Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek gaan nou afsluit met my ‘slim’ stories.
Die volgende een, is ’n heerlike ‘huil’ (?) vir die dames.
Wag, eers net ’n slukkie koffie…

OK. Tegnologie.
Hierdie is nie ’n ‘klip innie bos’ een nie. Diegene, wat weet van, sal ek verskoon.
Die rekenaar en die geheue skyfie. “ Memory stick/chip”
Die goed word van materiale gemaak. Daar is al verskeie.
Nie een is tans nog die ideale een nie.

Wat van ’n organiese een ?
Hoe nou?
Ek belowe. Die slim Jannies werk aan ’n organiese geheue skyf.
Die brein is tog organies.
Die rekenaar is net ’n goeie getroue slim slaaf. Hy voer net opdragte uit en kan die opdraggewer help; Selfs op die regte pad plaas.
Die brein is dus nog verhewe bo die rekenaar.

Nou is daar ’n plan, ’n heel werkbare plan.
Hier moet jy nou eers sit en ontspan. Luister kalm.

Die dae van familie portrette, dagboeke, boeke en geskrifte, foto’s, alles rondom die menslike bedrywighede en kennis, se berging en bewaring, raak klaar.
Elke lopende siel sal ’n bakkie/ houertjie, vloeistof/jellie, kan kry.
Jy gaan rustig met jou koppie koffie in die leunstoel sit.
Met so ’n rekenaartjie, elektrodes, teen die voorhoof vas en die rekenaartjie is die tussenganger tussen jou brein en die vloeistof, mag jy maar begin om jou geheue vrye teuels te gee.
Kom, ek vertel jou, prentjies, foto’s, gesigte wat jy gesien het, stories, geheime, oupa, ouma; Toekoms beelde, patente waaraan jy dink, alles. Heeltemal alles wat deur jou kop gaan.
Dit gaan in die organiese geheue stof in.
Nou ? Wat daarvan ?

Maklik. Dit kan enige tyd weer aan ’n rekenaar gekoppel word en op beeld, kan alles terug gespeel word.
Dan ook die vogende; Luister mooi :

Daar is ’n boompie in die tuin. Maak net seker dat die boompie van ’n soort is wat baie oud kan word.
Gaan ent die boompie met die organiese geheue stof en siedaar.
Tot in die jaar toet, onttrek die nuuskierige net van die boompie, voer dit weer vir sy rekenaar en Whalla!

Hy sien alles op beeld wat sy oorlê pappie gesien, beleef, aan gedink en gedoen het. Alles!

Skud jy jou kop ?
Moenie.
Ek het vrede. Ek het jou vertel.
Ek het net één probleem. Dit is ’n gróót probleem.
Niks sal weggelaat kan word nie.
Dink net hoe gaan dinge verander.
Kop lesers – Shrinks, Sielkundiges, Leuenverklikkers, al daai soort van dinge, gaan stop. Klaar. Verby.

Dan ook, die ergste; Ek meen:
Daardie privaat genietinge, geluide, sensasie, alles.
Alles wat deur jou kop gaan tydens opname.
Klein kinders gaan tot die trippel ‘X’ movies sien en beleef en hoor!
O’ Demmit.
Ek is bly ek is besig om my ‘Welcome’ op hierrie aarde te oorskry.
Ek meen, try maar; Try om memories in jou kop. te ‘delete’ !

Een sinnetjie gaan beslis waar word in die mens se dink, doen en late.
(Dit is nou as daar so ’n onheilige gedagtetjie opkom)
Almal het hierdie woorde, een of ander tyd, al aangehoor:

“MOENIE EERS DÁÁRAAN DINK NIE !”

Wat ’n wonderlike, skoon, rein, onbesmette, euwel lose lewe, wag vorentoe!
Slim Prokureertjie, jou plekkie gaan ook leeg word.
Die hof gaan op beeld, op die groot skerm, sien, alles sien, terwyl jy, die aangeklaagde, met die konneksies aan jou kop vasgeplak, in die bank staan.
Heil die leser!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tegnologie...
Jy dink darem die ongelooflikste dinge uit, Willie...my brein funksioneer nog na wense en ek sal nie graag soos 'n robot met 'n skyfie iewers in my wil rondloop nie...dankie, my tyd is ook amper uitgedien, maar dit klink heel interessant!
8 jaar 7 maande 3 dae 18 ure oud


plasma
Jare gelede het ek iewers gelees dat hulle in waterplasse iewers in Alaska ontdek het dat daar meer data in een of ander iets in die plasma op die waterborrels meer data is as in al die geheue banke van die wereld se rekenaars.
8 jaar 7 maande 4 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Geweeg

    deur Manie Jackson

    Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar