Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oppad kleuterskool toe, het ek en die kleinkinders lekker gelag vir al die ou rympies, wat ek as kind geleer het. Sommiges onthou ek vlot en ander is halfpad vergete.

Dan was daar ook die pragtigste kinderliedjies waarna ons op Siembamba geluister het.

Toevallig, nou die dag kom ek op ‘n ou CD af en wat is op die CD?
“Daar’s ‘n vrot pampoen en ‘n stukkende skoen, ‘n grammefoonplaat en ‘n kous sonder maat; ‘n leȅ bottle bier, verlepte angelier, ‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant”.
Dit het nou ‘n ritueel geword om in die oggende na “Lappop” se storie te luister en ons kleinste, wat Sondag drie word, sing die hardste saam, sonder om een item uit te los.

Dis lekker om ‘n Ouma te wees en saam met die kleinkinders te kan sing en lag! So leer ek hulle ook die volgende sȇgoed en rympies. Dit raak nogal lekker jolig as almal dink dis snaaks.

Kan julle die volgende onthou?
Wie weet waar Willem Wouter woon?
Willem Wouter woon waar Wies wasgoed was

Wie weet waar Wies wasgoed was?
Wies was wasgoed waar weste winde waai.

Wie weet waar weste winde waai?
Weste winde waai waar Willem Wouter woon.

Hier is ‘n tongknoper:
Dik Daan Dippenaar drink Donderdae drie doppe droȅ druiwesap.
Glo my, hoe vinniger jy dit aframmel, hoe moeiliker word die woorde.

Wie kan dan nou ooit “Sannie sal sewe sakke sout sleep, sonder Sannie sȇ, Sannie sleep swaar”, kan vergeet?

Ek is seker daar is nog baie van hierdie rympies wat ons ouer mense onthou. Sal graag van julle wil hoor.

Dan onthou ek ook vaagweg iets van ‘n …”Karel Krokkedil …”, maar my verstand haak net hier vas. Dit gebeur wanneer die ouderdom inskop…

Ek wag vir julle bydraes uit jul tonteldosies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Tondeldoos
Ah, die ou, ou bekendes. Het nogal een aand oor die radio 'n liedjie gehoor. Jammer, maar my tondeldoos is op die oomblik dolleeg! Rustigheid bring die geheue terug. Nog net 'n paar dae...
4 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


uit my tonteldoos
Ek het altyd vir my kinders hondjies is hondjies wat aanhou blaf en eentjies eentjies staan in n ry en Jan pampoen maak vas jou skoen en 1 2 3 4 hoedjie van, hoedjie van papier en kieppie, kiepie kom tog gou hier is lekker kos vir jou gesing met n ten volle demostrasie. Ai my kleintjies is dit geweldig baie geniet, daar was nog so paar engelse liedjiesook soos twinkle little star, insie wiensie spider en nog so paar wat ek regtig nie nou kan onthou nie.

Hierdie liedjie was veral in die bad gesing, o ja Kimberly se trein. Siembamba het ek nooit vir my kinders geleer nie want dis n lelike liedjie vir my.
4 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Uit my tonteldoos
Daar's 'n gat, die gat in die grond, en die groen gras groei daarom.

In die gat staan 'n boom; die boom in die gat, en die gat in die grond, en die groen gras groei daarom.

Aan die boom 'n mik; die mik aan die boom, en die boom in die gat, en die gat in die grond, en die groen gras groei daarom.

En aan die mik is 'n tak; die tak aan die mik, en die mik aan die boom, en die boom in die gat, en die gat in die grond, en die groen gras groei daarom.

En in die tak is daar 'n nes; die nes aan die tak en die tak aan die mik, en die mik aan die boom, en die boom in die gat, en die gat in die grond, en die groen gras groei daarom.

En in die nes is daar voel; die voel in die nes en die nes aan die tak en die tak aan die mik, en die mik aan die boom, en die boom in die gat, en die gat in die grond, en die groen gras groei daarom.

En die vlooi; so kan daar aan jou eie rympie ritme en kleur gee solank as wat jy wil.

Dan die; blou trein bruin brood, blou trein bruin brood... binnekort is die tong lekker geknoop.
4 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


bydraes
DEaar kom n man van Amterdam hy het honderd duisend flenters aan. hoe heet die man van Amsterdaam. (Hy heet natuurlik hoe)
daar is natuurlik die minder mooies ook soos jan piet jan pat jan hawersak,,,,,
4 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar