Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here, ek het vandag opnuut tot die besef gekom dat U, ten speite van die feit dat ons nie altyd U teenwoordigheid in ons daaglikse lewe kan voel of raaksien nie, U beplanning vir ons lewens so goed bedagd was dat u selfs die Bybel in 2 “Testamente” vir ons verdeel het.

Dis toe dat dit my tref dat U ons so lief het dat, toe U besef het dat ons U wil vir ons repudieer in U eerste Testament, U in liefde besluit het om U Testament te verander deur U Seun te stuur om te betaal vir ons sonde en so seker te maak dat ons ook eendag uit U testament sal erf.

Here, leer ons om in liefde U Testamente te raadpleeg en U nie as ‘n veroordelende Vader te sien nie sodat ons daaruit U wil vir ons lewens kan raaklees.

Amen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

testament
Nogtans nie soos ons wil nie maar soos U wil. Mooi gebed.
4 jaar 2 maande 13 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar