Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Rukkie gelede toe ons dierbare Woes vriendin met die Kansa projek begin het,het ek met simpatie en jammerte aan diegene gedink wat daardeur geraak word. Ek het gedink, ek is geseën om dit gespaar te bly. Min het ek geweet die monster het hom reeds in my liggaam kom vestig.

'n Diagnose het die mat onder my uit geruk. Toe is ek nie meer op die pawiljoen nie, maar skielik op die speelveld. Dit was hulle maar nou is dit ons, ek is deel daarvan.

Hoekom dink 'n mens altyd so iets gaan nie met my gebeur nie, tot dit gebeur en dan besef jy niks vrywaar jou van die lewe se seer en ontberings nie.

Nou moet ek die spel speel na die beste van my vermoë met die genade van die Vader.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Speelveld
Ai Magrieta! Dit is so jammer.
Ek vertrou dat jy genade sal ontvang en gesond anderkant sal uitstap (nie afgedra word nie). Sterkte vrou xx
4 jaar 4 dae 15 ure oud


pawiljoen
Gelukkig is ons nie alleen op die speelveld nie want Hy is daar as skeidsregter om toe te sien dat ons nie seerkry nie. Baie sterkte, jy is in ons gebede.
4 jaar 5 dae 17 ure oud


Van Pawiljoen tot Speelveld
Daar is net een wenner in die spel, ons moet kies aan watter kant van die lyn ons gaan staan. Ons Hemelse Vader is in beheer van sake.
4 jaar 6 dae 3 ure oud


Paviljoen tot speelveld
ai Magrieta, ek stuur n GROOT en STYWE drukkie vir jou (en n hele sak vol gebede vriendin)!!! Baie sterkte en ek glo saam met jou dat hierdie wedstryd in jou guns sal eindig.
4 jaar 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar