Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Hierdie een is natuurlik vir die meer intelligente)

Op hierdie wa is nou, op hierdie oomblik baie mense wat saam ry.
Almal met dieselfde ervaring:
“Ek het nou pas al my derde Miljoen verloor !”

Nooit. So nooit as te nimmer sal ek egter moed opgee nie – ek sal aanhou weer probeer en hierdie keer gaan ek ernstig wees en ‘n werkbare sisteem aan die gang sit.
Heel eerste met ‘n nuwe begin, moet ek huis skoonmaak. Raak ontslae van alle robbies en onnodig en ek maak rakke skoon en laai die kruiwa en ry weg drom toe en Muis staan eenkant en leun teen die kosyn en krap met ‘n grassie tussen sy vrot tande en kommentaar so af en toe heel sydelings.
En ek stoot nog eens die volgelaaide kruiwa by hom verby en hy kom van agter af en stop my.
Ek sit neer en haal asem want die kruiwa is vol ou verslaande geel boeke en hy haal die ou Bybel uit en stof dit af:
“Willem, jy kan die Bybel nie weggooi nie; dit is gedruk deur die Gutenberg drukkery en so ‘n eksemplaar het onlangs $4 miljoen op ‘n veiling gehaal!”
Ek vererg my vir Muis se slimmigheid, gryp die Bybel uit sy hand en sit dit terug op die kruiwa:
“Man. Die een is niks werd nie – dit is vol kantlyn geskrifte deur ‘n sekere man met die naam van Martin Luther!”
En ek stoot verder.
Willie
2014/01/06
My lof en dank vir die heel beste boekie>
Readers Digest.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bybel kantlyn skrif
En dit deur Martin Luther in sy handskrif!!!
Nie eers Bill Gates het genoeg geld vir daai Bybel nie !

Dis die joke!!

Toemaar.
Baie het nie ge-kliek nie !
6 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 12 ure oud


Bokse
Het nou al2 gelees en geniet.
Vir wat het die simpel man nou in die Bybel gaan staan en skribbel, dem fool?!
Lekker storie die.
6 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 17 ure oud


Hmmmmm
Party mense is nie gemaak om ryk te wees nie..
6 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 10 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar