Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dit blyk te wees dat sommige dinge sonder ʼn hart in die wêreld gekom het en weet blykbaar nie wat die verskil tussen plesier en frustrasie is nie. Wanneer buurman en die brakkie-ding horende doof en siende blind is vir die werklikheid van ander se gevoelens, kan dit nogal ʼn konsternasie afgee. Met tyd het ek geleer daar's net een medisyne wat goed werk en dit is twee dosisse yswater in sy bakkies. Die arme brakkie kyk grommend met skeel ogies na hierdie houer in die hand. “Wat besiel jou om my te staan en nat gooi. Wat het ek gedoen om so afgekoel te word?”
“Brakkie as jy nie so mooi verstaan van mensedinge nie, is jy nou besig om op ʼn baie tere plekke iets te laat ontlont. Die volgende keer ou brakkie, as jy dink jy kan my weer in die nagtelike ure die bloeddruk laat kook en die hoenders in maak, gee ek vir jou ou kleine brakkie weer van daai yswater medisyne van my. Jou sports sal tot ʼn einde kom wanneer jy hierdie antie met haar medisyne aangestap sien kom. Weet verseker dit sal baie goed wees om liewers "TJOEPSTIL" te bly sonder ʼn besoek aan die spreekkamer, as jy weer die son wil sien opkom.

11/09/2015 om 19h17.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tere plekke
Goed geskryf.
3 jaar 9 maande 3 dae 23 ure oud


Tere plekke om iets te laat ontlont
Daar is entlik 'n baie maklike oplossing vir die probleempi. Sakel jou buurman elke keer wat sy brakkie blaf en vra of alles reg is by hom want jy hoor sy hond blaf verskriklik.

Dit gaan netmy verstand te bowe dat mense nooit hulle eie hond blaf nie.

Is dit nou wat jy noem "selektiewe" doofheid
3 jaar 9 maande 6 dae 2 ure oud


Tere plekke
Hehe, heerlik gelees en baie goeie raad gekry!!
3 jaar 9 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


brakkie
hou van hierdie een arnold. Ongelukkig gaan dit nie hier werk nie want ons hetv n hele koor.
3 jaar 9 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


Tere plek
Wat my verstand te bowe gaan is dat so brak die heelnag kan aangaan sonder om moeg te raak vir homself
3 jaar 9 maande 1 week 1 dag 19 ure oud


Brakkie
Jare gelede het ek gedoen wat Evelyn voorstel. Na die derde nag het ons nooit weer daardie keffende brak gehoor of gesien nie.
3 jaar 9 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Brakkie
Ooo ekskuus ek wou nog se my innigge simpatie. Ek verstaan eintlik baie goed jou dilemma. Goed geskryf het dit baie geniet.
3 jaar 9 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Brakkie
Gelukkig het ek nie daai probleem nie. Ongelukkig as my "BRAK" 2 uur in die oggend blaf beweeg 2 figure blitsig na die kluis, elkeen met sy eie sleutel net vir ingeval die ander een nie syne het nie. Ons dogter weet as sy wakker word en die hond blaf moet sy stil in haar bed bly le en wag tot een van ons 'n draai by haar kom maak.
Manlief durf dan gewoonlik die nag in. Maar het gelukkig nog nooit iets meer ernstig aangetref as 'n rinkhals of 'n pofadder nie.
3 jaar 9 maande 1 week 2 dae 4 ure oud


tere
Hulle verstaan nie ons taal, skakel die eienaar en blaf 2uur die oggend in sy oor. hehe
3 jaar 9 maande 1 week 2 dae 5 ure oud


brakkie
Ja, dis onmoontlik om te slaap as die brakkies so aanhoudend blaf. Hulle moet ASSEBLIEF tog net slaap wanneer ons probeer slaap :-)
3 jaar 9 maande 1 week 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar