Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is op die program : ”Wat sê die Reg.” vanoggend een helske groot ligpunt.
Die Prokureur wat die Regsvrae beantwoord, kom met uiters goeie nuus vir my, vir die mense en vir die land.

Hierdie nuwe voorgestelde (en aanvaarde?) Wet gaan die Jakkalse in die land se Ekonomie futup slaat.
Kyk, as jy nou van wrede, genadelose lummels van varke praat, dan moet jy praat van al die varke in die skuld invordering, skuld belastering, skuld en rente lummels . . .
Hel
Ek het nie woorde vir die lotte nie.

Hierdie Wet gaan sê:
Indien ek vir jou R100 skuld, skuld ek vir jou net R100.
Klaar.

Indien ek by onvermoë is om die R100 dadelik terug te betaal, dan :
Kan jy my nie laat toesluit nie.
Kan jy na die beste Prokureur toe gaan . . . luister mooi :-
Op JOU koste.
Kan jy droom van rente soos jy wil:
Ek skuld jou net R100 en jy sal maar moet wag tot ek weer in die posisie is om die R100 terug te betaal.
Die Wet laat jou rente en koste toe maar dit mag nie die uitstaande skuld bedrag oorskry nie.
Al neem dit 20 jaar vir my om jou R100 terug te betaal, moet ek jou slegs R200 gee en die ekstra R100 is vir ALLE koste wat jy aangegaan het om my aan te skroef vir die R100 !

Wat is die gevolg?
Mense sal BAIE moeilik skuld kry.
Net dit en is dit nie wonderlik nie. Indien jy vandag nie geld het om te koop nie, waar gaan jy die geld môre kry?

Dit is die agtergeblewenis wat die swaarste ly. Hulle betaal ook R10 vir ‘n brood en R 22 vir ‘n lieter melk maar hulle is skielik in besit van baie geld en hulle weet nie hoe werk geld nie.

Ek praat eendag met ‘n hoge amptenaar by die Ontvanger. Hy is swart en ek praat Afrikaans en hy antwoord in die mooiste Afrikaans en my reguit vraag is:
“Hier miljarde wat so gesteel en bedrog en korrup word; hoekom beslag julle nie daarop nie?”
Sy antwoord is opreg:
“My oompie, daai geld is weg. Daai geld is in geen bank nie. Daai geld is moerland toe . Ons kry nie een sent opgespoor nie. Indien voertuie of vaste bates gekoop is, dan vat ons dit maar dit is slegs een druppel in die emmer!”

African Bank word deur die Regering met die Belasting betaler se geld try optel.
Die bank het sy gat gesien en ‘n paar ander het skuins getuimel weens on-gesekureerde lenings .
Met ander woorde hy het aan minder gegoedes links, regs en senter geld geleen en uiters hoog rente aangeslaan en dan van die wrede wolwe in die bedryf – die invorderaars gebruik gemaak om die skuld in te vorder en hierdie ouens hef weer hulle fooie en die bank hef groter invordering fooie en meer rente op uitstaande skuld en die wiel pak meer sneeu aan soos dit verder rol en almal oes en maak geld uit die dom en onkunde van die arme mense!

Hierdie geldskieters gaan ook sterre tel.

Die Ekonomie . . .?
Gaan blom. Mense koop kontant en –
Mense beding pryse!

Die teendeel is ook waar. Met teveel geld in die bank het ‘n land ook moeilikheid.
Ek onthou die aankondiging uit Duitsland so ‘n klompie jaar gelede :
Geld word nie in hope geberg nie. Oortollige geld word vernietig want die land weet hoeveel geld word benodig; hoeveel geld rol daagliks en die Reserwe bank weet hoeveel geld om in omloop te sit.

Geld in die bank beteken syfers. Jou tien miljoen rand lê nie regtig in die kluis nie, dit is slegs op die boeke. Sou jy môre gaan en wil al die Tien Miljoen dadelik onttrek in kontant, kan die bank vir jou versoek om eers oor twee dae te kom want hulle moet van die Reserwebank af geld aanvra.

Duitsland had op daai stadium baie GROOT moeilikheid. Daar is soveel geld “op spaar” in die bank dat sou elke Duitser môre net R1 ( Mark in hulle taal) gaan trek, het die bankie nie genoeg geld om te betaal nie.

Skuld is ‘n baie goeie ding maar dan moet dit gesekureer wees soos in vaste eiendom of iets waardevol. Hierdie kar jakkalse gaan ook aftjop met hulle te hoog rente en aanskroef fooie.

Ek sal beslis ‘n versoek skrif ter ondersteuning van hierdie nuwe Wet onderteken.
Dit is die enigste manier om die mens te leer hoe om met geld te werk:
Vat skuld, selfs die woord, uit die lewe uit!

Onthou jy die woord ‘leen’ ?
My moeder het dit ‘n naam gegee. Die naam se gebruik is vandag taboe maar dit kom neer op ousie ( In wese ‘Ou Suster’)
Leen is ‘n ousie se naam!

2015/01/26




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skuld
Dis goed so, want kort na 2008 se verkrummeling was die lenings taai. Tog net vir 'n jaar of wat. Nou val die uitnodigings vir 'n lening alweer daagliks in ons posbus.
5 jaar 2 maande 1 week 11 ure oud


Rente
Ja, die hoë rente wat betaal word deur die wat wel kapitaal nodig het om te kan produseer het menige plaas in vreemdes se hande laat beland. Die met iets wil mos graag vir die kinders erwe laat, maar die deurbringers gee nie juis om nie, want hulle het niks waarmee hul kan skade lei nie. Solank hulle wat min het egter probeer terugbetaal, word hulle uitgebuit deur die woekerrente.
Miskien sal banke weer na die leners se karakter en wil om terug te betaal moet kyk eerder as na die data wat die rekenaar uitspoeg. Daardie programmering is in elk geval deur iemand geskryf wat nie die menslike faktor in ag neem nie.

Rente roei die regverdiges uit!
5 jaar 2 maande 1 week 13 ure oud


skuld
Tak, hoe lekker lag ek nou!

Skuld is 'n lelike ding, veral 'n kredietkaart. Hulle stoot die limiet mos elke maand op. Toe die amptenaartjie ons s'n in Polokwane opsny, bel hulle net daar van die kredietkaartkantoor in Jouies af om te hoor wat nou aangaan, ons het dan so 'n goeie rekening? Maar ons volstaan, 'n kredietkaart, nooit weer vir ons nie!

5 jaar 2 maande 1 week 1 dag oud


Ousie
Beste Wolf,
Dis baie waar wat jy praat! Ek weet nie hoe die wet uiteindelik gaan uitsien nie -- tot hy wet word, gaan baie klousules ,lig verander' word. Ek hoop daar is op die ou end nog bestand.

°,Daai geld is in geen bank nie... Indien voertuie of vaste bates gekoop is, dan vat ons dit maar dit is slegs een druppel in die emmer'. -- Die miljaarde (=duisend-miljoene) eksisteer glad nie. Dis nie eers ,papier-tiere' nie. Dis mis, dis newel, dis spookasem.

°,Hy het ... geld geleen en uiters hoog rente aangeslaan en dan van die wrede wolwe in die bedryf – die invorderaars gebruik gemaak om die skuld in te vorder en hierdie ouens hef weer hulle fooie en die bank hef groter invordering fooie en meer rente op uitstaande skuld en die wiel pak meer sneeu aan'. -- Ek ken iemand wat met die trein sonder kaartjie gery het: Die kind het haar beursie met die kaartjie in die drein op die stasie laat val. Sy het 'n boete gekry en het haar daarteen geweer, nog 'n prokureursbrief, en nog ene, en eindelik 'n ultimatum: Nege honderd-plus of drie maande tronkstraf -- en dit vir 'n verlore kaartjie vir 126 Euro, nie eers 'n dag se loon, ás jy werk het (vermenigvuldig met agt of tien, destyds; vandag met ongeveer ses).

°,Sou elke Duitser môre net R1 ( Mark in hulle taal) gaan trek, het die banke nie genoeg geld om te betaal nie.' -- Oral op die wêreld buiten miskien Kuba en Costa Rica (altwee ,nie van hierdie (WTO)-wêreld nie').

°,Oortollige geld word vernietig want die land weet hoeveel geld word benodig; hoeveel geld rol daagliks en die Reserwe bank weet hoeveel geld om in omloop te sit.' -- Die ou D-Mark-note was uit ewigdurende papier; die moderne Euro-note is uit papier wat gou genoeg in water oplos, om juis hierdie rede, soos die ou-ou geldteikens uit voElstruis-eierdoppe, ens: Dit MOET eendag verval en dan kan nuwes geskep word.

Dis my wens dat 'n ordentlike wet tot stand kom, en dat dit wêreldwyd nageaam word. Want dit is een van die dinge wat ons beskawing, en die beskawing van volke wat ons glad nie ken nie, verinneweer.

Hierdiekeer geen grappies nie: Dooderns!
GvT
5 jaar 2 maande 1 week 1 dag 2 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar