Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aan al my Woes vriende.
My en ou Schatsie se kragte was heel gedaan die laaste maand van die ou jaar, want dit het woes gegaan gedurende November in die fabriek. Ons het nuwe krag gaan opbou by ons kinders en kleinkind in Walvisbaai die kers seisoen. Dit is ook hoekom daar geen kommentare van my was nie die afgelope tyd, asook was my pen stil, want ons moes krag opbou vir 'n nuwe uitdagende jaar wat voorle.
Sodra ons vakansie ervaringe opgeteken is sal ek dit plaas sodat almal die reis met ons kan meemaak. Ons voel nou weer vol krag en lewenslus, amper soos 'n ou kar wat gewoond was aan gewone petrol en nou skielik hoe oktaan petrol gekry het. Ons sien nou kans om die bulte van 2015 uit te seil met hernude krag en woema en as daar 'n afdraandjie kom sal ons maar net so bietjie freewheel en weer spiert gee vir die volgende bult van die lewe.
Groetnis en mag julle almal nuwe inspirasie en skrywers korasie kry vir 2015 en mag die Here julle seen met gesondheid, krag en baie ink en krag in julle se skryers penne.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Vakansie
Yay! Lekker om te hoor julle is uit en tuis. Mag hierdie jaar gedek word met vreugde en beter gesondheid. xx
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


nuwe jaar
Maak jou potlood skerp of oefen die vingers vir die sleutelbord en laat waai. Alles wat mooi is vir julle ook.
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


nuwe jaar
sterkte vir julle vir die nuwe jaar
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


Vakansie
Raait.
My tas is gepak

Saam gaan ook 'n paar pelle

Neem ons nou op daai toer
En

Mooi jaar vir jou ook!
4 jaar 8 maande 1 week 6 dae 8 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar