Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op die Radiostasie RSG is daar tans ‘n middag verhaal – om 14h45.
Die naam is: Die verdwyning van Mina Afrika.

Ek sien myself as storie verteller en wel met ‘n passie vir die waarde daaraan om stories reg te vertel.
(Dis dan ook my reg – dan nie ?)

Juis daarom heg ek baie groot waarde aan ander storievertellers wat stories kan vertel op ‘n wyse dat die storie my gedagte bind.

Hierdie Zuretha Roos vrou is die skryfster van hierdie middag verhaal en sy doen dit wat die meeste skrywers begeer om te kan vermag –
Sy ruk alle luisteraars tot hulle sinne.
En dat dit nie hier moet ophou nie maar “stomp” sal eindig en sal vervolg in ‘n tweede deel:
‘Die verskyning van Mina Afrika’
Is my eie begeerte en bespiegeling

Vir my is Zuretha Roos onbekend maar hierdie verhaal van haar het vêr-reikende gevolge .
Sy kry dit reg om mense te stop in hul roetine en eers voor die Radio tot stilte te kom.
Sy kry dit reg die verhaal te laat skitter met meer skokkende punte dan ‘n ster aan die hemel.

Ek glo dat duisende nie kan wag om die boek te koop nie opdat die verhaal erg verwond word deur knip en alles nie in die Radio deel vertel kan word nie.
Eben Cruywagen wie die verhaal vir die Radio verwerk het, moes eenvoudig die skêr diep inlê om die hele boek in vyftig deeltjies van net tien minute uitsendings in te pas.

Die hoofrol van Mina word vertolk deur ‘n absolute wonderlike en begaafde mens –
En ons gaan haar blykbaar verloor.

(Klik gerus op die skakel onder aan hierdie skrywe en lees meer oor Simonè Benjamin)

My punt is dat daar werklik vergoeding is in die Kunste en dus ook in storie vertel.
Kom net uit met iets fris, vars en verkwikkend en gee aandag aan jou manier van vertel – dit is die kruks

Nou:
En dit maak vir my kriewelrig aan my binnekant –

Enige verhaal moet eindig
‘n Goeie verhaal moet eindig met . . .
Die leser lees die laaste sin of twee.
Die leser se ‘mind’ en oë verstil en die leser se oë word glasig van verstar en sien nie meer die letters raak nie –
Die leser uiter ‘n sagte skok :
”Sjoe !”

Ekself verkies dit as die skrywer my kan onbeheersd met ‘n: “:Blixem!”

Dit is nou my worry >
Gaan Zuretha dit regkry of gaan dit eindig met die ou heerlike :
“En hulle almal lewe gelukkig tot in ewigheid!”

Zuretha betree -
Zuretha raak aan ‘n baie sensitiewe deel Suid Afrika –
Sy betree die Ras veld en juis die meer sensitiewe deel – die blanke ras veld.

Daar is ou-ou waarheid:
Indien ek niks aan ‘n saak kan doen nie – laat selfs die gedagte daaraan maar gerus verby gaan.
Ek kan tog niks aan die weer van môre verander nie – dus aanvaar en berus ek myself by wat ook al die geval môre sal wees.

Wat my na die ding van ras toe neem >
Net in my eie lewens geskiedenis kan ek herroep van Regeerders wat manies oor ras was. Hitler het soos baie ander voor hom, ook persone van ander nasies, tot die uiterste gegaan om ‘n suiwer ras na sy persoonlike voorkeur te bewerkstellig – iets soos mense met blonde hare en blou oge.

Tyd het anderste gehandel soos die geskiedenis bewys het.

Vandag sit die stoere Duitsland met die Turke en die Turkse kinders word saam met die Duitse kinders groot –
Wat gaan oor honderd jaar die situasie wees?

Tyd is ‘n blixem waaronder die mens en sy wense en begeertes nietig staan.
Daar is mense wat hulle verlaat op geloof en die sogenaamde straf en gevolge wat sal plaasvind indien die ras reëls oortree word –

Die verhaal van Mina Afrika speel af in die jare sestig en voor dit en wel deurdat ‘n blanke kleurige baba gebore is uit ‘n bruin kleurling meisie.

Tyd . . .

Dit is vanjaar sowat driehonderd en sestig jaar gelede dat volgens vertelling die eerste mense met ‘n wit kleurige vel hier aan die Suid punt van Afrika geland het.
Hulle was egter nie almal mooi wit-wit nie -
Mense vanaf Frankryk en prentjies wys van die Franse was baie donker van vel kleur.
Mense van Spanje en Portugal had donker gelaat en donker hare.

In hierdie driehonderd en sestig jaar het baie van die bevolking se velkleur verander.
Wie kan vertel wat in die volgende honderd jaar gaan gebeur ?

Daar is wel plekke waar geskrifte lê. Geskrifte wat vertel van familie geskiedenis, familie afstammelinge en afkoms.

Hierdie geskrifte is slegs statisties en praat van :
Willem Frederik van Tonder getroud met Maria Magdalene du Plooy met vier afstammelinge . . . .
En so gaan die statistiek voort.
Nêrens word getuig dat :
Die hupse ou Willem het en een aand goed getoor, van die drinkplek gekom en in die kombuis, die donker slawe meisie met haar uitlokkende stewige boude, blatant oor die tafel getrek en sy luste vrye teëls gegee het.

Andersom; dit word ook nie vertel dat die ou Willem was baie bruin of donker van gelaat met donker oë nie -

Dit is bedekte ras goete soos hierdie wat Zuretha aanraak en dit gaan vir haar Rande in die sak bring ten spyte van die feit dat sy eintlik maar net ‘n mooi storie baie mooier wou vertel.

Of is dit omdat daar ‘n saadjie geplant word van:
Loop daar nie iewers in die Noordkaap iemand met bloed van my bloed nie ?
Of
Indien hierdie nuwe karakter – die Konstabel – van die Vrystaat af vir Mina Vrystaat toe gaan vat en ek kom juis van die Vrystaat af, daar waar die du Plooy en van Tonders vry lopend was . . .
Dan kan ek ook mos maar ‘n ‘half-breed’ wees !

Hel,
Moet ek nou worry?


2015/07/22

http://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=&esrc=s&source=web&cd=1&cad=rja&uact=8&ved=0CCIQFjAAahUKEwjGrdeJgPDGAhXLB9sKHalLB5U&url=http%3A%2F%2Fwww.rsgplus.co.za%2Fboeke%2Fdie-verdwyning-van-mina-afrika&ei=0TWwVYaBJsuP7Aapl52oCQ&usg=AFQjCNFEjEop_DEhvD-q_SskL8L2lwMQsQ&bvm=bv.98476267,d.bGQ




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Worry . . .
ek dink ook soos oom Vic.
3 jaar 10 maande 2 dae 8 ure oud


Mina
Niks te worry nie Wolf, want al sit hulle jou in 'n yellow polka-dot vel sal jy altoos die Wolf in gees en vlees wees. Lekker interessante skrywe hierdie en daai storie mis ek never as t nooit. Dankie tog vir potgooie!!!
3 jaar 10 maande 2 dae 21 ure oud


***
Interessant, Willie. Niks te worry nie, man -- jy is wat jy is.
3 jaar 10 maande 2 dae 21 ure oud


Teling
Die Fransman Arthur de Gobineau word as die vader van die rasseteorie beskou.
https://nl.wikipedia.org/wiki/Arthur_de_Gobineau#Bah.C3.A1.27.C3.AD
3 jaar 10 maande 2 dae 23 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar