Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons was desperaat,vroutjie en ek.Hier uit bloute ontwikkel sy 'n ongeneeslike siekte genaamd 'chroniese idiopatiese urtikarie' Galbulte oor jou hele lyf,wat jeuk soos hel,kom en gaan,verskyn dan skielik op die kop,verskuif dan na die lyf,dan weer bene.Na besoeke aan huisdokters wat eers probeer,dan eers een dermatoloog en toe 'n ander,hope antihistamien en kortisoon en geen verligting nie.toetse by die labortorium tot ons fondse totaal uitgeput is en toe.......
Ons is gelowiges en het baie al gelees van goddelike genesing en van vas en gebed,en uit desperaatheid besluit ons om te vas.Ons los alle pille,handevol, en bid vir krag vir die onbekende reis wat voorle.
Ons kon vir agt dae uithou,alhoewel uithou nie die regte woord is nie.Dis op die reis wat ek u wil saamneem vir 'n wyle.Dis 'n reis waarvan ek kan vertel maar u sal dit net verstaan as u dit al probeer het. Van dag een,word die yskas leeggemaak van bederfbare goed,lekkernye en koeldrank.Nou drink ons net water !Baie gou besef jy hoe kos jou lewe oorheers.Ons koop nie kos nie,ons berei nie kos voor nie,daar is geen skottelgoed nie,om die waarheid te se 'n dag van 24 uur word amper 48 uur lank.Binne 2 dae is die behoefte aan kos gebreek,maar dan volg 'n ongelooflike verveling.Nou kom daar 'n bombardering van kosadvertensies,elke t.v. program,elke tydskrif,alles gaan oor kos.'n Ander wonderlike ding is dat jou krag nie afneem nie,miskien 'n bietjie lighoofdig as jy ver loop en vinnig trappe klim, maar verder voel jy wonderlik.
Nou sal u sekerlik wil weet,is my vrou genees ? Nee,maar dat daar iets met ons gebeur het-'n groot ja.Wat ? Ons het amper R1000 gespaar op kos aankope. Tussen ons het ons 10kg gewig verloor.ek kan 'n broek aankry wat ek jare terug agter in die kas gebere het en ons voel wonderlik !
Dit was 'n reis, wat ek glo die begin was van iets baie groter as net sonder kos bly, en die uiteinde wag ek in met groot afwagting.
Ek moet getuig,dat die aardse dinge aansienlik uit fokus raak gedurende die reis en miskien moet ons weer met nuwe oe na 'n ou waarheid kyk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vas-ondervinding van 'n leeftyd
Ek hou van jou humor hier, dat jy jou swaarkry nog humoristies kan uitbeeld wys dat jy 'n sterk mens is. Jy het my laat dink aan my 7 dag sapdieet, as ek 'n wortel sien wil ek hol...
8 jaar 7 maande 2 weke 16 ure oud


---
Hier moes ek vir jou smile: "Nou kom daar 'n bombardering van kosadvertensies,elke t.v. program,elke tydskrif,alles gaan oor kos." ["The devil in disguise"]

Dis so lekker om van ander mense se OORWINNINGS te lees! Dankie vir hierdie besonderse plasing!
8 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 23 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar