Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Min dinge is werklik nuut.
Alles is egter altoos inspirerend en aanhoorbaar.

Dis ‘n gawe om iets te fabriseer of uit dink. Dis heerliker om ‘n bekende net ‘n nuwe baadjie aan te trek en weer ten toon te stel en ek doen dit sonder om te bloos:

Slim is nooit dom nie.

Dis stil in my haarkapper se salon. Ek hou Piet egter dop; die een oog is altyd op sy werk wyl hy my hare sorgvuldig knip en die ander oog kyk altoos skuinsweg by die deur uit.

Ek is besig met ‘n storie en hy briek my:
“Willie, hou eers jou storie en check hierdie een; jy het in jou lewe nog nooit dom gesien nie –”
Ek draai my kop en sien die opgeskote seun stadig die salon binnekom. Hy vryf sy hande soos ‘n verleë mens sy bedel lyftaal gebruik en sy tong sleep effe:
“Môle oom Piet . . .”
“Dagsê Hennie . . .” en Piet stap na die geld laai en haal uit. Ek sien hy hou albei hande met die palm na bo vir Hennie uit en Piet sê bot:
“Kies Hennie . . .”

Ek sien Piet het in sy een hand ‘n Vyf rand muntstuk en op die ander handpalm lê twee Twee rand munte.
Hennie talm nie ‘n sekonde nie maar gryp die twee Twee rande en met ‘n stomp “dankie oom” verlaat hy die salon.

Piet gaan voort met my hare en sluit die gesprek af:
“Willie, waar dink jy gaan die dom laaitie se lewe hom heen lei ?”
Ek is stil wyl Piet my afstof en ek groet hom met ‘n "dankie". Ek is ‘n maand betaler.

Ek stap na die hoek kafee vir die oggend koerant en loop in Hennie vas wyl hy uitkom met ‘n roomys in die hand en ek kon myself nie keer nie:
“Hennie, verstaan jy dat Vyf rand meer geld is as twee Twee rande?”

Hennie gee die roomys ‘n lang lek en kyk na my met een oog toe:
“Ek weet oom – maar as ek die Vyf rand vat, is die game verby!”


2015/04/17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Dom
Applous vir daardie een! En nou wonder ek wie is eintlik die domme.... hahahaha
4 jaar 7 maande 5 dae 18 ure oud


Dom
Daar het jy dit! En wie moet ek nou dom noem?
4 jaar 7 maande 5 dae 23 ure oud


:-)
hehe . . . toe glad nie so dom nie!
4 jaar 7 maande 6 dae 15 ure oud


***
:))
4 jaar 7 maande 6 dae 23 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar