Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Hoe plant mense voort ? Weet Tannie ?” vra Pietie van Salomien my met so ʼn aspris uitdrukking in sy bruin ogies. Die kastaiing sproete op sy gesig is gekamoefleer met blertse tjoklit strepe. Salomien het opgespring en is met haar voorskoot oor haar kop die huis in. Ek kyk die mannetjie al lank. Hy is ʼn pestilensie. Ek het voordeel. Ek kan vinnig storie maak. Wat sê jy vir ʼn alleen kind wat waarde het.
Ek sê : “ Jaaa ek weet, moet ek jou vertel ?”.

Hy lyk selfbewus en half uitgevang en gaan sit op die stoep trappie met sy rug na my. “Okay Vertel !” sê hy maar die stemmetjie is nou bietjie skor en sy bak ore staan rooi uit onder sy keps.

Ek steek ʼn sigaret aan en vat ʼn paar diep trekke, terwyl ek my storie agtermekaar kry. Pietie skuif van boud tot boud maar hy sit.

“Ai Pietman, dis nou vir jou ʼn interessante besigheid hoor. Jy sien, mense is mos maar soos Bome. Jy kry mannetjies bome en vroulike bome. Die manlike bome het penwortels. Die vroulike bome het baie vertakkings en ontwikkel volgens seisoene, verstaan jy ? Hulle blom en is kleurvol en hulle dra vrugte.

Salomien staan binne agter die gordyn en afluister. Ek smaail en beduie sy moet stil wees en luister.
Pietie van Salomien sit en dink diep aan die nuwe kennis. “Ja maar hoeee plant hulle voort ?”

“ Dit werk min of meer so,” begin ek weer. “ Die vroulike boom kan eers voortplant as sy by die bloeiwyse stadium gegroei het, en die manlike boom skiet dan saad wat hy by haar inlê in vrugwater, soos canfruit, verstaan ?. Die saad vat dan so nege maande om in ʼn klein mensie te verander. Dan gaan dit af met die waters van die geboorte kanaal die buiteland in, en land sonder ʼn blaar om sy skaamte te bedek, in die wêreld.

Die klein boompie word groot onder die skaduwee en beskerming van die groot bome. Daarom moet ʼn mens ʼn boompie buig terwyl hy nog ʼn jong lat is. Sodat hy in die regte rigting kan groei.

Groot bome moet ook nie te naby mekaar groei nie want die een kan die ander verstrengel. Dan het ʼn jong boompie net die skaduwee van een boom. Die manlike bome is gewoonlik hoër as die vroulike bome om die wind en storms af te keer. Jy het mos seker gehoor dat mense sê : ‘Ja jong, die hoogste bome vang mos die meeste wind.?’ As jy wil groot staan in die lewe, moet jy die winde van verandering kan staan.

Kinders het die selfde lyke- en- geite as hulle voorsate. Die appel val mos nie ver van die boom nie. Soos jy Pieta, Jy’t bietjie roes opgetel kleintyd soos jou Pa. Dit maak van jou ʼn spesiale unieke weergawe van die Pletzen familie .
Seker omdat mense so baie soos bome is dat ʼn mens van die geskiedenis van jou familie praat as die ‘Familie Boom, of jou ‘Stamboom’?

Jy kan ʼn mens se jaar ringe tel deur hulle plooie en rimpels te tel of in hulle oë te kyk. Die oë is die spieël waarin jy kyk as jy jouself wil sien.

As bome oud word droog hulle uit en dele van hulle word gesnoei. Dan later word die lang bome in jou bos uitgekap deur die man met die sekel. Die opening waar die boom gestaan het, is eers maar lelik in die begin, maar naderhand groei daar nuwe grassies en die oop kol laat die helder sonlig in vir die groei van die klein boompies.

Mense vergeet nooit daai ou lang bome nie want die hout van die boom leef is nog steeds bruikbaar. Sommige bome word meubelstukke, ander dak balke en ander vuurmaak hout. Maar nie een boom se lewe is verniet gewees nie. Dit kan ek jou sê. Sommer binne ʼn paar jaar staan daar ʼn boom wat al hoe meer na die ou boom beginne lyk, en so plant ons voort.”
“En dit Pieta is al wat ek weet, nog iets wat jy wil weet ?” vra ek maar ek kry geen antwoord nie.

Hy kyk oor sy skouer en glimlag wyd toe kyk hy weer voor hom en verwerk die inligting. Dit was ʼn goeie storie. Salomien gooi my ʼn glas wyn en oorhandig dit woordeloos, soos n dankoffer , met beide hande. Sy sê ook niks maar ek sien sy maak haar beddings nat en sy tel die jaar ringe in my oë.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ware pedagogika
'n Ware pedagoog/-gogin gee die kind dit wat hy nou wil hê en kan begryp, dws. moet kry (eers krabbel dan loop!). En nie een of ander mis uit 'n edumakatiewe handleiding deur 'n klomp steriele oujongnôiens van beide geslegte nie, nie 'n propaganda van enige ministerie nie, nie 'n reklameteks van enige multikontinentale kommersfirma nie (geen vleis vóór die eerste tandjies nie!). Dit wat uit die eie buik en hart kom het meer opvoedkundige waarde as 'n duisend bladsye teks uit 'n wetenskaplike handleiding. En juffrou Bettie se voet in 'n visblik.

So 'n storie sou ek NOOIT vertel het nie. Dis nie my aard nie. Maar ek ken ook nie vir Pieta en Salomien en die stoep en die smaak van die sigaret en die boom en die wolk en die tyd van die dag en die seisoen nie. En honderd ander omstandighede nie. En dis jou storie en dis waar. Wat kan nog gesê word?

My aangebod van 'n aanstelling in my pedagogiese sielkundige laboratorium staan nog altyd.

Of liewer by enige normaalkollege van jou keuse as jy eendag oud sou word.

Groetnis fanToom
6 jaar 7 maande 2 weke 19 ure oud


***
Ek begin toe lekker lag toe ek die opskrif lees.

Ek dink die outjie gaan 'n rukkie moet herkou aan daardie lang verduideliking :))
6 jaar 8 maande 5 dae 12 ure oud


Voort
Nee kyk, hierdie was n voorslag verduideliking! En sommer vol filosofie ook!!! Well done.
6 jaar 8 maande 5 dae 18 ure oud


en,
Ek weet mos Juffrou Bettie het die tema formeel by die skool aangeroer... en ek weet n storie word beter onthou as die waarheid...en ek het gedink daaar is baie waarheid in my storie
6 jaar 8 maande 6 dae 1 uur oud


Sneeuman
Dis hoe my kop ingeslaan het, en dit is dit.
6 jaar 8 maande 6 dae 1 uur oud


Tannie . . .
Dadelik kom drie dinge by my op:
het hy nie later gevra of die mense dan nie meer sex maak nie ?
Sou dit nie beter gewees het om te verduidelk:
Om voort te plant is maklik:
Loop koop by die kwekery sterk plantjies voort - maak seker dit van die soort wat blommetjies maak want daar is twee soorte voort.
Dit groei mooi langes die lei-watervoor en plant dit sowat een meter uit mekaar
Of
Loop vra jou pa, hy voort baie en is nooit by sy huis nie !

Ek sê maar net omdat ekself vergeet het.
6 jaar 8 maande 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar