjaarsdag.
(Of is hy ‘n sy?)
Wag, dis ‘n gesinsblad hierdie – laat ons nou nie hieroor redekawel nie!

Stuur asseblief faks nommers – ek sal vir die nuwe dame – Rita – vra om vir elkeen ‘n bok tjoppie te faks !

Willie
2014/06/18

Jy vra wat doen die bottle Sprite
1. Dis die mix saam met die Appelkoos
2. Ek werk alleen en trek die plastiek sakkies daaroor vir maklike hantering wanneer ek verpak
3. stem saam - ek is 'n ou bokslagter !
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verjaardag
Veels geluk met haar verjaardag! (Mens verlang maar altyd na die see en 'n plekkie waarheen jy gereeld gegaan het) Vir die sterk sout het ek min raad....
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 11 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar