Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek beveel aan jy blaai maar liewer weg.
Thanks.

Woordverwerker lewer kommentaar by die bydrae.
Kommentaar oor ‘n Afrikaanse tendens wat onrusbarend, kommerwekkend, selfs tragies is - Adderlikheid.

My inleiding in die bydrae gaan oor taal en my skryf wek gemoedere op en dit is eintlik onnodig. ‘n Taal kan alleenlik tot niet gaan wanneer ‘n volk uitsterf en hier is dit nie maklik moontlik nie.
Afrikaans in Suid Afrika is nie kleur gebonde nie. Ek maak ‘n punt daarvan om in bymekaarkom plekke soos ‘n inkopiesentrum (Mall) nader te staan as mense praat.
Sonder uitsondering word Afrikaans wyd gepraat deur alle vel kleure van die mense.
Die akademiese voorskrifte vir die taal sal wel die soeklig trek en ek is een van die wat glo dat ‘n taal lewend is en ‘taal-sondeloos’ vatbaar vir verandering, verbuiging en self vermenging is juis as gevolg van ‘n tekort aan die presies regte woord.
Ek is van mening dat Engels die enigste taal op Aarde is wat alleenstaande kan regkom – daarom dat dit beslis die wêreld taal is en die bewys is die hoeveelheid Westerlinge in die Ooste soos in China wat betaal word om die kinders Engels te leer.
China met meer as 300 miljoen mense wat Engels sprekend is, is die grootste Engelssprekende land in die wêreld. Tesame met Wiskunde is Engels aldaar die belangrikste vak in alle skole.

Dan (effe polities) infiltreer die Chinese die meeste belangrike lande op groot skaal.

Wat Afrikaans uiters uitstaande en, na my nederige mening, on-sterfbaar maak, is die aanspreek vorm wat genoem word - swets soos in vloek.
Enige mens van kleur sal voorgee hy verstaan nie Afrikaans nie en sal vir jou (soms selfs effe astrant!) met skaap oge aankyk indien jy Afrikaans praat.
Glad nie, vat ‘n tip van my; stap weg en met die omdraai seg jy net effe sag: “ Jou ma se moer man “
Dan sal gou ‘n reaksie kry maar jy is veilig – jy’t mos nie met hom gepraat nie – jy’t hom dan die rug gekeer !

Geen taal wat ek ken het die mooi en hoeveelheid en variasie van vloekwoorde wat Afrikaans het nie.
Dit is akademies regverdigbaar om ‘n woordeboek, selfs ‘n Tesis en Doktorale verhandeling daar te stel oor Afrikaanse swets woorde.
Daar behoort na my mening ‘n leerstoel aan die PUKKE ingestel te word in:
Swets in Afrikaans.

Julle moet oplet dat swets nie sonde is nie. Die tien gebooie wat die sonde duidelik uitspel vertel my nie ek mag nie vir jou woorde toevoeg nie.
Moenie nou die Bybel politiseer en byvoegsels, aan-names en veranderlikehede byvoeg nie.
Jy mag enigeen maar aanspreek soos jy wil omdat dit ‘n gevegskuns is – ‘n fisieklose woorde gevegskuns soos Karate en boks ‘n fisieke hande en voete gevegskuns is.

In taal is die ontoepaslike gebruik van Heilige woorde wel sonde soos duidelik in die Tien Gebooie uiteengesit en hier is selfs Hoogheiliges aanspreekbaar omdat die skynheilige varke verbuig Heilige woorde soos Here en Jesus na Jissie, jislaaik en nog vele ander ook.

Deur te veg met woorde word maar slegs net die breine ( die groeimedium van verkeerd) aangetas.
Dit is ook ‘n kultuur wat verlore geraak het – die twee wat oorkant mekaar op miershope sit en mekaar dan besweer.
Swets is in wese heerlik en ek maak daarop aanspraak dat ek my swart belt het in hierdie woord gebruik.
My broer ( ex 007) het sy sesde Dan in hierdie woord gebruik.
( Baas Len, hierdie een is na jou gemik)
Sielkundig is dit die heel beste medikasie vir enige afblaas teen enige opwending.

(Frans het glo geen vloekwoorde nie ?)

Amerikaners het net twee:
Mother fucker en die G woord waarvoor ek glo, hulle nog eendag sterk gaan afkak!
Ek weet nie hoe vloek die Engelse nie ek dink die Duitsers, hoe lief hulle ook al vir die vreet van vark is, is om jou as ‘n vark (Schwein) te vloek die algemene.
Help my hier.

Op meer ernstige trant en waaroor Woordverwerker se woede gaan:
My eie beswaar gaan ook daaroor – die Afrikaners se weerstandigheid teenoor saamstaan,eenheid vorm en rasioneel redeneer.
Hulle neig sterk om te groepeer maar selfs dan sal hulle binne die groep
‘n Swartskaap kies, veroordeel, ‘n naam gee en uitskop.
Hulle sal ook heel maklik self af split en ander groepe vorm.

Deur onse geskiedenis is hierdie Adderlikheid ‘n uitstaande kenmerk van die Afrikaner.
Ander Volke het struweling en groepering onder mekaar – moord en doodslag is algemeen - sien maar net hoe die Moslems mekaar opdonner, maar as Volk en Eenheid is hulle saamgesmelt.

Hierdie tendens is so erg dat dit self afgebreek word na persoonlike verhoudinge –
Dan is hy my maatjie dan is hy nie meer my maatjie nie

‘n Paar maande gelede sluip ‘n virus die Internet in en die ding bespring ons almal. Sou ek ‘n E pos na iemand stuur – gaan die virus saam. Toe ek dit agterkom en om hulp skree, kom die slimme Warra-Warra na my en help my om die probleem oip te los en ek skryf toe dadelik die raad en plaas dit vir almal om te sien.
Maar . . .
In die proses word meer as tien “vriende” van my smoorkwaad en verbreek die vriendskap – gooi my net weg as sou ek nou die Aardvark in die familie wees.

Ek kom deur die lewe en ek verstaan die mentaliteit wat deur sommige Afrikaners vloei.
In wese is ek nie eers geraak nie.

Ek is volwasse en sien dat die persoon kop moeilikheid het en ek steur my dus nie daaraan dat ek nou weg gegooi is nie.
Dit is maar net deel van die Afrikaanse kultuur.

Woordverwerker – hierdie sakie is netelig en ek dink dit is nie remedieerbaar nie maar ‘n kruis of merk van Kain wat aan ons Volk toegevoeg is en wat maak dat ons as Volk opbreek en oor die Aardbol versprei om daar weer te vermeng en dan, na net een geslag, net in die niet te verdwyn.

Die taal sal wel hier agterbly – dalk nog oorsee versprei – omdat dit so ‘n heerlike taal is.
Die Politikusse is almal Urke en sulle se moere!
Weet hoe wonderlike uitvindsel die spieël is ?
Jy kan droom en wens wat jy wil – kyk net in die spieël dan sien jy die aaklige werklikheid wat sal bly tot in Ewigheid.

Daarvoor is nie ‘n geneties gemanipuleerde oplossing nie !

Amen.


Willie
2014/06/11

P/s.
Kyk net waar loop die jaar – oor veertien dae draai die Son!!
Sorry
Die Winter sal bly tot agter Jannewarie!
Ek het ‘n swembad en weet dat swem is net van middel Maart tot middel April – hier op die Hoëveld in die Vrystaat!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

voorbeeldig
Dankie ouens,
ek gaan in 'n aanhangsel by een van my Taal-en-Volk-tirades na hierdie twee skrywes verwys.
As voorbeeld van wat ek meen waar ek van die Ystervarkvolk praat.

Origens is daar nog altyd die bewering in omloop dat een-miljaard mense ('n duisend miljoene) op die aarde genoeg is baie dankie, en die ander ses-miljaarde moet weg. Die vrae is weereens
a) Hoe? en
b) Wie?
As daar 'n c) was, sou dit vra: Wie hat die reg om te beoordeel/besluit?
Maar kom, sal dit kom. (Miskien by een van die komende bloedmane?)

GvT
5 jaar 4 maande 1 week 5 dae 10 ure oud


Time - . . .
Kwapie.

Jou vraag en redenasie is interessant.
Ek glo dat die Aarde 'n lewende orgaan met eie wilsbesluite is en met selfs die mag om BEHEER oor te neem.

Die suiwer blankedom bou en wil behou.
Al die res vermeerder en breek af en besoedel en dit MOET stop.

Aldus sien ek 'n groter prentjie en dit is:

Die Aarde besluit en laat toe as volg:
Strem die suiwere bewaarders maar laat hulle gee en uitdeel asof hulle mal geraak het - AL IS DIT TEEN 'N KOSTE.

Laat self vernietiging oorvat en daardeur die probleem oplos.
Om te gee en te gee het 'n punt van " Daar is net meer om te gee nie"
Dan MOET iets gebeur wat ek nie graag in woorde wil omsit nie en waar die" Koste " factor gaan inkom.

Die wat oorbly sal weer Die Aarde herstel en genees van sy Wonde.

Die HOE is 'n ope vraag.

Man . .
Iets op die kole met die Maan en Sterre as atmosfeer, kan hierdie net interessante en intellektuele praatjies maak.

Ek braai vannaand saam met my seun. In die Somer moet jy een aand meedoen.
Ons sal dit reel en jy sal dit geniet.

Ek gaan vir hom jou redenasie noem en vir skinnerbekkie saamneem.
5 jaar 4 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


Hmmmmmm
Ja.
Dankie vir die stukkie wysheid.
Wat my egter steeds verstom, is dat ander rasse soos Chinese en Indiërs en Swartes nie 'n eiehaat het soos die blankedom nie. Of dit propagandagedrewe is of geneties, die weet ek nie verseker nie.
Dalk is dit "godsdiens" gedrewe.
Die fout in die wêreld word deur die blanke regeerders en die stemvolk by die blanke gesoek. Die ander rasse word as troeteldiere en kroonwild beskou. Daar word vir hulle foute altyd redes en verskonings gesoek. (Waarvan 90% gewoonlik gereduseer kan word tot hoe "die blankes die ander vertrap en benadeel" [het] )
As ons almal dan so "gelyk" is dat ons totaal kleurblind behoort te wees, hoekom moet die blankes altyd die ander 100 treë voorgee gee?
Hoekom mag ins nie op gelyke voet meeding nie? Hoekom moet daar 'n groot bohaai gemaak word van 'n swarte wat een of ander beroep be-oefen of prestasie behaal waarvan daar daagliks duisende blankes is eat dit doen sonder dat iemand dink dit is besonders nie?
Almal verstaar hulle in 'n sirkus as 'n chimpansee met 'n paar klere aan op 'n tou rondloop... Dit is niks besonders nie, dit is in die chimp se aard. En baie mense doen dit ook na ure se oefening.
Is dit dalk omdat die chimp klere dra? Dit is ook nie besonders nie, want mense het dit vir hom/haar aangetrek.

In Suid Afrika kan almal stem wat ouer as 18j oud is.
Jy hoef nie te kan lees en of skryf nie, jy hoef nie 'n IK van bo vriespunt te hê nie. Jy moet net 'n ID hê.

As jy moord pleeg, word daar verskonings vir jou uitgedink en gesoek.
As daar geen verskonings is nie, soos wanneer swak oumense deur barbare gemartel en dan vermoor word, word daar deur "blankes" redes vir die barbare se optrede aangevoer, soos: "Dit is omdat sekere blankes onbeskof optree teenoor swartes dat die plaasmoorde gepleeg word."...
??????
Amper vloek ek in tienduisend tale tergelykertyd!!!

As dit 'n rede is, hoekom gaan vermoor ek dan nie links en regs weerlose mense nie?
(En ek het rede, want ek is al baiekeer besteel.)

My mening is dat daar iets ERNSTIGS êrens in ons blankes se breine verkeerd is wat sommige van ons dwing om TEEN ONS EIE, VIR DIE BOSE, kant te kies.....

DIT is iets wat my verbysterd laat.
5 jaar 4 maande 1 week 5 dae 20 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar