Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na aanleiding van my rubriek ‘N POEND SE SPOEKERS wat ek so ‘n paar dae gelede geplaas het (http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/n-poend-se-spoekers-trek), wou ‘n paar lesers weet hoe ons toe die meubels teen die trappe af gekry het.

Eintlik was dit ‘n bedekte seën dat ons trek eers in die motorhuis gestoor is. Toe ons na drie dae die huissleutels in ontvangs neem, sien ons dat die matte so smerig is, dat die hele huis eers gestoom-skoonmaak moes word.

En glo dit nou of nie: ek en Wederhelf het al die meubels eiehandig vanaf die garage teen die trappe af na die huis op die onderste terras gedra. Die klavier en ‘n groot, soliede swarthout muurkas het ons vir laaste gehou. Maar toe gaan huur Wederhelf gelukkig twee helpers op die straathoek om te kom hand bysit daarmee – nie omdat hy vir mý jammer was nie, maar omdat hy vir die meubels jammer was.


Toe ek op WOES sien dat hierdie week se tema TREK is, besef ek dat ek reeds ‘n hele paar rubrieke geskryf het wat by die tema inpas. (As vrou van ‘n ingenieur, moes ek al in my getroude lewe van meer as 38 jaar al 18 keer van woonplek verwissel.) Trouens, die heel eerste rubriek wat ek op WOES geplaas het, was oor ons trekkery vanaf Beaufort-Wes in die Karoo na Vryheid in Natal. (http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/n-nuwe-woonplek-en-n-nuwe-soort-afrikaans)

Daarna die hele petalje toe ons een oujaarsdag in sneeuweer vanaf Solihull na Yardley Wood hier in Birmingham moes verhuis. (http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/n-ysige-nuwejaar-vol-warmte)

Meer onlangs het ek geskryf oor ons verhuising vanaf Kaapstad na Beaufort-Wes. (http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/ek-land-aan-die-verkeerde-kant-van-die-spoorlyn)

Indien jy ‘n Poend se Spoekers geniet het, glo ek dat jy ook van bogenoemde 3 sketse sal hou - as jy ‘n tydjie het en dit nog nie gelees het nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Ek weet nie hoe ek die opvolg gemis het nie, het nogal uitgekyk daarvoor! Gaan jou ander 3 sketse ook lees!
6 jaar 7 maande 11 ure oud


Trek
Ek wil hier elke bydrae waarvan Elise hier praat aanbeveel. Dis absoluut heerlike leesstof! As jy dit nog nie gelees het nie, doen jouself die guns en gaan soek dit op en geniet, geniet, geniet!
Dankie Elise vir elke lekker-lees stuk wat jy publiseer.
6 jaar 7 maande 4 weke 23 ure oud


Vat jou goed
Dankie, Elise, ek gaan beslis hulle almal lees.
6 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Vat jou goed
Ek het ook 'n paar keer getrek, maar so 'n tammeletjie het ek darem nog nie beleef nie.
6 jaar 8 maande 1 dag 14 ure oud


Trek
Ja tog, 'n getrekkery .... altyd een of ander vorm van drama :D
6 jaar 8 maande 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar