Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was vir lank stil, want ek is baie besig by my nuwe werk en dis nogal moeilik om gewild te bly, as jy nie tyd of ‘n rekenaar het om gedigte, stories of gorrelstukke aanmekaar te flans nie.

Nou egter, is dit bykans Valentyn’s dag en ek is lus om te gesels oor die koeitjies, kalfies en wat nog als.

Dis plesierrig om te dink dat daar dalk ‘n bewonderaar, van my, iewers kan rondloop. Hy hoef nou regtig mooi, lank of blond te wees nie, net ‘n stille bewonderaar… Iemand wat my dalk skelmpies dophou en in die stilte ‘n sjokolade in my posbus gooi…
“O nee! Dit kan nie. My dogter sal dalk dink dis vir haar bedoel!”

Daar was ‘n tyd wat ek ook oor ditjies en daaitjies gedroom het. Gewens ek kan op my veertigste verjaardag, met my lang hare, waaiend in die wind, ‘n bloedrooi, wye romp-rok, met my lang bene en hoȅ hakskoene in die hoofstraat afstap en skelmpies dophou hoe die manne se koppe vir my draai.

Nou is ek baie ouer as veertig en het nooit my skelm droompies sien waar word nie.

Valentynsdag is nie regtig iets wat my vlinders in my maag besorg nie, maar dit is lekker om te sien hoe die jongmense se ogies blink, die lippies rooi geverf word en hoe hulle vir mekaar loer. Dis so anders as toe ons “’n kinders” was.

Ek hoop dat almal wat hierdie stukkie lees, die vonkel in jou oog sal terugkry, die huppel in jou stap sal vind en steek tog, vir net eendag, daardie boeppens weg…! Ha, Ha!

Geniet jou Valentynsdag, my skelmpie…!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wow
Net soos jy was ek lank afwesig,
Goed geskryf regtig interressante drome, wie weet dalk kom die bewonderaar tog die jaar na vore
5 jaar 7 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Ano
Gedagtes
Ja wragtie! Hoe lus maak jy my nou vir 'n mooi stukkie klere en lekker hakkies. En ek wonder of daar dalk iemand 'n sjokoladetjie na my kant sal gooi??
5 jaar 7 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


---

en steek tog, vir net eendag, daardie boeppens weg…! Ha, Ha!

* Nou't ek darem maar lekker gelag vir jou Moekie! Dankie vir jou deelname!
5 jaar 7 maande 1 week 4 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar