Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanoggend lees ek oor al die “oudtydse goed” soos glas melkbottels wat by die huis afgelewer word, en dit het my laat dink aan dinge van my kinderdae.

Ek onthou….

Radiostories. Wolwedans in die skemer. Jet Jungle. Pip Friedman. Ons het hulle almal geluister.

Almal het een of ander vrugteboom in hulle tuin gehad. Jy het sommer in die boom geklim en gesit en eet totdat jou maag pyn. En bewaar jou siel as jy moet moerbei-gevlekte voete by die huis in kom! Ons het ‘n lukwart boom in ons tuin gehad. Ek weet nie eens wanneer laas ek lukwarte gesien het nie.

Springtou spring met jou vriende. En ook rekspring.

Paddavissies vang in ‘n konfytbottel. Wanneer laas het ek ‘n padda gesien? En sywurms! Ons het almal sywurms gehad. Die grootste fout wat jou ma kon maak is om te sê jy mag nie sywurms aanhou nie. Want dan het jy dit skelm gedoen. En voordat sy haar oë kon uitvee was daar motte en eiers in jou klerekas.

Albasters. Meisies en seuns het ewe hard albasters gespeel en uitgeruil.

Kleilat speel in die veldjie. Vir die een of ander rede was die Engelse kinders altyd die vyand.

Ons het krieket in die pad gespeel, rugby op die grasperk, en netbal in die oprit.

Legkaart bou. Ons was nog redelik jonk toe ons al groot legkaarte saam met ons ouers kon bou. Dis seker hoekom ek dit vandag nog so geniet om raaisels en probleme op te los.

Brei en hekel. Ek kon al brei toe ek die eerste keer skool toe is. Al die vrouens in die familie kon een-of-ander vorm van handwerk doen.

Tuisgebakte brood en beskuit. Lekker!

Jan Ellis poeding. Ek sal daardie resep beslis moet soek.

Souskluitjies! Geen verduideliking is nodig nie.

Ons moes nog hoed dra kerk toe. Dankie tog dis verby!

Sykouse! O aarde, die marteling!

Kar was met die hand. Dit was ons kinders se werk om Saterdae pa se kar te was. En ek was nogsteeds my eie kar.

Een van my gunsteling herinneringe is die Sondagmiddag kuiertjies by oumas en oupas, en ouma- en oupa grootjie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar