Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My broer Tom was die eerste van ons twee kinders om skool toe te gaan. Dit was in die 1970’s. Hy was een van daardie kinders wat op hulle senuwees is op die eerste dag, maar was gou in sy element. Hy was n uitblinker van die begin af, en het n klein silver bekertjie gewen as beste leerling in graad een. Hy het altyd onderskeidings gekry op skool, en by die huis was sy stokperdjies elektronika en wetenskap. Op hoërskool het hy ook akademies presteer, en in standerd nege het hy n 8ste plek behaal in die Wetenskap Olimpiade. In matriek het hy tweede gekom deur die land, en daardie jaar was hy London toe vir die Internasionale Olimpiade. (Hy het ook goed gevaar in die Wiskunde Olimpiade.)Hy het skaak gespeel op skool en was op n stadium kaptein van die span.

Op Universiteit het hy aanhou uitblink met sy studies. Hy was beste student toe hy sy BSc voltooi het in Wiskunde. Toe hy sy Honeurs voltooi het, is hy die Senaats Medalje oorhandig, vir beste student in die Fakulteit Wetenskappe by die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het kort daarna sy Meesters Graad by Unisa verwerf, en toe met sy Doketrsgraad begin by die Universiteit van Pretoria, onder Professor Nico Sauer. In 2005, na baie jare se studies, het hy uiteindelik Tom Brown (PhD) geword, toe hy sy Dokters-graad by hierdie universiteit voltooi het. Hy het nou n PhD in Toegepaste Wiskunde, en in ons klein middelklas familie, is ons almal baie trots op hom. Dit is ons drome en ambisies bewaarheid, en iets wat nooit van ons weggeneem kan word nie.

Dit is waarlik n groot prestasie, en iets kosbaar wat ons die toekoms in sal dra…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar