'n Paar jaar later, op 'n ander dorp, besluit ek om maar weer die pyn te deurstaan en die naels te laat verwyder. So gesê, so gedaan.
Hierdie keer is die operasie 'n reuse sukses, en het ek geen pyn van enige aard nie. Die tone moet egter gesond word, en ek moet terug werk toe na drie dae. Hoe nou gemaak? Ek kan nie sonder skoene werk toe nie. Boer maak 'n plan. Daar word twee gate in 'n paar ou skoene gesny sodat die tone, sierwit toegedraai in verbande, daardeur kan steek.Kompleet soos twee wit robotte!
By die werk gaan alles honkie dorie want ek kry 'n tydelike kantoorpos sodat iemand nie dalk per ongeluk op my tone trap nie.
So gaan ek, Ouvrou en die kinders die Saterdag gou 'n paar goedjies by die winkel koop.
Ek stoot die trollie sodat niemand dalk trap waar daar nie getrap moet word nie. Net vir 'n oomblik los ek die trollies om iets uit die rak te haal. My dogter tree agteruit en trap daardie groot trap!!
Vaag weg hoor ek 'n onaardse gil, sien ek mense in alle rigtings spat. Toe die pynvlae eindelik bedaar, staar ek verwonderd na die plas "water" waarin ek skielik staan en wonder ook hoekom is my broek so nat? Die een toon het ook skielik in 'n bloedrooi robot verander.
Moet sê, dit was heerlik om verder inkopies te doen met geen ander lewende siel in die winkel nie.
Lees ander gorrelstukke deur Jan v.d. Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Driekie Grobler
'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.